konflik in ons lewens

Konflik het die potensiaal om ons te maak of te breek, maar as ons kan leer om konflik reg te hanteer, kan dit ‘n wonderlike instrument in de Here se hand word waarmee Hy ons vorm.

Konflik het sy oorsprong in kritiek. Iemand stem nie saam met hoe ek ‘n ding doen of hoe ek dink, ens. nie en dan sê hy/sy dit. Op hierdie verskille, of kritiek reageer ons dan en ons reaksie daarop kan konflik tot gevolg hê, of nie. Soms is die konflik geregeverdig, ander keer heeltemal onnodig.

Konflik kan ‘n instrument in die hand van die Here wees waarop Hy ons vorm. In sy boek “A Word of heart: Understanding how God shapes spiritual leaders.” gee Reggie McNeal ‘n paar wenke oor hoe konflik of dan kritiek  hanteer kan word sodat ons daardeur gevorm kan word.

‘n Samevatting van wat hy sê is:

1. Aanvaar dat daar konflik gaan wees en dat jy gekritiseer gaan word.

Christene is veral verras om te hoor dat hulle moet aanvaar dat daar konflik met ander mense en tussen Christene en selfs in die kerk gaan wees. Is Christene dan nie veronderstel om so in vrede met mekaar saam te lewe dat daar nooit konflik sal wees nie?

Die realiteit is dat daar konflik gaan wees, kom wat wil. Wanneer ons aanvaar dat konflik ‘n wesenlike deel van ons lewe en ook van die kerk is, het ons klaar begin om deur die konflik gevorm te word. Ons kan nie sommer net alle kritiek van ons laat afrol en dit wegwys asof dit sommer net niks is nie, ons moet kritiek hanteer, iets sinvols daarmee doen.

2. “Pick your Fights.”

Kom ons stel dit so: “Choose the hill you are willing to die on.” Nie alle konflikte is die moeite werd om aangepak te word nie. Sommige gevegte verdien eintlik nie eers ons aandag nie. Dit is die tipe kritiek waarop ek my rug draai en ignoreer, dit verdien nie eens my aandag nie.

3. Ondersoek jou kritici.

Moenie tel hoeveel mense daar is wat jou kritiseer nie, luister na die kritiek, dit is nie getalle wat saak maak nie, dit is die aard en die inhoud van die kritiek wat uitgespreek word. Probeer veral verstaan wat die kritici se motiewe is. Somtyds is dit ‘n enkele persoon, maar dit beteken nie dat die een persoon se kritiek ongeldig is nie.

4. Doen selfondersoek.

Dit is krities belangrik dat ‘n mens vir jouself vra: “Is hierdie kritiek nie dalk geregverdig nie? Is ek nie dalk onnodig sensitief vir dit waaroor ek nou gekritiseer word nie?” Hierdie is waarskynlik die moeiliker deel van die hantering van kritiek, maar groei kom juis wanneer ek in die spieël kan kyk en met myself eerlik kan wees oor die saak waaroor dit gaan.

5. Kry goeie raad.

Wanneer ‘n mens probeer om kritiek en potensiele konflik op jou eie te hanteer, ontwikkel jy baie maklik tonnelvisie wat maak dat jy nie die volle prentjie sien nie. Goeie raad kom nie altyd van die persone wat jou napraat en nie fout vind met wat jy doen nie, maar juis van daardie mense wat bereid is om eerlik saam met jou te dink oor dit wat besig is om te gebeur en wat jou sal help om die dinge raak te sien wat jy dalk nie wil raaksien nie..

6. Wees eerlik en vriendelik.

Wanneer konflik hanteer word en jy op kritiek reageer, is eerlikheid baie belangrik. Moenie huiwer om te sê wat jy glo die waarheid of ‘n regverdige standpunt is nie. Daarmee saam moet jou reaksie vriendelik en beheersd wees. As ‘n mens op kritiek reageer en nie die moed het om eerlik te wees nie, is jy nie besig om die kritiek te hanteer en die konflik te bestuur nie, maar net om jouself te verdedig.

7. Vergewe.

Vergewe spreek vanself en het daarmee te make dat ‘n mens nie wrokke hou of skietgoed bêre met die oog op die toekoms nie.

8. Neem ‘n besluit.

Moenie vooraf besluit oor hoe ‘n situasie hanteer gaan word nie. Wag tot alles klaar is en die gesprek plaasgevind het en jy ‘n realistiese gevolgtrekking gemaak het, voordat jy besluit wat moet gebeur en ‘n stretegie bepaal om dit wat jy besluit het uit te voer.

Konflik kan ‘n werktuig in die hand van die Here wees, as ons Hom net toelaat.

3 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

3 responses to “konflik in ons lewens

  1. Wes

    Attie: Ek het vandag twee dinge geleer: (1) Wees kort en kragtig in die “blog arena” (danksy “Iemand”) en (2) Konflik kan ook positief en opbouend wees – nooit regtig so daaraan gedink nie, dankie daarvoor.

  2. C

    Baie dankie vir die riglyne, Ds Attie. Geseënde dag vir jou!! Groetnis

  3. attie knoetze

    moet maandag n tienerseun spreek oor konflik hantering. Hy is ook verslaaf aan internet porno. Soek leiding asb

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s