Vandag gaan dit oor musiek in die kerk en in die erediens.
Ek het in 1987 my bediening in die NG Kerk begin en toe was daar reeds ‘n reuse stryd oor musiek.
Net die orrel of ander instrumente ook?
Net die Psalm en Gesangeboek of die Rooiboekie en die Groenboekie en Sing Onder Mekaar ook? Op daardie stadium was daar nog nie elektroniese borde nie, so mense moes vier boekies saamdra as hulle in die erediens wil sing.
Nou is dit 20 jaar later en genadiglik is die stryd met betrekking tot verskillende liedere en verskillende instrumente en verskillende style in ‘n groot mate reeds verby en uitgesorteer en orreliste en “bands” en tradisioneel en kontemporêr het mekaar gevind en leef hulle met groot gemak en respek vir mekaar saam tot eer van die Here.
Maar dan is daar ook die enkele gemeentes waar hierdie stryd (oorlog???) nog in al sy vernietigende intensiteit voortgaan. Lees voort “kerkmusiek”