Ons geestelike lewe bestaan rofweeg uit drie del. Eerstens is daar die persoonlike verhouding met die Here. Kom ons noem dit die lewe lewe saam met God in die binnekamer. Die derde deel van heirdie lewe is die lewe saam met God in die wêreld. Tussenin, is daar egter ‘n baie bealngrike deel van ‘n mens se geestelike lewe wat nie altyd genoeg aandag kry nie: Kerk toe gaan.
God het bedoel dat sy kinders spanspelers sal wees. In God se koninkryk is daar nie ruimte vir “lone-rangers” nie. Tydens ‘n erediens doen God se kinders alles wat hulle doen terwyl elkeen alleen by Hom is. Lees Bybel; bid; loof Hom; aanbid Hom; bely; leer; luister. Maar saam oefen hulle ook om volk van God te wees. Volk van God met wie God opweg is.
Ons moet dink aan dinge soos:
AANKOMS
Die manier waarop ek voorberei is om die erediens by te woon en die manier waarop ek by die erediens ontvang word, het ‘n wesenlike invloed op hoe ek die erediens gaan beleef.
VOORBEREDING
Daar is ‘n verskil tussen voorbereining om kerk toe te gaan en voorbereiding vir dit wat in die erediens gaan gebeur. Nie net vir die boodskap nie, maar vir elke ander deeltjie van die erediens. Ek kom kerk toe met die hoop en die verwagting om die Here daar te ontmoet. Die oomblik wat ek gaan sit, begin my voorbereiding vir ‘n anderse ontmoeting van die Here saam met ander gelowiges.
LUISTER
Ons luister nie net na die dominee wat preek nie. Ons luister ook na ander wat saam met my sing en na die sagte fluisterstem van God deur sy Heilige Gees in elke gebeure.
VERTREK
Terwyl my alleen-by-God-wees” my kerk toe gaan voorafgaan, is dit my saam-met-ander-Christene-wees wat my saam-met-God-in-die wêreld-wees voorafgaan. Wanneer ek by die kerkdeure uitstap is ek baie bewus daarvan dat ek nou in God se wêreld instap.
Die volgende paar dae gaan ek elke dag iets meer oor hierdie onaderafdelings skryf.
Attie, Iewers staan daar in die Bybel dat ons nie ons “onderlige byeenkomste moet afskeep nie” en ek dink dit sê alles oor kerk toe gaan. Iemand sê eendag vir my: Om kerk toe te gaan is om ‘n “boodskap vir die week te kry” (net te ontvang). Ek leer my kinders: Ons gaan kerk toe om saam met medegelowiges God te aanbid, te loof, te prys (kerk musiek) en ons offergawes te bring en as ons nog ‘n goeie boodskap ook kry is dit ‘n bonus. Dalk is ek reg?