Ongeveer 15 huwelikspare uit ons gemeente (NG Waverley) het Sondag-aand na ‘n DVD van Mark Gungor gekyk waarin hy die verskil verduidelik tussen ‘n man en ‘n vrou en veral hoe hulle anders dink en redeneer. In die DVD probeer hy glad nie die indruk skep dat alle mans of vrouens dieselfde is nie – met ander woorde hy stereotipeer nie mans en vrouens nie – maar wel dat mans en vrouens onderskeidelik op een in ‘n meer of mindere mate op dieselfde wyse dink en redeneer.
Ons het veral geleer dat mans en vrouens verskillende behoeftes het en dat hulle mekaar goed moet leer ken sodat elkeen kan weet wat die ander een se behoeftes is. Vrouens het as ‘n reël ‘n behoefte aan emosionele intimiteit terwyl mans in ‘n meerdere mate ‘n behoefte aan fisiese intimiteit het. As man en vrou mekaar se behoeftes in hierdie verband verstaan en die ander een se belange en behoeftes eerste stel, dan beleef elkeen dat sy/haar behoeftes ook vervul word.
Sondag-aand (6 Desember 2009) om 17:30 kyk ons die tweede deel van die DVD van die DVD by Cunninghamlaan bedieningspunt met die titel: “How to have incredible sex.” So ‘n voorsmakie uit die DVD:
As jy van ons gemeente is of in die omgewing bly, kom geniet die DVD saam met ons. Ons begin 17:30 en is teen ongeveer 18:45 klaar.
Laat 'n boodskap