ons ysberg smelt

John Kotter en Holger Rathgeber het ‘n boekie geskryf met die titel “Our Iceberg is Melting”.

Johan Pienaar, die moderator van die Noordelike Sinode (Net om te wys ek ken ook ouens in hoë plekke) het hierdie boekie vir almal gegee wat op die projekspan gedien het wat die vorige Sinode beplan het.

Die aanhaling op hulle webblad verduidelik eintlik waaroor dit gaan:

“We believe strongly that the world needs much more action from a broader range of people—action that is informed, committed, and inspired—to help us all in an era of increasing change.”
Die boek gaan oor ‘n trop pikkewyne wat baie rustig op hulle ysberg gewoon en gelewe het. Daar was egter een van die pikkewyne wat die hele tyd die see dopgehou het en dikwels selfs onder die ysberg ingeswem het om ‘n evaluasie te maak van wat regtig aan die gang was. Op die ou end het Fred tot die gevolgtrekking gekom dat die ysberg besig was om te smelt, maar ook dat die pikkewyne al hoe verder moes swem om vis te kry om te eet. Dit het beteken dat dit rustige voortbestaan van die trop pikkewyne op die eiland nie so verseker was as wat hulle gedink het dit is nie. Sonder om daaroor te dink, was die trop pikkewyne daarvan oortuig dat niks kan gebeur om hulle voortbestaan te bedreig nie.
Fred se grootste probleem was om die leiers te oortuig dat daar wel ‘n probleem was. Hy het selfs gesukkel om mense te oortuig dat hy reg is. Fred het onder andere ‘n seemeeu gekry om hulle te vertel van die nomadiese bestaan wat hulle as seemeeue gevoer het. Daar was groot verskille tussen seemeeue en pikkewyne. Seemeeue vlieg en pikkewyne swem; seemeeue eet omtrent enige iets, pikkewyne eet net vis; Seemeeue verkies warmer weer en pikkewyne floreer in subminimum temperature.
Alice is een van die leiers van die trop wat met die verloop van tyd deur Fred oortuig is dat hulle dringende aanpassings sal moet maak indien hulle die komende ramp wil afweer. Toe van die leiers die verskil tussen seemeeue en pikkewyne beklemtoon, was haar opmerking:
Of course we’re different. That means we can’t just copy them. But the idea is very interesting. I can almost see how we might live. We’d learn to move around. We wouldn’t stay in one place forever. We wouldn’t try to fix icebergs. We would just face up to the fact that what sustains us cannot go on forever.”
Ek is bevrees dat ons nog steeds daardie mense in gemeentes het wat probeer om ysberge te “fix” en daarvan droom dat dit wat hulle nou het vir altyd kan aangaan en dat daar geen nodigheid is om aan te beweeg nie.Intussen ssmelt die ysberg en is die vis wat hulle nodig het om te oorleef al heo verder weg van hulle blyplek af.
Einde laaste is die leiers van die trop oortuig dat dit die regte is om na ‘n nuwe ysberg toe te skuif.
Die skuif was nie maklik nie:
The move was chaotic at times. At one point , a few penguins were lost and there was a panic. But those birds found their way back to the others, and for the most part, all went as well as ons could hope.
Op die ou end het die groep pikkewyne ‘n stel verkenners (scouts) aangewys wat die hele tyd op soek was na nuwe ysberge met meer vis en elke keer wanneer dit nodig was, het die trop weer geskuif en elke keer het die skuif makliker geword, maar daar die beswaarmakers was sltyd daar, maar die trop het geleer wat die beste was vir hulle en daarom het hulle aan die beweeg gebly.
Die laaste parragrafie is die droom van elke gemeente en leraar wat in hierdie tyd en op hierdie plek en in hierdie wêreld alles wil wees wat God graag wil hê dat ons moet wees:
The Former-Head-Penguin was particularly amazed at what even youngsters were doing to help the colony. And for that, he loves them all the more.
Dit is nie noodwendig net die  “youngsters” wat pleit vir ‘n nuwe ysberg, maar elkeen wat deurlopend op soek is na dit wat die bestaansdoel van die kerk beter probeer verstaan en wil realiseer. Die ideaal is “… he loves them all the more.”
Advertisements

14 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

14 responses to “ons ysberg smelt

  1. Muis

    Ek lees ‘n pragtige verhaal en ‘n klomp mooi goed raak. Ongelukkig, ek is regtig, regtig jammer om dit te moet sê, het die eerste sin “net om te wys ek ken mense in hoë plekke” en “boek gegee vir die wat daarby betrokke was” my negatief ingestel. Gaan dit oor ons en wie ons ken of oor die Koning van konings en kerkbou?

  2. ip

    ek wil my verstout om die aanname te maak dat muis nog nie die skrywer ontmoet het nie en daarom die humor daarin kan raaksien nie.(ken mense in hoe plekke)
    dankie dat ek ‘n leraarskrywer dienskneg van GOD ken wat ons elke dag wil lei om DIE MENS in die HOOGSTE HEMELE te leer ken en om sy wil elke dag te doen

  3. lidmaat

    Muis: Ek het die opmerking as ‘n humoritiese opmerking gelees. Dit is jammer as so een sinnetjie maak dat die res van die “verhaal” vir jou daaragter verdwyn.

  4. Muis: Ek het die opmerking humoristies bedoel.
    Die res wat hier lees: Ek hoop nie gesprek draai nou rondom die een sinnetjie nie. Daar is tog baie belangriker beginsels waaroor dit hier gaan.

  5. Chris

    Muis, Kom ons geniet nou die grappie oor die belangrike mense en kyk na die werklike verhaal.
    Dit gaan hier oor die voortbestaan van die NG kerk en kerk in geheel.
    As ons nie die jong mense hier in die kerk hou nie, het ons niks om oor te skryf oor 10 tot 15 jaar van nou af nie. Daar steek nogal baie in die verhaal.

