jesus die wynstok

Wanneer Jesus die wingerdstok as ‘n voorbeeld gebruik, dan beklemtoon Hy ‘n baie belangrike waarheid oor die verhouding tussen  Hom en die Vader.

Jesus is die Wingerdstok, Hy is die bron van ons lewe, ons groei en die vrug wat ons dra.

Die Vader is die Tuinier. Hy sny die lote wat nie vrugdra nie af en snoei die ander sodat hulle nog meer vrug kan dra.

Dit is ons verantwoordelikheid om in Jesus te bly deur aan Hom onderdanig te wees soos Hy aan die Vader onderdanig is. Wanneer dit gebeur, dan is ons saam met Hom aan die werk om die saak van die Koninkryk van God te bevorder.

Ons kan nie genoeg dankbaar wees vir die Vader wat ons as Tuinier versorg en seker maak dat ons nie net aan Jesus vas bly nie, maar ook dat Hy ons deur sy versorging aanmoedig en in staat stel om vrug te dra.

2 thoughts on “jesus die wynstok

Add yours

  1. Ai, loop ek nou hierdie inspirerende blog van jou raak Attie….dankie hiervoor…dankie vir die weer herinner dat daar ‘n hoër hand is wat omsien na ons welstand…..ek sal gerus meer hier kom inloer

  2. Hi Daizy… baie welkom. Ek het vir ‘n baie lang tyd nie geblog nie. En skielik is dit weer vir my lekker. Kom loer gerus weer in en neem deel aan die gesprek.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: