skepping deur stryd in babilon (gen 1:26-29)

In die Neo-Babiloniese Ryk (626-539 v.C), was die vierde dag van die Nuwe Jaar’s feesvieringe die dag waar die opsê van Enuma-Elish, ‘n liturgiese teks wat verband hou met die skepping van die fisiese wêreld, die hoogtepunt was. Die oorspronklike gedig is gedurende die regeringstyd van Nebukadnesar (1133-1116 v.C) gekomponeer om Marduk as die goddelike heerser en vestiger van orde in die skepping te vereer.

Volgens die Babiloniese gedig , was daar voor die skepping van die wêreld net Apsu en Tiamat, die god en goding van vars en sout water. Apsu en Tiamat het geboorte gegee aan goddelike wesens en die geraas van hierdie jonger gode het hulle so omgekrap dat hulle beplan het om hulle kinders dood te maak. Maar, Ea, god van  wysheid, ontdek die plan en maak Apsu dood voor die slagting wat die twee gode beplan het, kan plaasvind.  Vanuit die dooie liggaam van die verslane god, bou Ea vir homself en sy vrou, die godin Damkina,  ‘n huis en daar word hulle seun. Marduk, gebore.

Intussen het Miamat ontdek dat haar man dood is terwyl haar vrede steeds versteur word deur die kinder-gode. Sy skep toe ‘n weermag van giftige monsters. Sy mobiliseer toe hierdie reuse weermag van haar onder leiding van Kingu om die jonger gode dood te maak en die dood van haar man, Apsu,  te wreek. Toe Ea van hierdie plan hoor, was hy baie bekommerd oor die veldslag wat op hande was. Al die jonger gode kom toe bymekaar om hulle lot te bespreek; almal was hooploos. Toe kom Marduk vrywillig na vore en bied aan om die gode te verdedig.

In die daaropvolgende veldslag is die weermag van giftige monsters verslaan en uitgewis en alles eindig by die dood van Kingu en Tiamat. Marduk verdeel die liggaam van Tiamat en skep daaruit twee hemele en een aarde, en uit die bloed van Kingu, skep Marduk mense.

Sekere aspekte van die Babiloniese skeppingsverhale toon ooreenkomste met die skeppinsgverhale in Genesis (Genesis 1:1-2:4) Die son en die maan word hanteer as fisiese, geskape entiteite en nie as gode nie. Lig word geskep voor enige ander voorwerpe. In die hemele is daar die son en die maan en die sterre wat die einde en die begin van die dag aandui en gebruik word om sekere feesdae te bepaal en die mens word aan die einde van die skepping geskep.

Tog is die teologiese verskille ook belangrik. In die Babiloniese verhale is die mens geskep as slawe vir die gode, sodat die gode nie meer hoef te werk nie. In Genesis het die mens in die oë van God, baie meer waarde en word geskep na die beeld van God vir ‘n verhouding van God. (Genesis 1:26-29)

Lewer kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

Comments are closed.