    Dankie Attie

  6. lidmaat

    Nou my paar sent se gedagtes: Die moeilikste is om te aanvaar dat ons ysberg besig is om te smelt. Wat ek agter gekom het is dat die persone wat weier om te aanvaar dat die ysberg besig om te smelt word die maklikste uitgeken aan die wat glo dat hulle moet praat terwyl ander luister en nie andersom nie.

  7. oos, Wes, tuis bes.

    My skuilnaam is “Wes” en dit staan vir Mnr. Johan vd Westhuizen, maar ek verkies my skuilnaam, bloot omdat my regte naam te lank is. Vir die wat dalk iets in die opmerking raak lees – dit is veronderstel om humor te wees. Ander wat my nie ken nie, sal dalk dink ek is bloot stupid, of probeer snaaks wees, of wat ook al. Die punt wat ek probeer maak is dat ons altyd moet soek na die positiewe en nie altyd moet soek na die negatiewe nie. Voorbeeld: Enige mense wat die eerste keer lees of hoor van die lyding en sterwe van Christus sal dit baie negatief ervaar, maar vir die van ons wat in ‘n persoonlike verhouding met Christus leef sal dit weer baie positief ervaar, want die boodskap van die hele verhaal is nie die dood nie, maar die feit dat Hy opgestaan het. Ander mense lees dier boek Openbaring weer as baie negatief – ek het ook eers – maar eintlik is die boodskap een van hoop en blydskap. Werk dit maar self uit soos wat ek en baie ander gedoen het. So mis ons mense soms die postiewe omdat ons hele wese op die negatiewe ingestel is. Toe ek die gedeelte die eerste keer gelees het, het ek glad nie enige “eie ek” in die boonste stukkie raakgelees nie en net die positiewe daaruit gehaal en dit is wat ek vanaand vir my gesin gaan oorvertel. Dit gaan nie oor wie dit geskryf het nie, maar oor wat hy geskryf het en wat die doel van die skrywe is. Toe ek die stukkie weer lees om myself te toets lees ek toe ook wraggies iets anders ook daarin raak en dit is eerstens ‘n stukkie humor en tweedes ‘n stukkie nederigheid. Dit gaan nie oor om “ouens in hoë plekke te ken nie, maar om te wys “ek is nie op hulle vlak nie”. Nou wonder ek net: Bepaal ‘n mens se ingesteldheid oor ‘n saak/persoon nie maar hoe jy die saak/persoon “lees” nie? Hoe is dit dat
    ‘n positiewe sondaar soos ekself die humor en nederighied in die stukkie raaklees en iemand anders die negatiewe daarin raaksien? Ek dink “muis” moet eers sy/haar gesindheid en ingesteldheid in gebed gaan verander en dan weer die stukkie lees – dit is pragtig en opbouend, sonder enige bybedoelings. Ek sê maar net……..

  8. Hardus Prinsloo

    Attie, die verhaal is 100% in die kol. Of ons dit nou wil weet of nie, ons ysberg is besig om te smelt. Ons moet nie in ons eie gemak vas kyk nie, en besef dit gaan oor die groter prentjie. Baie dankie dit laat ‘n mens weer ‘n bietjie nuut dink.

  9. iemand

    Wes: ‘n Opreg vriendelike opmerking. Ek lees en kommentaar al lankal op die “blogs”. Dit lyk vir my jy sal dalk ‘n sinvolle bydra kan lewer, maar mense lees nie regtig lang kommentare nie. Kort en kragtig, dit is die wagwoord in die “blog”-arena.

  10. Snaaks genoeg sien ek nogal bogenoemde verhaal ook van toepassing op SA. Oor jou grappie – ek dink nie almal is al ingelyf by blog-humor nie. 😉

  11. Johan vd Westhuizen

    Iemand: Jammer, ek sien ek het bietjie oorboord gegaan.

  12. Gerrit Lötter

    Watse ysberg? Ek wonder of ons dalk nie so aan die slaap is dat ons nie agtergekom het dat die ysberg – die kerk soos ons dit ken – al reeds ‘n stil dood gesterf het nie. Ons teoloë verskil lynreg oor fundamentele kwessies soos die opstanding van Christus.

    Die Algemene Sinode lyk nie of hulle enige standpunt kan inneem oor belangrike sake nie. Oor homoseksualiteit word daar ‘n tweeledige verslag voorgelê met twee voorsitters en twee opponerende standpunte/gevolgtrekkings. Die slotsom van die sinode is dan dat die gemeentes maar self moet besluit! Van watter nut is die sinode dan?

    ‘n Kerk wat so verdeel is het dalk nie meer ‘n bestaansreg nie…

  13. iemand

    Gerrit: Die ysberg is daar.
    Die bestaansreg van die kerk is geleë in die sterwe en opstanding van Christus (waarin die oorgrote meerderheid van dominees en veral gelowiges glo.) en nie in die optrede van mense nie.
    Ek wil ‘n “scout” wees wat nuwe ysberge soek om die voortbestaan van die “trop” te verseker. Oor vyf jaar sal die kerk waarskynlik nie lyk soos hy vandag lyk nie, maar die kerk sal nog daar wees.
    Ek sou eerder verkies om onder te gaan as ‘n “scout” op soek na ‘n nuwe ysberg as iemand wat so op die foute van die kerk gekonsentreer het dat ek mede-verantwoordelik is vir die ondergaan van die “trop”.
    😦

  14. Ronel

    Waar is die boek “our Iceberg is melting” te koop en is dit dalk iewers in Afrikaans beskikbaar ?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s