die datum van jesus se geboorte

JESUS SE GEBOORTE

Niemand weet presies wanneer Jesus gebore is nie. Selfs die jaar waarin Hy gebore is, kan nie met 100% sekerheid bepaal word nie. Die bedoeling van die middeleeuse skeppers van ons huidige kalender, was om jaar 1 die jaar van Jesus se geboorte te maak en alle ander daterings daar rondom te bereken. Die manier waarop die berekening gedoen is, was egter foutief.

Die Joodse geskiedkundige Josefus plaas die dood van Herodus  in 4 n.C. en beide  Matteus (2:1) en Lukas (1:5) veronderstel dat Herodus koning was ten tyde van Jesus se geboorte. Maar, dit is nie duidelik hoe lank voor Herodus se dood Jesus gebore is nie.

Wat ons wel weet is dat Herodus in 37 v.C. koning van die Jode geword het. Behalwe vir Matteus (2:16), is daar geen historiese bewyse vir die dood van die duisende babatjies in Betlehem ten tyde van Jesus se geboorte nie. Josefus meld wel dat Herodus opdrag gegee het dat lede van sy eie familie doodgemaak moet word ten einde sy eie koningskap te beskerm, met die gevolg dat dit nie onmoontlik is dat die moord op Joodse babatjies in dieselfde tyd te midde van verskeie ander vergrype net eenvoudig ongemerk verby sou kon gaan nie. Aangesien Herodus se berekening daartoe gely het dat babatjies onder twee jaar doodgemaak moes word teneinde sy heerskappy te beskerm, plaas dit Jesus se geboorte ongeveer een of twee jaar voor Herodus se dood, dit wil sê tussen 6-5 v.C.

‘n Datum van 5 v.C. pas by Lukas (2:1)wat aandui dat Augustus Romeinse Keiser was toe Jesus gebore is.  Ons weet dat Augustus van 27 v.C. tot 14 n.C. Romeinse keiser was. Lukas se verwysing na Sirenius (2:2), skep egter ‘n probleem. Na Herodus se dood het Rome sy gebied tussen sy twee oorlewende seuns verdeel. Archelaus  het in Judea geheers (Mt 2:22) totdat die Romeine in 6 n.C. van hom ontslae geraak het. Eers daarna is Sirenius aangewys as goewerneur, nadat hy vir meer as ‘n dekade bevelvoerder van die Romeinse troepe in die omgewing was.

Dit is egter moontlik dat Lukas slegs na hom verwys het in terme van die pos wat hy in later jare beklee het.

6 thoughts on “die datum van jesus se geboorte

Add yours

  1. Ek kyk so bietjie anderste daarna.Ons weet dat Jesus God is.Die Bybel vertel ons dat God maar altyd daar was.In die begin was die woord en die woord was by God en die woord was God.God is Gees en nie vlees nie.Ons het nooit bestaan nie,maar word gebore uit ‘n vrou.Ons is die bestaan van iets wat nie daar was nie,en nou daar is.God was nog altyd daar en is nog steeds.Hoe kan iets wat altyd daar was(God)nou gebore word om daar te wees.Hy was dan altyd daar.Daar staan ook geskrywe,”Die woord het vlees aangeneem.maw,dit wat nie gesien kon word nie,kon nou gesien word.
    Ek dink nie dat Jesus Christus se geboortedatum kan ooit bepaal kan word en sal word nie,want dan kan Hy as mens gereken word en Hy is nie ‘n mens nie.Hy was maar altyd daar.Hy het Homself net kom “manifesteer “in die vlees en soos ons geword,maw Hy was anderste voor dit.Ek se ons kan dit stel as God wat Homself aan ons kom openbaar maak het.Onthou,Hy het slegs die vlees liggaam gehad om versoek te kon word(In Jakobus staan dat God nie deur kwaad versoek word nie,en self versoek Hy niemand nie.)Die vlees liggaam verteenwoordig die ou man met sy begeertes,en dit is hy wat Jesus aan die kruis vasgespyker het,en oorwin het.Ek dink dat die term of frase wat gebruik word of oorvertaal is van die hebreeus/Grieks in Afrikaans net so gestel word dat ons dit beter kan verstaan.Dit is eintlik die dag wat God as mens die aardse hemisfeer ingetree het in vlees sodat Ons God kon leer ken het en wie Hy is.Hy het Hom in vlees vir ons kom openbaar en die vlees was dit wat oorwin moes word.Die woord van God se dat hy wat die vlees oorwin het,nie meer sondig nie.(Hy word nie meer gelei deur die vlees nie.)Die vlees is dan gekruisig en so ‘n persoon word gelei deur die Gees van God,nie meer deur die vleeslike begeertes nie.Hoop iemand kan sien hoe ek daarna kyk.

