Gabriël het vir Maria die “goeie nuus” gebring dat sy as maagd gaan swanger word en dat die seun wat gebore sou word die langverwagte Messias was. Die woorde waarmee Gabriël die seuntjie vir Maria beskryf is uitdrukkings soos: “Seun van die Allerhoogste”; “die Een aan wie se koningskap daar geen einde sal kom nie.”
In Gabriël se aankondiging is daar direkte ooreenstemming met Jesaja 7:14 ten opsigte van drie punte:
1. ‘n Jong meisie (Jesaja)/maagd (Lukas) sal swanger word.
2. Dit sal ‘n seun wees.
3. Hy sal Immanuel (God met ons) genoem word. (Jesaja) Hy sal Jesus (God verlos) genoem word.
Daarmee saam meld Lukas dat Josef, Maria se verloofde, die nageslag van Dawid is. Die boodskap daaragter: Die kindjie wie se geboorte nou aangekondig word, is die Messias waarvoor elke Israeliet gewag het en voor gehoop het, wat op koning Dawid se troon sou sit en oor God se volk sou heers.
Toe Maria hierdie woorde by Gabriël hoor, toe herken sy die “Messias-taal”, want hierdie is beelde en woorde waarmee die Messias wat sou kom deur al die jare heen in die mondelinge oorlewering en die geskrifte beskryf is. Maria verstaan wat die engel sê, en daarom net die een vraag: Hoe is dit moontlik?
Hierdie snit uit THE NATIVITY STORY:
Johannes 1 vers 1 se:In die begin was die Woord en die Woord was by God en die Woord was God.
Johannes 1 vers 13 se:wat nie uit die bloed,of uit die wil van vlees(die besluit neming van ‘n mens om ‘n kind te he nie)of uit die wil van ‘n man nie,maar uit God gebore is.
Johannes 1 vers 14 se:En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon.
Maw.die Woord wat in die begin by God was het vlees geword,en onder ons kom woon.
Ek kan dus aflei dat Jesus die Woord is wat Vlees geword het,en onder ons kom woon het.Dit se vir my,dat Hy alreeds daar was,maar vir God om Sy Seun wat alreeds bestaan het,op die aarde te kry moes Hy iemand op aarde kies wat ‘n God gevrese lewe gelei het om Sy Seun aan geboorte te skenk.Let wel,God se Seun,wat alreeds in die gees bestaan het.Hy moes ‘n vlees liggaam he,want hoe anderste moes Hy dit oorkom deur te lei ,aan dit wat ons aan bloot gestel was.
Ons as mense word gebore en dan is dit ‘n nuwe lewe,wat begin.Dit is nie dat ons was en dan word nie,maar met Jesus is dit andeste.Maria was slegs die gekose instrument om God se seun op aarde te kry,want hoe sou dit gelyk het as Jesus in die Gees veskyn het en niemand Hom kon sien nie.
Ons word almal deur God gekies om ‘n instrument van eer te wees vir Hom,net soos Maria.Maria is nie ‘n Godin nie,maar was slegs die gekose instrument vir ‘n spesifieke taak op ‘n spesifieke tyd,deur God uitgekies,net soos ons is en gaan wees.Daar is nou mense wat dink dat hulle niks is nie,maar God neem altyd die wat niks is nie,om die wat dink hulle is iets,te wys dat hulle eintlik niks is nie.Dit is my insig oor die aangeleentheid.