die skepper god is nie die son of die maan nie

In Genesis 1:16 skep God die twee groot ligte wat die een in die dag sou skyn en die ander een in die nag. Die woorde “son” en “maan” is nie per ongeluk deur die skrywer weggelaat nie. Die skrywer was bewus daarvan dat die son en die maan twee van die mees prominente gode was wat in daardie tyd aanbid is.

In Egipte is die son geassoieer met gode soos Amon-Re, Re en Aton. Egipte het geglo dat Re die hemel en die aarde deur sy eie persoonlike mag geskep het. Nog ‘n Egiptiese God was Ptah, wat beskou is as die skepper van alle dinge. Ptah se twee oë was die son en die maan.

In Mesoptamië is die son god Semas aanbid as die een wat in besonder na die onderdruktes omgesien het. Nag is gesien as die ondergang van die son na die onder-wêreld. Antieke mense het tot die versteekte son gebid om tussen die lewendes en dooies te bemiddel.

Kanaänitiese aanbidders het die son geken as Semes. Die verskyning van die naam van die god in plekke soos Bet-Semes (1 Sam. 16:12) is ‘n aanduiding van die belangrikheid van Semes vir die Kanaäniete. Alhoewel hulle ook die maan-god aanbid het, was die maan-god slegs van sekondêre waarde in hulle menigte van goddelike wesens.

Die outeur van Genesis 1:14-19 wil baie duidelik die leser daarvan oortuig dat die Skepper van die heelal heeeltemal op ‘n ander vlak was as die son of die maan. Hulle is beide net twee minderwaardige ligte waarvan die een in die dag sou skyn en ander een in die nag. Niemand behoort hulle as gode te erken of hulle verwar met die een ware God nie. Hulle is slegs skepping van die Skepper God.

(Vertaling van ‘n gedeelte uit: Chronological Study Bible uitgegee deur Thomas Nelson)

Lewer kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

Comments are closed.