jesus het opgestaan

Die debat oor Jesus se opstanding is ‘n debat wat nog vir baie jare gaan voortgaan. Die Jesus Seminaar verkondig die boodskap dat Jesus ‘n besondere mens was wat ‘n “social gospel” verkondig het.

Ek was daarvan oortuig dat dit net Christene was wat glo dat Jesus uit die dood opgestaan het. Ek was egter baie verras om te hoor dat Islam ook glo dat Jesus uit die dood opgestaan het. Wat Islam wel bevraagteken, is of Jesus die Seun van God was en dus self ook God was.

Hierdie opname van ‘n gesprek tussen Mike Licano en Shabir Ally laat geen twyfel dat Moslems ook glo dat Jesus wel uit die dood opgestaan het.

3 thoughts on “jesus het opgestaan

Add yours

  1. Moslems glo dat God net een is.Ons glo ook dat God net een is.ons glo wel in die drie enige God.
    Vader + Seun + Heilige Gees = GOD.Hulle het daarmee ‘n probleem.Ons is ook drie,liggaam + siel + gees = Attie.Hulle sien Jesus nie as Seun van God nie,en het ook ‘n probleem met die Heilige Gees.God is nie net Vader + seun nie, of net Vader + Heilige Gees nie.Dit is God onvoltooid.
    God is drie,dit is God voltooid.As jy God dan aanbid en dit is nie God(voltooid) nie,dan is dit nie dieselfde God as God van die Bybel nie.Dit is goed dat hulle glo dat Jesus uit die dode opgestaan het,maar Hy moet aangeneem en eer gegee word vir wat Hy aan die kruis kom doen het en die volle betekenis daarvan.Jesus Christus is ‘n lewende persoon,nie ‘n geloof nie.

  2. Iemand het lang terug vir my gesê dat ons is nie hier om God te verdedig nie, dit doen God self. Ons is hier om sy liefde en waarheid uit te leef en deur ons lewenswyse die Woord te versprei. Dit is asof baie teoloë al hul energie gebruik om God te verdedig ipv die boodskap te verkondig en uit te leef. Christene doen meer skade met hul lewenswyse as mense wat uit hul pad gaan om God se bestaan of Jesus se opstanding aftemaak as “fairy tales”.

  3. Rustig, ek glo daardie laaste sin. Eintlik glo ek alles wat jy vertel. Maar daar is ‘n ander waarheid ook.

    Maar dis ook so dat mense van die geloof afvallig word omdat hulle nie kan insien dat dit waar is nie, omdat hulle al die kastig logiese mense glo wat vertel die Bybel is verkeerd, geloof is sleg vir die wêreld, ens. Daarom kan mens gerus vir mense wys dat om te glo in Godd heeltemal in pas is met logiese denke, dat die Bybel en Jesus ook op logiese gronde verdedig kan word. Nie omdat hulle elk van daardie argumente hoef te ken nie. Nog minder oor God verdediging nodig het.

    Maar oor daar ‘n klas van raserige, leuen-vertellende anti-godsdienstige is wat wel mense om hulle afvallig maak van geloof. En hulle gebruik leuens en halwe waarhede om dit te doen. My blog, omdat dit Christenskap as ‘n rasionele keuse beskou, trek dikwels van hulle.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: