Invictus is die rolprent wat draai rondom die Rugbywêreldbeker in 1995 toe Suid Afrika die beker gewen het. Alhoewel die herinneringe aan die wen van die wêreldbeker meer en meer op die agtergrond skuif bly die herinnering aan daardie dag toe Nelson Mandela in ‘n Springboktrui op die veld verskyn het, iets wat nie net vir ons leeftyd onthou gaan word nie, maar ook ons kinders en kleinkinders en hulle kinders se mag nie hierdie dag vergeet nie.
Invictus ontleen sy naam aan die baie bekende gedig van William Ernest Henley. Invictusis Latyn vir onoorwonne.
Out of the night that covers me,
Black as the Pit from pole to pole,
I thank whatever gods may be
For my unconquerable soul.In the fell clutch of circumstance
I have not winced nor cried aloud.
Under the bludgeonings of chance
My head is bloody, but unbowed.Beyond this place of wrath and tears
Looms but the Horror of the shade,
And yet the menace of the years
Finds and shall find me unafraid.It matters not how strait the gate,
How charged with punishments the scroll
I am the master of my fate:
I am the captain of my soul.
Invictus gaan oor versoening en vergifnis, die teenoorgestelde van wraak in ‘n tyd toe die moontlikheid van ‘n bloedbad in so baie mense se gedagtes en verwagtinge geleef het. Die blankes het verwag dat die “comrades” van die ANC die wapen gaan opneem en hulle wreek op veral die Afrikaners vir die jare van onderdrukking in die tyd van apartheid.
Ek gaan vir geen geld ter wêreld hierdie fliek mis nie. En wanneer die fliek op DVD beskikbaar is, sal ek dit koop en ek eendag vir elkeen van my kleinkinders, en as ek nog lewe vir elkeen van my agterkleinkinders een gee.
Ons mag nooit vergeet nie. Hier is ‘n voorsmakie van die fliek:
Laat 'n boodskap