Neels Jackson vra op twitter hierdie vraag: “How important is it to raise the issue of historicity of biblical texts with ordinary believers?”
Die Bybel is nie ‘n teologiese handboek wat volgens verskillende teologiese onderwerpe soos bv. God; mens; sonde; verlossing ens. gerangskik is nie. Maar, dit is ook nie ‘n kronologiese (In datum volgorde soos dinge gebeur het) samevoeging van gebeure van skepping tot wederkoms nie. Geskiedkundige gebeure is dikwels ‘n baie belangrike saak , maar hierdie gebeure word altyd weergegee vanuit ‘n bepaalde perspektief en daardie perspektief is teologiese geskiedenis. Met ander woorde, dit gaan nie soseer oor ‘n korrekte weergee van die geskiedkynis nie, maar oor die teologiese implikasie van die geskiedkundige gebeure. God het gekies om Hom deur gskiedkundige gebeure aan die mens bekend te maak.
Die Ou Testament beskryf geskiedkundige gebeure en word in ‘n groot mate gerig aan mense, die Hebreeuse mense, of dan die Joodse volk wat in daardie spesifieke tyd geleef het. Dit maak die geloofsbeginsels wat in die Ou Testament geleer word, heeltemal anders as die van ander mense en van ander godsdienste wat in daardie tyd geleef het.
Israel het God verstaan as dat Hy in die geskiedenis funksioneer, wat tot gevolg gehad het dat feitlik enige uitspraak gelees is in die lig van die geskiedenis en dus van God se magtige dade in die geskiedenis.
Daarom, ten einde die Ou Testament en asook die Nuwe Testament te verstaan soos dit bedoel is om verstaan te word, moet die leser (of dan die hoorder) een of ander bergip hê van die historiese gebeure as agtergrond vir die spesifieke gebeure of selfs hoofstuk.
Die skrywers van die Bybel was nie in die heel eerste plek gefokus oor wanneer iets gebeur het nie, as wat hulle gefokus het op die betekenis van die gebeure wat hulle weergegee het.
Indien die leser of hoorder deurlopend gehelp word om die historiese konteks waarbinne die teks ontstaan het teverstaan, sal die ryker betekenis en boodskap van die Bybel al hoe meer ontsluit word en al hoe meer betekenis kry. Op die manier sal die Bybel nie net in ons tyd beter word nie, maar sal die toepassingsmoontlikhede in ons tyd al hoe beter ontslsuit word.
NT Wright stel dit so:
“…it seems to me clear that the simple historical description of early Chsitianity and its theology cannot by itself be a complete enterprise. It remains, of course, one vital part of the task. … without it the attempt to mount a succesful reading of the New Testament, let alone a Christian theolgy, is doomed tot failure.”
Luk 24:45 Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.
Na aanleiding van bostaande teks is dit so, dat almal nie die Skrifte (Bybel) sal verstaan.
Ek dink die Bybel is vir die teenwoordige tyd geskryf.
Oorsprong van die Bybel:
God het in verbinding getree met ons as mense op ‘n wyse wat volkome in ons geestelike behoeftes voorsien en Hy het daardie boodskap in ‘n Boek geplaas. Tensy Hy self vir ons vertel, sal ons nooit met sekerheid kan weet wat die antwoorde is op daardie vrae wat vir ons as mense die meeste saak maak nie. In hierdie verband, soos u in die Byvoegsel aan die einde sal sien, is dit belangrik om daarop te let dat die Bybel self aandui dat dit ‘n boek is wat die geskrewe openbaring van God is. Die strekking van dié Boek se inhoud is onder andere om ons leiding en antwoorde te gee op die belangrikste vrae aangaande ons siele-kwessies – iets wat al die wyshede van die mens se wetenskappe heeltemal onbevoeg is om met enige mate van sukses te kan doen.
———————————————————————————————————————————————
Die Woord verklaar homself:
En Hy het aan Moses toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai die twee tafels van die Getuienis gegee tafels van klip beskrywe met die vinger van God Eks 31 18
Eks 31:18 En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.
Eks 24:12 Toe sê die HERE vir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptafels kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.
Eks 24:18 En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. En Moses was op die berg veertig dae en veertig nagte.
Eks 32:15 En Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was op die een en op die ander kant beskrywe.
Eks 32:16 En die tafels was die werk van God. Die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer.
Eks 34:1 Toe het die HERE aan Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.
Eks 34:2 En hou jou gereed teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar staan by My op die top van die berg.
Eks 34:3 Maar niemand mag saam met jou opklim nie; laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.
Eks 34:4 Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.
Eks 34:28 En hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.
Eks 34:29 En toe Moses van die berg Sinai afdaal—die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal het Moses nie geweet dat die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie.
Deu 4:13 Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe.
Deu 5:22 Met hierdie woorde het die HERE julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met ‘n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.
Deu 9:9 Toe ek op die berg geklim het om die kliptafels te ontvang, die tafels van die verbond wat die HERE met julle gesluit het, het ek veertig dae en veertig nagte lank op die berg gebly—brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie—
Deu 9:10 en die HERE het my die twee kliptafels gegee wat beskrywe was met die vinger van God, en daarop al die woorde soos die HERE op die berg, uit die vuur, met julle gespreek het, op die dag van die vergadering.
