nog eens storm in die kerk rondom saambly

Feitlik almal wat gister kommentaar gelewer het het daarop gewys dat hierdie ‘n baie sensitiewe “issue” is. Aan die eenkant loop die kerk die risiko om bestaande lidmate te verloor omdat die beginsels van die Woord afgewater word en dat dinge wat voorheen sonde (verkeerd) was, nou nie meer sonde(reg)  is nie.

Maar daar is ook aan die anderkant die wat reeds van die kerk vervreem is onder andere omdat daar ‘n ongenaakbare gesindheid en houding teenoor die hele kwessie van saamwoon is, die kerk loop dus ook die risiko loop om sulke mense finaal van die kerk te vervreem.

Ek voel natuurlik ook in ‘n groot mate dat hier gekrap word waar dit nie juk nie. Ek is daarvan oortuig dat sinvolle pastorale begeleiding van so ‘n paartjie die paartjie daartoe kan bring om te besef wat die risikos is van hulle saamwoon en hulle dan selfs te begelei sodat wanneer hulle trou die huwelik die wonderlike betekenis kan hê van ‘n onlosmaaklike en eksklusiewe band tussen een man en een vrou.

Ek kan die paartjies wat ek in die laaste drie jaar getrou het wat nie saamwoon nie, op my een hand tel. En sonder uitsondering het almal geweet dat dit nie so behoort te wees nie. Waarskynlik omdat die kerk of hulle ouers hulle so oortuig het of omdat hulle gedink het dat ditdie regte antwoord is om te gee. Hieruit maak ek eerder die gevolgtrekking dat wat die kerk ookaal hieroorverkondig, dit gaan geen verskil in die praktyk maak nie.

Om saamwoon te “ontsondig” gaan ook weinig indien enige verandering aan die situasie maak. Ons kan ongelukkig nie die saak beredeneer van hoe die mense daarop gaan reageer nie, dit is ‘n ontduiking van ons verantwoordelikheid. As die kerk oortuig is van sy saak, moet sy daarby hou en selfs soos Martin Luther sê: “Hier staan ek. God help my ek kan nie anders nie.

Ek het egter ‘n wesenlike probleem met ‘n antwoord soos: “Saamwoon is sonde en basta. Op grond van die Woord pleeg enige iemand wat saamwoon sonde en daarom behoort dit gestaak te word.” Met die beginsel dat dit nie binne God se wil is dat twee mense voor die huwelik ‘n seskuele verhouding het nie, is ek dit heeltemal eens. Maar, as ons belei dat die God van die Bybel ‘n God van liefde is, dan dwing ons onsself onder ‘n slawejuk in as ons ongekwalifiseerd aanvaar dat ek nie iets mag doen omdat die Woord dit sê nie. (LET WEL ONGEKWALIFISEERD)

Met ander woorde, ons moet die vraag vra: “Hoekom verbied God dit?” Kan dit wees dat God dit verbied omdat dit tot ons nadeel sou wees indien ons dit wel sou doen. Ek dink dit is die vraag wat ons moet beantwoord: “Hoekom is saamwoon nie binne God se wil nie?” “Waarom sou die Een wat ons gemaak het ‘n seksuele verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou beperk tot binne ‘n formele in die openbaar verbintenis aan mekaar wat ons dan aanvaar by die huwelikseremonie  gebeur?

Ek het nog nie die finale antwoord nie, maar wat ek wel in my kop vir myself uitgewerk het is dat dit wat voor die huwelik gebeur ‘n wesenlike invloed het op dit wat in die huwelik gebeur. Seksuele intimiteit is die “grand-finale” van verhoudingsgroei in elke denkbare vorm van intimiteit.

Dit sou baie interessant wees om navorsing te sien oor die impak van saamwoon op huwelikke.

Die punt wat ek wil maak is:

1. Die saamwoon vraag is nie in die heel eerste plek ‘n sonde-vraag nie, maar eerder ‘n vraag oor die liefde van God. God sal ons nie vermaan om iets nie te doen net om ons van een of ander plesier te ontneem nie. God ken die mens en God weet wat die beste is vir die mens, en sy opdragte moet dus binne die konteks van God se liefde en wysheid ontleed en verstaan word. God verbied ons om moord te pleeg of te steel of leuens te vertel omdat dit nie vir ons of vir enige iemand of vir die gemeenskap waarbinne ons lewe goed is en dus die kwaliteit van die lewe ondermyn. Vir my as Christen sou dit beteken dat ek sonder vooropgestelde antwoorde dalk ‘n vraag sou vra soos: Wat is daar wat God weet wat ek nie weet nie?

