onvoorwaardelike liefde in die vaderhuis

Een van die belangrike “issues” waarmee ons worstel is die vraag: Aan wie behoort ek? Behoort ek aan God of behoort ek aan die wêreld?

Baie van die dinge waarmee ons daagliks besig is laat mens dink dat jy eerder aan die wêreld behoort as aan God. ‘n Klein bietjie kritiek maak my kwaad. ‘n Klein bietjie verwerping maak my depressief. ‘n Klein bietjie erkenning verdryf my neerslagtigheid. ‘n Klein bietjie sukses maak my opgewonde. Die gevolg hiervan is dat ons van die een punt na die ander hardloop en indirek vra: “Is jy lief vir my?” “Is jy regtig lief vir my?” “Wat kan ek doen om jou sover te kry om lief te wees vir my?”

Daar is natuurlik die wat oënskynlik geen probleem het met enige een van bogenoemde nie, met ander woorde wat nie sensitief is vir kritiek en nie op soek is na erkenning nie. Daar is egter die van ons wat hierdie dinge beleef. Dit is natuurlik moontlik dat hierdie dinge so kan handuit ruk, dat dit vir daardie persoon ‘n ernstige probleem skep. Maar, dit is nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor daardie mense wat wel ‘n behoefte het aan liefde, erkenning, waardering en bevestiging.

Die lewe wat ons lewe het ons geleer dat alle liefde in hierdie lewe voorwaardelike liefde is. “Ek sal jou liefhê as…”

Die huis van die Vader is einde laaste die enigste plek waar vergifnis en erkenning en liefde en aanvaarding sonder enige voorwaardes is. Maar, die moeilike deel van hierdie wete is om in die wete van onvoorwaardelike aanvaarding, vergifnis en erkenning so tot rus te kom, dat my behoefte daaraan in hierdie lewe geheel en al verdwyn, ongelukkig gebeur dit nie so maklik nie.

Die verhaal wat Jesus vertel oor die verlore seun(s) skets vir ons ‘n prentjie van die belewenis in die Vader se huis.

Nog voordat die seun vergifnis kon vra, het die Pa reeds die odprag gegee dat die fees voorberei moet word.

Ek wonder of hierdie jonger seun ooit weer ‘n behoefte aan erkenning, aanvaarding en vergifnis gehad het. Ek het nie ‘n antwoord daarop nie, maar ek weet dat die wete van die onvoorwaardelike liefde van God maklik ‘n glo-saak word, maar baie moeilik ‘n hart saak word.

Lewer kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s