is verandering ‘n modewoord

Die woord “verandering” word sonder ophou gehoor. In die alledaagse lewe aanvaar almal dat verandering nie een net een of ander tyd gaan kom nie, maar aanhoudend besig is om te gebeur. Ons leef in ‘n kultuur van verandering, indien besighede organisasies nie vir hierdie betrokke kultuur kans sien nie, het hulle geen impak op hulle kliënte of lede nie.

As alles rondom ons verander en die onophoudelike verandering dan maak dat ons in ‘n sekere mate onseker lewe, is dit regtig nodig dat die kerk deur die kultuur  van verandering opgeneem word?

Kan die kerk dan nie maar die een plek wees waar mense veilig kan voel en dinge so ‘n klein bietjie stadiger kan verander sodat ons mense eers daaraan gewoond kan raak nie?

Het die woord “verandering” nie dalk in die kerk ‘n woord geword wat gebruik word om dinge aanhoudend op ‘n ander manier te doen en nuwe gebruike en werskwyses in te bring ten koste van die oue nie?

Vir my lê die antwoord in dit wat oor die laaste jare (Ek dink 30 jaar) gebeur het wat die omstandighede waarin ons vandag lewe anders maak as wat dit vroeër was.

Ek was in die 70ger jare in Swartruggens, in die destydse Wes Transvaal, op skool. Op daardie stadium was daar hoogstens 3 persone in die gemeenskap wat ‘n naskoolse kwalifikasie gehad het: Die onderwyser, die dokter en die dominee.

Intussen het dinge verander. In elke gemeente sit daar mense met kwalifikasies wat die van die dominee of die leraar by verre oortref. Lees voort “is verandering ‘n modewoord”

Blog at WordPress.com.

Up ↑