fiela se ouma

Fiela bly saam met haar ouma op die hoek van Cunninhamlaan, oorkant die NG Kerk Waverley (Die gemeente waar ek dominee is). Die res van Fiela se familie bly in die Noord-weste. Fiela se ouma bly by die mense wie se huishulp sy is. Fiela se ouma sê die mense is goed vir haar want hulle laat Fiela toe om by hulle te bly, en as hulle vir haar kos gee dan gee hulle altyd vir Fiela ook.

Lena is huishulp in Cunninghamlaan 1263, die gemeente waar ons werk se huis waarin ons gesin, Lena (Sy is die oudste) en ek en Renate en René bly. Vir Lena is ek is Maruti en Renate is Ma-maruti. Elkeen van ons kinders het by Lena ‘n ander naam, ‘n troetelnaam. Andrea is “Alla”; Elané is Elanétjie;  René is “Nanie-Nel;, haar witbroodjie vir wie sy nooit kwaad word nie en vir wie sy enige iets sal doen, is Seuneman, ons seun Andries. Sy het saam gehuil die dag toe ons vir Seuneman in Rustenburg los en ons treki Pretoria toe. Sy het hom lank gedruk en gesê hy moet maar sy wasgoed saambring as hy vir ons in Pretoria kom kuier.

Ons is mekaar se mens. Een gesin.

Lena is ‘n sosiale tydbom. Die dag nadat ons getrek het, is sy die strate in en aan die einde van die dag het sy vir ons kom sê waar Checkers en Pick en pay is en dat die melk goedkoper is by Checkers, maar die brood  daar duurder is, maar goedkoper is by Pick en Pay. Maar, Lena het ook op die een uitstappie ‘n arsenaal van vriende opgebou.

Die dag wat die skool begin het, het Fiela se ouma, aangetrek in haar werksklere, want sy moet netnou gaan wasgoed was, ons in die voorportaal kom groet. Sy het iets gesê, en tot ons skande het ons gedink sy sê haar naam is Fiela en sy soek werk. Later sou ons agterkom dat sy eintlik gesê het sy is Fiela se ouma  en Fiela kom nou nou. Want, Fiela se dominee, die Jeugleraar in die gemeente, het vir drie meisies gesê die nuwe dominee se dogter kom en sy is in Graad 7 en hulle moet haar help om welkom te voel.

Fiela het kom aanmeld om die dominee se dogter welkom te laat voel.

Maar, die eintlik storie is: Donderdag toe vra René of Fiela Vrydag by haar kan kom kuier en ons stem in, want dit is een van René  eerste maatjies. DieVrydag-middag daag René en Fiela op en ek is oom Attie en Renate is tannie  Renate, en en René en Fiela kuier en Fiela help René om in te pak, want ons het ons afskeidnaweek op Rustenburg en ons gaan die aand na ‘n finksie toe en René sal agterbly om vir oulaas by een van haar maatjies te kuier..

Aan die etenstafel die middag sien ons hoe Fiela nie seker is wat sy moet doen nie. Ons sien net sy hou René dop, as René die broodjie in kwarte sny, dan doen Fiela dit ook; as René met haar hand vat dan doen sy dit ook. Want Fiela en haar ouma het nie ‘n tafel in die klein kamertjie waar hulle bly nie. Op die ou end het die twee baie lekker gekuier.

Saterdag-middag is ons by die huis en ons maak gereed om weer Rustenburg toe te ry, toe ons by die kombuisvenster uitkyk toe sit Lena met een van haar vriendinne op die gras en kuier. Lena deel haar middagete broodjie met die vriendin van haar. Hulle eet die broodjie en die sous (Lena se gunsteling)deur die broodjie in die sous te doop. Op die kombers sit ‘n klein dogtertjie, ‘n kleiner weergawe van Fiela. Fiela se ouma is een van Lena se vriende. Fiela se ouma het kom kuier.

Die vorige dag het Fiela by ons aan die tafel gesit, die dag toe sit Fiela se ouma saam met Fiela se sussie op die gras en hulle eet brood en sous saam met Lena. Vreemde wêreld.

Twee gesinne het vriende geword, ons gesin:  Lena (sy is die oudste) en ek en Renate en René het vriende geword met Fiela se ouma (sy is die oudste) en Fiela en Fiela se sussie en elke keer as ons mekaar sien verneem ons met ‘n glimlag na mekaar se welsyn. SOms speel Fiela saam met René in die huis, ander kere kuier René saam met Fiela op die kombers by haar ouma en Lena.

En nou geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. Enide grootste hiervan is die liefde.

Fiela se gesin, ons is life vir julle.

Advertisements

8 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

8 responses to “fiela se ouma

  1. meermin

    Het weer so ‘n Johannes my tuin man, ek is sommer baie lief vir hierdie mens, dierbare siel.

  2. Johan

    Middag Attie.

    Iet’s heeltemal van die genoemde onderwerp.

    Wat sal die tekens van die eindtye wees volgens die Bybel, sit dit vir my in eenvoudige Afrikaans.

    Sal ons die eindtye van die wereld raak sien?

    Die Bybel se God sal soos n dief in die nag kom? sal God nie eerder meer mense wil verf vir Sy Koningkryk voor Hy die finale beul laat blaas?

    Is dit moontelik, vir een oomblik dat God die mens op n ander manier sal probeer waarsku as deur die Bybel, m.a.w dalk in n eenvoudige manier soos deur n ander mens wat in ons tye leef?

    Johan.

  3. ding

    Johan, wat wie daai mens gaan glo? Is daar dan nie alreeds mense wie waarsku en beuels blaas en probeer vertel nie? En wat wie hulle glo, hmmm? Mense glo dan nie eers die Bybel nie? Mense glo dan nie eers vir God self nie! Ai. Neewat, elkeen sal op sy eie wysheid salig word. Ding weet jy het nou hierdie vir Doom kom vra, en Ding sal self graag Doom se antwoord doplet. Maar Ding wil jou net weer herinner: of ons sal raaksien? Hoe sal manman sien as manman nie eers kyk nie? Is dit moontlik, vra jy? Johan, jy weet mos enigiets is moontlik.

    DOOM – Doom, jy’t vir Ouding nou diep geroer. Jipja, Ouding is self oorbewus van daai. Klink soortgelyk aan hoe Ding grootgeword het. Anders, maar soortgelyk. En Doom – hierdie dinamiek wat Doom nou so beskryf, word presies raakgevat in die slotopmerking. Want dit is hoe dit hoort. Ding glo steeds onwrikbaar dat die kommunikasie tussen siele die fokuspunt behoort te bly.

    Grondgroete
    Ding (wanneer doen ons daai koffie en die gaan stap in die vroegmore, Doom? Ding is darem nou weer vir ‘n wyle in die omgewing…)

  4. Elanétjie

    hey dad dis beautiful!!!

    mwa love you!

  5. Dagsê Dominee Attie

    Liefde, seker die een en enigste begrip in die hele wêreld wat mense misverstaan. Tog is dit die sleutel wat ons baie keer orals vergeet en dan nie kan verstaan hoekom ons sukkel met vraagstukke in die ou lewe nie.

    Alles wat mooi en met vreugdevolle liefde gevul is vir julle.

    Groete

  6. Ek was bietjie lank weg. EK gaan nog reageer op daardie wederkoms onderwerp.

  7. Hoop om gou weer iets hier te lees…

  8. meermin

    Môre ds Attie wanneer kry ons ‘n nuwe inskywing?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s