Konflik het die potensiaal om ons te maak of te breek, maar as ons kan leer om konflik reg te hanteer, kan dit ‘n wonderlike instrument in de Here se hand word waarmee Hy ons vorm.
Konflik het sy oorsprong in kritiek. Iemand stem nie saam met hoe ek ‘n ding doen of hoe ek dink, ens. nie en dan sê hy/sy dit. Op hierdie verskille, of kritiek reageer ons dan en ons reaksie daarop kan konflik tot gevolg hê, of nie. Soms is die konflik geregeverdig, ander keer heeltemal onnodig.
Konflik kan ‘n instrument in die hand van die Here wees waarop Hy ons vorm. In sy boek “A Word of heart: Understanding how God shapes spiritual leaders.” gee Reggie McNeal ‘n paar wenke oor hoe konflik of dan kritiek hanteer kan word sodat ons daardeur gevorm kan word.
‘n Samevatting van wat hy sê is:
1. Aanvaar dat daar konflik gaan wees en dat jy gekritiseer gaan word.
Christene is veral verras om te hoor dat hulle moet aanvaar dat daar konflik met ander mense en tussen Christene en selfs in die kerk gaan wees. Is Christene dan nie veronderstel om so in vrede met mekaar saam te lewe dat daar nooit konflik sal wees nie?
Die realiteit is dat daar konflik gaan wees, kom wat wil. Wanneer ons aanvaar dat konflik ‘n wesenlike deel van ons lewe en ook van die kerk is, het ons klaar begin om deur die konflik gevorm te word. Ons kan nie sommer net alle kritiek van ons laat afrol en dit wegwys asof dit sommer net niks is nie, ons moet kritiek hanteer, iets sinvols daarmee doen.
2. “Pick your Fights.”
Kom ons stel dit so: “Choose the hill you are willing to die on.” Nie alle konflikte is die moeite werd om aangepak te word nie. Sommige gevegte verdien eintlik nie eers ons aandag nie. Dit is die tipe kritiek waarop ek my rug draai en ignoreer, dit verdien nie eens my aandag nie.
3. Ondersoek jou kritici. Lees voort “konflik in ons lewens”