suid korea en christenskap

BBC NEWS het ‘n artikel oor waarskynlik die grootste gemeente in die wêreld: Yoido Full Gospel Church. Die bekendste leraar van die gemeente is Paul Yonggi Cho, wat veral in die tagtigs die wêreld vol gereis het en die kern van die teologie van die grootste gemeente in die wêreld verkondig het.

Die gemeente bestaan uit 750 000 lidmate en 200 000 mense woon op ‘n Sondag sewe eredienste by.

Hierdie woorde het my ernstig aan die dink gesit:

According to its senior pastor, Young-hoon Lee, the church has grown because it preaches about how becoming a Christian will have a positive, tangible impact on every believer’s life.

“Jesus will give us spiritual blessing, and prosperity, and physical health,” he says.

Volgens die artikel is daar ‘n paar kilometer verder ‘n ander benadering. Daar is ‘n Christene organisasie wat ‘n gratis gesondheidssorg kliniek bedryf waar veral migrasie werkers gehelp word. Net soos by Yoido Full Gospel Church is die mense daar ook daartoe verbind om die mense met wie hulle in aanraking kom, aan Jesus Christus bekend te stel.

“At our clinic, we spread the gospel. I’m not sure whether it’s because of their desperation – but when we talk about Christianity, about 95% accept it.

“We don’t refuse to give treatment because of their religion. We think God has given us a chance to provide help and serve people.”

Wat sê mens nou oor al hierdie dinge?

 

Lewer kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

Comments are closed.