Wat dit ookal was wat die jongste seun in die vreemde verloor het – sy vriende; reputasie; selfrespek; innerlike vreugde of vrede – een van daardie of almal, hy het nooit opgehou om die jongste seun van die Pa te wees nie.
Hierdie jongste seun se terugkeer begin die oomblik wanneer hy by die varke sit en besef dat hy nooit opgehou het om sy Pa se seun te wees nie, ten spyte van die feit dat al die waardigheid wat met sy “seun-wees” gepaard gegaan het, nou verlore was. Inteendeel dit was juis die oomblik toe hy besef het dat hy alles verloor het, wat hy sy ware identiteit as seun van sy Pa weer ontdek het, toe hy besef het: “Ek het deur dit alles heen steeds “seun” gebly.
Hy weet hy is nog steeds “seun” maar hy erken ook dadelik dat hy die reg om “seun” te wees verbeur het en hy berei homself voor om die status van ‘n bediende in sy Pa se huis te hê en nie aanspraak te maak op sy status as “seun” nie. Lees voort “die jongste seun draai om”