suid korea en christenskap

BBC NEWS het ‘n artikel oor waarskynlik die grootste gemeente in die wêreld: Yoido Full Gospel Church. Die bekendste leraar van die gemeente is Paul Yonggi Cho, wat veral in die tagtigs die wêreld vol gereis het en die kern van die teologie van die grootste gemeente in die wêreld verkondig het.

Die gemeente bestaan uit 750 000 lidmate en 200 000 mense woon op ‘n Sondag sewe eredienste by.

Hierdie woorde het my ernstig aan die dink gesit:

According to its senior pastor, Young-hoon Lee, the church has grown because it preaches about how becoming a Christian will have a positive, tangible impact on every believer’s life.

“Jesus will give us spiritual blessing, and prosperity, and physical health,” he says.

Volgens die artikel is daar ‘n paar kilometer verder ‘n ander benadering. Lees voort “suid korea en christenskap”

skepping deur stryd in babilon (gen 1:26-29)

In die Neo-Babiloniese Ryk (626-539 v.C), was die vierde dag van die Nuwe Jaar’s feesvieringe die dag waar die opsê van Enuma-Elish, ‘n liturgiese teks wat verband hou met die skepping van die fisiese wêreld, die hoogtepunt was. Die oorspronklike gedig is gedurende die regeringstyd van Nebukadnesar (1133-1116 v.C) gekomponeer om Marduk as die goddelike heerser en vestiger van orde in die skepping te vereer.

Volgens die Babiloniese gedig , was daar voor die skepping van die wêreld net Apsu en Tiamat, die god en goding van vars en sout water. Apsu en Tiamat het geboorte gegee aan goddelike wesens en die geraas van hierdie jonger gode het hulle so omgekrap dat hulle beplan het om hulle kinders dood te maak. Lees voort “skepping deur stryd in babilon (gen 1:26-29)”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