‘n Verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou is bedoel om as een van die mooiste verhoudings en een van die kosbaarste “iets” in jou lewe te wees. Die teendeel is ook waar, die verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou kan ‘n leewenslange pyniging wees. En dan natuurlik is daar enige iets tussenin.
Ek kan vandag nog die dag onthou toe ek my vrou die eerste keer gesien het en wat alles daardie dag en daardie oomblik deur my kop gegaan het.Oor haar wil ek sê soos Nick in die rolprent “The Wedding Date”. “I would have missed you, even iif I never met you.”
Ek dink nie ons doen alles soos die boek sê nie, maar ons is gelukkig en ons maak mekaar gelukkig en ons kom deur baie moeilike tye wat ander se verhoudings gesink het. Maar, ons is gelukkig. Weereens soos Nick dit sê: “I would rather fight with you than make love to anybody else in the world.” (Ja, ok, ek het gisteraand die erg voorspelbare fliek gekyk en sal hom waarskynlik net onthou vir die twee sinne.)
Vroeër in die jaar het ek huisbesoek gedoen by twee jongmense. Die aand was vir my en ook vir die twee mense ‘n verrasing, want sonder dat enige een van ons dit bedoel het, het ons by ‘n stukkie hartseer in hulle lewens uitgekom. Lees voort “raad vir ‘n huwelikspaartjie wat gaan trou”