die skepper god is nie die son of die maan nie

In Genesis 1:16 skep God die twee groot ligte wat die een in die dag sou skyn en die ander een in die nag. Die woorde “son” en “maan” is nie per ongeluk deur die skrywer weggelaat nie. Die skrywer was bewus daarvan dat die son en die maan twee van die mees prominente gode was wat in daardie tyd aanbid is.

In Egipte is die son geassoieer met gode soos Amon-Re, Re en Aton. Egipte het geglo dat Re die hemel en die aarde deur sy eie persoonlike mag geskep het. Nog ‘n Egiptiese God was Ptah, wat beskou is as die skepper van alle dinge. Ptah se twee oë was die son en die maan.

In Mesoptamië is die son god Semas aanbid as die een wat in besonder na die onderdruktes omgesien het. Lees voort “die skepper god is nie die son of die maan nie”

Blog at WordPress.com.

Up ↑