die geslagsregister van jesus

‘n Gerespekteerde geslagsregister wat die belangrikheid van ‘n betrokke persoon se voorgeslagte beklemtoon ten einde die persoon ‘n besondere plek in die gemeenskap te gee, was in die Bybelse tye baie belangrik.

Matteus gebruik ‘n sisteem met groepe van 3 en 7 wat mense in die Bybelse tyd gedink het van betekenis of selfs volmaak was. Die tyd van Dawid en die Babiloniese ballingskap was die hoogte- en laagtepunt in die geskidenis van Israel.

Die Matteus evangelie begin, soos 1 Kronieke, met ‘n geslagsregister. Hierdie weergawe van die voorouers van Jesus Christus plaas die lewensverhaal van Jesus binne die geskiedenis van die mense Israel. Die feit dat Jesus  aangedui word as uit die nageslag van Abraham beteken dat Jesus ‘n Jood was, die feit dat Hy uit die nageslag van Dawid kom, maak Hom deel van die koninklike familie. Matteus se geslagsregister is in ooreenstemming 1 Kronieke, maar sekere geslagte word uitgelaat, waarskynlik om die geslagte in groepe van 14 (Matteus 1:17) .

Die noem van nie-Joodse vroue (Tamar; Rahab; Rut), wys vooruit na die afsluiting van die evangelie waar die opdrag om getuies van al die nasies te wees, gegee word.

1 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

One response to “die geslagsregister van jesus

  1. Die geslagsregister van Jesus bevestig die betroubaarheid van die Woord. Wat baie mense nie weet nie is dat daar sleutelboodskappe wat kernwaarhede bevat daarin opgesluit is o.a. is daar profetiese boodskappe in die name verberg van die geslagsregister van Jesus. Daar is basies 5 sentrale boodskappe in die geslagsregister van Jesus: – die aankondiging oor die koms van die Messias; – die bou van die toring van Babel; – Abraham, die volk van God en die uittog na die beloofde land; – inbesitneming van die beloofde land; – die Messias.
    NB. die name in die geslagsregisters se betekenis moet in Hebreeus ontleed word.
    Sien: http://www.kruiskrag-efamilie.co.za ; Handleiding 2, Kanoniek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s