Deïsme se basiese uitgangspunt tot die lewe is: God het wel geskep, maar daarna sy rug op die skepping gedraai en alle betrokkenheid by die skepping gestaak.
In hierdie benadering sou die implikasie van die sonde iets wees soos: “Kyk watter gemors het die mens van hierdie skepping gemaak, maar helaas ek gaan nie daarmee inmeng nie.”
God het wel ‘n plan met die skepping en nadat Hy geskep het, het Hy die plan in werking gestel en die plan sal verloop soos Hy bedoel het, maar Hy gaan geensins daarmee inmeng nie. “What must be, will be.”
Dit beteken dat Hy wel bestaan, maar dat jy en jou lewe en jou probleme nie vir Hom belangrik is nie. Alhoewel God graag wil hê dat jy ‘n mooi en goeie lewe moet lei, is jy geheel en al op jou eie. As jy doodgaan, wek Hy kan dalk daar wees, of Hy kan dalk nie daar wees nie, maar in elk geval, watter verskil sal dit maak. ‘n Mens kan dit vergelyk met ‘n kind wie se pa die huis verlaat het en nooit weer teruggekom het of kontak gemaak het nie: nooit ‘n sms gestuur het nie; nooi gebel het nie, nooit weer navraag gedoen het nie.
In die rolprent “The Devils Advocate.” speel Al Pacino die rol van Satan en hy noem God “the absentee landlord”.
Soos Ateïste sal Deïste
Is Christene wat in evolusie glo nie soortvan deiste nie? Baie dikwels sal mense vertel hulle glo in God en hulle meen God het beskik dat evolusie moet plaasvind en toe verloop evolusie volgens die natuurlike prosesse. Dit klink vir my nogal na deisme, hoewel daar seker ook verskille is. Ek gaan verder hieroor moet nadink.
Attie, hierdie reeks inskrywings van jou is interessant en dwing mens tot nadenke.
Bertus: na my mening het elkeen van hierdie ‘n stukkie van die waarheid beet. Christene glo ook dat God alles geskep het en dat die skepping in ‘n “gemors” gedompel is vanweë die sondeval, maar die groot verskil is dat God nie sy rug op die skepping gedraai het nie, maar steeds aktief by die skepping betrokke is. Verder glo Christene ook dat ons in die hiernamaals die ewige lewe saam met God sal lewe. Die oorgrote meerderheid van Christene bevraagteken nie meer evolusie nie, maar bely ook onmiddelik God se betrokkenheid by die skepping. Alhoewel God sekere wetmatighede in die skepping “ingebou” het, is Hy ook vry om om sy eie wetmatighede omver te werp en anders te doen. Daarom is daar tog onverklaarbare wonderwerke ens.