Deu 9:11 En aan die einde van veertig dae en veertig nagte het die HERE my die twee kliptafels gegee, die tafels van die verbond,
2Kor 3:3 omdat julle duidelik ‘n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.
Eks 8:19 Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van God! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos die HERE gespreek het.
Eks 32:16 En die tafels was die werk van God. Die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer.
Jer 31:33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
Mat 12:28 Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.
Luk 11:20 Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.
2Kor 3:7 En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan,
2Kor 3:8 hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?
Amen
BybelWaarheid ( 1953 )
Groete
Hendrik van den Berg
Mosselbaai
Suid Afrika
henko1@vodamail.co.za
—————————————————————————————————————————————————
As jy af wilkom van my lys druk ” Reply ” plaas haalaf daarin.
—————————————————————————————————————————————————
Oorsprong van die Bybel: 2
———————————————————————————————————————————-
Laat die Skrif homself verklaar:
Gaan nou in, skryf dit op ‘n tafel in hulle teenwoordigheid en teken dit op in ‘n boek, dat dit kan bly vir later dae, vir altyd, tot in ewigheid. Jes 30:8
Jes 30:8 Gaan nou in, skryf dit op ‘n tafel in hulle teenwoordigheid en teken dit op in ‘n boek, dat dit kan bly vir later dae, vir altyd, tot in ewigheid.
Jes 8:1 Verder het die HERE aan my gesê: Neem vir jou ‘n groot tafel en skrywe daarop met ‘n mensegriffel: Netnou is daar buit, gou is daar roof;
Deu 31:19 Skryf dan nou vir julle hierdie lied op, en leer dit aan die kinders van Israel; lê dit in hulle mond, dat hierdie lied vir My ‘n getuie teen die kinders van Israel kan wees.
Deu 31:22 Toe het Moses hierdie lied op dié dag opgeskrywe en dit aan die kinders van Israel geleer.
Job 19:23 Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in ‘n boek opgeteken word—
Job 19:24 met ‘n ystergriffel en lood—vir altyd in ‘n rots ingekap!
Jer 36:2 Neem vir jou ‘n boekrol en skrywe daarop al die woorde wat Ek met jou gespreek het oor Israel en Juda en oor al die nasies, van die dag af dat Ek met jou gespreek het, van die dae van Josía af, tot vandag toe.
Jer 36:28 Neem vir jou weer ‘n ander rol en skrywe daarop al die vorige woorde wat op die eerste rol was, wat Jójakim, die koning van Juda, verbrand het.
Jer 36:29 En aangaande Jójakim, die koning van Juda, moet jy sê: So spreek die HERE: Jy het hierdie rol verbrand met die woorde: Waarom het jy daarop geskrywe en gesê: Die koning van Babel sal sekerlik kom en hierdie land verwoes en mens en dier daar uitroei?
Jer 36:30 Daarom, so spreek die HERE aangaande Jójakim, die koning van Juda: Hy sal nooit een hê wat op die troon van Dawid sit nie, en sy lyk sal weggegooi lê, bedags in die hitte en snags in die koue.
Jer 36:31 En Ek sal aan hom en sy geslag en sy dienaars hulle ongeregtigheid besoek; en Ek sal oor hulle en die inwoners van Jerusalem en die manne van Juda al die onheil bring wat Ek teen hulle gespreek het sonder dat hulle geluister het.
Jer 36:32 Toe het Jeremia ‘n ander rol geneem en dit aan die skrywer Barug, die seun van Nería, gegee; en hy het daarop uit die mond van Jeremia geskrywe al die woorde van die boek wat Jójakim, die koning van Juda, met vuur verbrand het; en nog baie dergelike woorde is daaraan toegevoeg.
Jer 51:60 En Jeremia het in ‘n boek geskrywe al die onheil wat oor Babel sou kom, al hierdie woorde wat oor Babel geskrywe is.
Hab 2:2 Toe antwoord die HERE my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees.
Jes 2:2 En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom.
Num 24:14 En nou, kyk, ek gaan na my volk toe. Kom, ek sal jou inligting gee, wat hierdie volk jou volk sal aandoen aan die einde van die dae.
Deu 4:30 As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister.
Deu 31:29 Want ek weet dat julle ná my dood gewis verderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat verkeerd is in die oë van die HERE om Hom deur die werk van julle hande te terg.
Job 19:25 Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
Jer 23:20 Die toorn van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan.
Jer 48:47 Maar aan die einde van die dae sal Ek die lot van Moab verander, spreek die HERE. Tot sover die oordeel van Moab.
Ese 38:16 en jy sal optrek teen my volk Israel soos ‘n wolk om die land te oordek. Aan die einde van die dae sal dit wees—dan sal Ek jou teen my land laat aankom, sodat die nasies My kan ken as Ek My in jou, o Gog, voor hulle oë as die Heilige laat ken.
Hos 3:5 Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die HERE hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die HERE en na sy goedheid in die laaste van die dae.
1Tim 4:1 Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang
2Pet 3:3 Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel
Jude 1:18 dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel.
Amen
BybelWaarheid ( 1953 )
Groete
Hendrik van den Berg
Mosselbaai
Suid Afrika
henko1@vodamail.co.za
—————————————————————————————————————————————————-
As jy af wilkom van my lys druk ” Reply ” plaas haalaf daarin.
—————————————————————————————————————————————————-