  2. Ons weet ook dat Jesus beslis nie in Desember gebore is nie, want die herders en hul skapies sou nie in die ope velde gewees het in die hart van die winter nie.

  3. hallo amal..
    ek sit met n proebleem ek het eers onlangs die bybel begin lees en leer ken..en ek gaan nou oor n paar dae lambertsbaai toe op n toer saam klomp onderwysers en kinders en studente..ons gaan die Woord van die Here gaan verkondig aan die mense wat daar vakansie hou..en in die aande gaan ons ook n koffie tafel hou vir tieners met proebleme..ons het opleiding gekry hoe om eers selfvertroue met die tiener op te bou en dan tot sy proebleem te kom en dan vir hom\haar raad te gee uit die bybel uit.. weet julle nie waar kan n mens op die internet soek wat om te se of in die bybel nie want ek wil hard swot sodat ek tot n sukses vir die Here kan deurdring..asb latweet terug as julle dalk iets weet baie dankie en geniet julle daggies verder..

  4. Ek het ‘n antwoord vir jou. Lees die Woord van die Here en vra die Heilige Gees om jou in die Waarheid in te neem. Vertel nèt dit aan ander mense wat jy op die manier “gehoor” het. Die Heilige Gees sal jou definitief, sonder enige vrees vir teenspraak, lewende Woord gee. Net so seker as wat ‘n aardse Vader nie sy seun ‘n klip sal gee as hy vir brood vra nie.
    Moet asb nie napraters van ander word nie. Moet asb nie die internet of geestelike boeke lees nie, dit kom later. Lees net die Bybel. Wat jy by die Here self hoor is waar en op jou van toepassing. Wat jy by mense hoor is wat hulle moet sê maar dalk nie wat jy moet hoor nie. Onthou, net Hy weet wat jy op enige spesifieke stadium in jou lewe nodig het om te weet. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie. As jy met ander praat, maak nie saak hoe skeef en krom dit uitkom nie, as jy sê wat Hy jou gesê het, het dit lewe en is dit waarheid.

    Groete

    JPR

  5. Minanca: Dit is baie belangrik dat jy die Bybel lees, en dit is belangrik dat ons vir die leiding van die Heilige Gees vra in sulke omstandighede, maar daar is baie wonderlike kinders van die Here wat geskryf het oor die manier waarop hulle die Bybel verstaan en hoe hulle die Here uit die Bybel en in hulle eie lewens leer ken het. Ewald van Rensburg werk al baie lank met tieners en jongmense en hy spreek die “issues” in hulle lewens op ‘n baie praktiese manier aan. Hy het ‘n besondere boekie geskryf met die titel: “Aanvaar God my?” As jy nie die boekie kry nie, kan jy by CUM boekhande vir enige een van sy boeke vra. Lees dit gerus en sterkte met julle uitreik. EK glo dit gaan vir jou baie beteken in jou geestelike lewe.

  6. Bertus: Niemand dink meer vir een oomblik dat Jesus inderdaad in Desember gebore is. DIt gaan ook nie oor die datum nie, maar oor die gebeure. Ons vier die gebeure.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: