die heilige gees ons voorspraak (joh 16:7)

Daar is meer as genoeg plekke of mense wat bereid is om vir ons raad te gee oor elke moontlike onderwerp. So is daar byvoorbeeld die internet en verskeie selfhelpprogramme en boeke en webblaaie wat oor elke saak of onderwerp meer as genoeg raad het. Uit die aard van die saak is al die raad wat ons in boeke en die internet en by mense kry, nie noodwendig goeie raad nie. Die probleem is om te weet watter raad om te volg en watter regtig bruikbaar is. Meeste van die tyd moet ons deur onmeetbaar baie besonderhede werk om by goeie raad uit te kom. Jesus se antwoord is dat Hy vir ons die Heilige Gees as ons Voorspraak gaan stuur. Hy sal ons in die volle waarheid lei. Die Heilige Gees gees gee ook aan my insig om die regte besluit te neem.

Johannes 16:7 gaan natuurlik die in die eerste plek hieroor nie, maar oor die rol wat die Heilige Gees speel in ons verhouding met die Here speel, deurdat Hy ons oortuig van sonde en dat God regverdig is en dan natuurlik dat die oordeel alreeds gekom deurdat Sy oordeel Sy seun Jesus Christus getref het sodat die oordeel ons nie tref nie. Die Heilige Gees oortuig my dat ek as gevolg van my sonde die oordeel van God verdien, maar dat ek nie God se oordeel hoef te vrees nie, omdat Jesus Christus my sondeskuld by God betaal het.

Maar die leiding van die Heilige Gees gaan ook baie verder as dit. Om binne God se wil te leef, beteken dat ek in elke aspek van my lewe net doen wat Hy wil hê dat ek moet doen, en ook daarvor het Hy vir ons die Heilige Gees gegee sodat ek sy wil sal ken en sy wil sal doen.

In my werk as leraar in ‘n gemeente kan ek nie effektief werk as ek nie binne God se wil werk nie, en daarom is dit belangrik dat my verhouding met die Here van so ‘n aard sal wees, dat ek sal weet wanneer Hy my lei.

Maar, het ek as predikant die leiding van die Heilige Gees meer nodig as ‘n ander gelowige wat nie spesifiek in die gemeente werk nie?

Het jy ‘n gedagte hieroor?

2 thoughts on “die heilige gees ons voorspraak (joh 16:7)

Add yours

  1. Nee weet jy ek dink nie jy het die leiding van die Heilige Gees meer nodige as enige van ons ander mense wat anderse beroepe beoefen nie…..ek is seker jy is die regte taktieke geleer to jy gestudeer het om leraar te word vir Christus….jy het die seening van God nodige voor elke predeking of gebeurtenis, nes ons met enige ander take wat ons moet verrig. die Heilige gees woon in ons almal en ly ons almal maar op ons lewens pad….dit is maar uit eie keuse dat so baie van ons besluit om dit die meeste van die tyd te ignoreer….en van daar dan die sonde…weet nie of dit veel sin maak nie…maar dit is maar my siening.

  2. Attie,interesante onderwerp.My 10 sent in die beursie.God hanteer ons nie almal soos Zebras nie.Almal is wit en swart en almal eet gras en drink water.Hy verkies om met ons as individue te werk.Elkeen word anderste gehanteer.Elkeen het ‘n ander roeping en taak in die liggaam van Christus.Die een is ‘n hand,die ander is ‘n oog ens.So die een kan nie roem op homself nie,en se dat hy nie die ander een nodig gehad het nie.God het ons een gemaak met Hom in Christus Jesus.God praat met almal op verskillende maniere en een kan dalk ‘n woord van wysheid vir jou he,al is hy dalk 20 jaar jou junior.Die groot ding is dat as so iets gebeur dat ek nie ‘n “houding”geestelike hoogmoed sal he en dink,ek is die dominee/herder …wie is hy nou om vir my ‘n woord te gee.Ek het geleer en hy het nie.Die titel wat ons het,dominee,evangelis,herder,profeet ens………….is ‘n gawe,nie ‘n titel nie.Dit is gegee as gawe deur die Heilige Gees en so ‘n gawe word nie verkry deur te studeer nie.Hoe groter jou “bevordering”as ek so kan stel in Christus is,hoe meer moet jy jouself onderwerp aan jou gemeente(skape).Die gawes is daar om hulle te leer,geestelik op te bou,te onderrig.Dit is presies wat Jesus gedoen het.Hy het sy bo kleed afgehaal en hulle voete gewas.Dit is wat ek en jy moet doen.Nie fisies nie(dit kan ook gedoen word)maar deur die gawe/s wat ons ontvang het.Bevordering in die wereld werk van onder af boontoe in die sekulere wereld,maar bevordering by God werk ondertoe.Daar is skrif wat se dat God werk deur wie Hy wil,soos Hy wil ,alles tot Sy glorie en Sy eer.Dit gaan nie oor my nie,dit gaan alles oor Hom.Sy dissipels het ook gevra wie die grootste is in die koninkryk,toe neem Jesus ‘n kindjie en se dat hulle soos ‘n kindjie moet word.So,God werk soos Hy wil,wanneer hy wil en deur wie Hy wil.Almal staan gelyk voor God en God het nie witbroodjies nie.God is op soek na daardie een hart wat onverdeeld op Hom gevestig is,wat net Hom soek en niks anderste nie.’n hart wat lewe in Hom en dood is vir die wereld.Miskien het ek ‘n bietjie wyd gepraat,maar verdra my maar.Dankie Attie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: