Genesis 1-11 vertel baie verhale deur gebruik ge maak van geslagsregisters. Aan die einde van die Kain en Abel gebeure, is daar ‘n lys van agtien afstammelinge van Kaïn (Gen 4:17-22), deel van die lys voorvaders wat meestal ‘n nomadiese leefstyl (20) gevolg het; musikante (21) en metaalwerkers was (22). In Genesis 5 kry ons die nageslag van Adam wat ophou net voor die sondvloed. Die laaste is Genesis 10 waar alle mense op die aarde in drie lyste genoem word as die nageslag van elkeen van die seuns van Noag, gegroepeer volgens gesinne, taal, plek en nasionaliteit.
Dit is moontlik om die ouderdomme te neem en daarvolgens te bepaal hoe oud die aarde is, indien die ouderdomme bymekaar getel word dan het die skepping van die wêreld ongeveer 4004 v.C. plaasgevind. Lees voort “geslagslyste”