2. Met pastorale begeleiding kan hierdie saak op ‘n manier hanteer word dat dit tot eer van God en tot opbou van die kerk en tot voordeel van my naaste is.

Maar einde laaste, het ek nog nie klaar hieroor gedink nie en skryf ek ook maar hier op soek na ‘n sinvolle en betekenisvolle antwoord wat my nie in konflik plaas met die Bybel as die hoogste gesag in my lewe nie.

5 thoughts on “nog eens storm in die kerk rondom saambly

Add yours

  1. Attie, Soos ek reeds gesê het: Saam woon is nie net “sonde en basta daarmee nie”. Die hele saak gaan oor die seksuele verhouding binne en buite die huwelik. As ons bietjie weer kyk na die verhaal van Josef en Maria wat swanger was met Jesus terwyl hulle nog net verloof was om te trou en Josef se reaksie daarop, besef ons dat die saak al ‘n baie lang pad kom. Selfs Josef het destyds daarmee gestoei en ons mense gaan nog baie jare (dekades) daaroor stoei. Iemand het eendag gesê: As jy begin twyfel of iets sonde is of nie en moet begin redes soek om te bewys dat iets nie sonde is nie, moet jy maar aanvaar dat dit wel sonde is.(Tong in die kies!)

  2. Hello Attie

    Ek stem saam met alles wat jy se. n Mens moet versigtig wees om mense trompop met wat se die bybel te dreig of sommer net te se basta dit is sonde. Jesus het die sondaars lief en ja dit is n kwessie van God se liefde vir die mens. Die verhaal van die hoer vir wie almal wou stenig bly altyd vir my n besondere verhaal. Jesus het haar nie veroordeel nie maar hy het vir haar gese jy kan gaan maar hou op om te doen waarmee jy besig is. Omdat hy die mens geskape het na sy beeld weet God wat goed en gesond is vir ons. Dankie Attie mooi dag en Here seen.

  3. Ek hou van die gedagte dat hierdie saak binne die raamwerk van God se liefde bedink moet word. God wat in sy liefde altyd gereed staan om te vergewe, maar ook God wat in sy liefde vir ons ‘n duidelike aanduiding gee van wat ons moet doen om ware geluk en vrede te beleef.
    Ons kan nie hierdie saak enkel en alleen vanuit ‘n reg – verkeerd benadering hanteer nie. Ons sal ook hierin opreg moet soek na God se bedoeling ten einde vanuit die VAderhart van God te motiveer hoekom ons dink en redeneer soos ons dink en redeneer.

  4. Ek het bietjie gaan kyk wat is op die internet hieroor:

    EEN ARTIKEL
    According to a new research study, living together before marriage may increase the chance of divorce. Cohabitation is a positive factor for divorce, which sounds good, but actually means that couples who live together are more likely to split up after marriage.

    Living Together Before Marriage – Statistics

    This information is based upon a 5-year study by Scott Stanley, a psychologist at the University of Denver. Stanley has been interested in the subject of cohabitation for the past 15 years, after he read a 1995 report on the subject.

    Thirty years ago, apartment owners seldom allowed unmarried couples to rent a place together, but times have changed, and today, living together before marriage is a common occurrence. Often, the reason is financial, but sometimes people just live together out of loneliness.

    The Denver study found that out of 1,050 married people, 19 percent of those who “lived together” before marriage had talked to their spouse about divorce. In the control group who did not live together, only 10 percent had brought up divorce. This means that twice as many people who cohabitated had wanted a divorce enough to tell their partner. These numbers confirm the outcome of the earlier, 1995 study.

    Dr. Stanley concludes that many people, who lived together, are less dedicated to making the marriage succeed than those who never had the same premarital address.

    (http://divorce.suite101.com/article.cfm/living_together_before_marriage)

    Gaan kyk gerus ook HIER

  5. Attie
    Ek dink ons moet kyk na hoekom God se ons moenie saamwoon nie. Adam en Eva het ook nie geluister nie. Moet ons nie maar net bly by wat die Woord vir ons beveel nie?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: