mark gungor en die verskil tussen man en vrou

Ongeveer 15 huwelikspare uit ons gemeente (NG Waverley) het Sondag-aand na ‘n DVD van Mark Gungor gekyk waarin hy die verskil verduidelik tussen ‘n man en ‘n vrou en veral hoe hulle anders dink en redeneer. In die DVD probeer hy glad nie die indruk skep dat alle mans of vrouens dieselfde is nie – met ander woorde hy stereotipeer nie mans en vrouens nie –  maar wel dat mans en vrouens onderskeidelik op een in ‘n meer of mindere mate op dieselfde wyse dink en redeneer.

Ons het veral geleer dat mans en vrouens verskillende behoeftes het en dat hulle mekaar goed moet leer ken sodat elkeen kan weet wat die ander een se behoeftes is. Lees voort “mark gungor en die verskil tussen man en vrou”

ons gemeentekamp

Ongeveer 80 mense van ons gemeente het hierdie naweek by Emerentia Geldenhuys naby Warmbad gekamp. Tannie Eva en tannie Betsie was lankal daar toe die res van die motors en die karavane die een na die ander aangekom het. Die wat nie karavane gehad het nie, het baie “knussies” in die kamers geslaap.

Die vure vir bring en braai is om en by 19:00 aangesteek en ons het daar heerlik gekuier, selfs ‘n paar liedjies probeer sing, maar niemand het al die woorde van enige liedjie geken nie. Op ‘n stadium het daar ‘n donderwolk opgesteek wat ‘n paar druppels laat val het en Johan van der Westhuizen kon nie wag om almal daarop te wys dat ds. Attie ‘n baie swak weervoorspeller is omdat hy vroeër die aand gesê het dat die weerburo gesê het dat daar in die volgende ses maande baie min reën gaan val.

Teen 21:00 was feitlik almal klaar gebraai en is ons saal toe waar ons die stywe litte van die ouer mense losgekry het en die jonger litte moeg gekry het met ‘n vorm van dans wat “dozi-douz” genoem word. Lees voort “ons gemeentekamp”

Blog at WordPress.com.

Up ↑