JESUS SE GEBOORTE
Niemand weet presies wanneer Jesus gebore is nie. Selfs die jaar waarin Hy gebore is, kan nie met 100% sekerheid bepaal word nie. Die bedoeling van die middeleeuse skeppers van ons huidige kalender, was om jaar 1 die jaar van Jesus se geboorte te maak en alle ander daterings daar rondom te bereken. Die manier waarop die berekening gedoen is, was egter foutief.
Die Joodse geskiedkundige Josefus plaas die dood van HerodusĀ in 4 n.C. en beideĀ Matteus (2:1) en Lukas (1:5) veronderstel dat Herodus koning was ten tyde van Jesus se geboorte. Maar, dit is nie duidelik hoe lank voor Herodus se dood Jesus gebore is nie.
Wat ons wel weet is dat Herodus in 37 v.C. koning van die Jode geword het. Lees voort “die datum van jesus se geboorte”