‘n Gerespekteerde geslagsregister wat die belangrikheid van ‘n betrokke persoon se voorgeslagte beklemtoon ten einde die persoon ‘n besondere plek in die gemeenskap te gee, was in die Bybelse tye baie belangrik.
Matteus gebruik ‘n sisteem met groepe van 3 en 7, getalle wat mense in die Bybelse tyd gedink het van betekenis of selfs volmaak was. Die tyd van Dawid en die Babiloniese ballingskap was die hoogte- en laagtepunt in die geskiedenis van Israel.
Die Matteus evangelie begin, soos 1 Kronieke, met ‘n geslagsregister. Matteus se weergawe van die voorouers van Jesus Christus plaas die lewensverhaal van Jesus binne die geskiedenis van die volk Israel. Die feit dat Jesus aangedui word as uit die nageslag van Abraham beteken dat Jesus ‘n Jood was, die feit dat Hy juit die nageslag van Dawid kom, maak Hom deel van die koninklike familie.
Matteus se geslagsregister is in ooreenstemming 1 Kronieke, maar sekere geslagte word uitgelaat, waarskynlik om die geslagte in groepe van 14 te groepeer (Matteus 1:17) . Die noem van nie-Joodse vroue (Tamar; Rahab; Rut), wys vooruit na die afsluiting van die evangelie waar die opdrag om getuies van al die nasies te wees, gegee word.
Matteus se geslagsregister verskil in wese nie net van die van Kronieke nie, maar ook van Lukas sin. Die vraag waaroor ‘n mens sou kon nadink is: Hoe raak hierdie baie ooglopende verskille die akkuraatheid van die Bybelse gegewens en sewlfs die geloofwaardigheid van die evangelie?
Laat 'n boodskap