Die Bybel beskou die offer van mense as ‘n sonde teen God en teen die mensdom. Hierdie gebruik was een van die redes waarom die KanaƤniete verdoem is.
Almal ken die gedeelte waar God Abraham se geloof toets deur van hom te vra om Isak te offer. (Genesis 12) Abraham se blindelingse gehoorsaamheid verstom ‘n mens telkens weer. Alhoewel dit sonder twyfel vir Abraham baie moeilik moes gewees het om te besluit om te gehoorsaam, was die offer van mense in Abraham se tyd nie so ‘n vreemde verskynsel nie en daarom het hy die moeilike keuse gemaak. Lees voort “godsdienste in bybelse tye”