ek is tot alles in staat

Daar is ‘n hele paar teksverse in die Bybel wat oorbekend is. Die gevaar met sulke oorbekende tekste is dat hulle dikwels buite konteks aangehaal en selfs misbruik word. Een so ‘n vers is Fillipense 4:13:

“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.”

Ek twyfel vir geen oomblik daaraan dat die Here wel vir sy kinders in staat stel om dinge te doen wat hulle gedink het onmoontlik is (Veral en in die heel eerste plek wanneer dit gaan oor die uitbreiding van sy koninkryk en die dikwels haas onmoontlike dinge wat gedoen moet word.) maar, hierdie teks is nie ‘n waarborg dat ek enige iets kan aanpak met hierdie “leuse” en dan kan verwag dat alles mooi en glad sal verloop nie.

Wanneer Paulus hierdie vers skryf, is dit in ‘n konteks waarin ons nie graag die vers sou wou gebruik nie, want die gedagte agter hierdie opmerking van Paulus is dat hy geleer het om in alles omstandighede tevrede te wees.

Dit is net hier waar dit moeilik raak.Paulus verwys na die verskillende tye in sy lewe. Met tye het hy meer as genoeg gehad, ander tye het hy te min gehad; Met tye was hy sterk gewees, ander kere was hy swak gewees. Maar, wat hy in al hierdie omstandighede geleer het, is om tevrede te wees.

Klink maklik.

Dit is maklik om tevrede te wees as ek vanaand gaan slaap en ek het genoeg gehad om te eet en ‘n warm bed om in te slaap. En ek mag dan ook tevrede wees, sonder om enigsins skuldig te voel teenoor die wat dit nie het nie.

Let wel, vir my is daar ‘n verskil tussen tevrede wees en jammer wees vir of empatie hê  met iemand wat minder as ek het. Die empatie en omgee behoort  altyd in ons lewens daar te wees. ‘n Mens kan ook nie sê tevrede het te make met dankbaarheid nie, want Paulous sê hy was ook tevrede in die tye toe hy genoeg gehad het om te eet én toe hy te min gehad het. ‘n Mens kan tog nie dankbaar wees vir te min nie, maar ‘n mens kan tevrede wees.

Om tevrede te wees in alle omstandighede is nie maklik nie, en daarom sê Paulus:

“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.”

Christus gee my die krag om in alle omstandighede tevrede te wees. Is daar dan enige iets in die lewe waar ek meer die krag van Christus nodig het as om in alle omstandighede tevrede te wees?

Wat dink jy?

6 thoughts on “ek is tot alles in staat

Add yours

  1. “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.” Hierdie woorde is so waar, my KRAG elke dag. Want sonder Christus se krag kan ek nie!

  2. Hi Doom
    Hierdie vers of woord krag word dan ook dikwels saam met die “Opstandingskrag van Jesus” gebruik of verduidelik. Is dit dan verkeerd?. Het ek die Krag nodig om in alle omstandighede tevrede te wees of sal ek krag ontvang as dinge te groot is wat ek soms moet “face”. Ek hoop dit maak sin.
    Groete
    Et

  3. Etienne: Nee, ek dink nie dit is verkeerdnie. Dit gaan vir my daaroor dat ons met tye die gedagte van ie opstandingskrag van Christus vir ons eie gewin gebruik. Ons het krg nodig om moeilike situasies te “face” maar ons kan dit gebruik om ‘n wedloop te wen ens. Maar, in die heel eerste plek gaan dit oor die bevordering van die saak van die Koninkryk.
    Se nou maar twee Christene tree aan vir dieselfde wedloop en beide gebruik die vers met die gedagte om die wedloop te wen en die een verloor, wat dan?

  4. Hi
    Dit is nou ‘n vers wat enige iemand kan gebruik en onthou. As jy motivering nodig het, kan jy dit vir jouself sê. Dis eintlik so ‘n ‘magtige’ vers, dit kan jou inspireer tot groter dinge.

  5. “Veral en in die heel eerste plek wanneer dit gaan oor die uitbreiding van sy koninkryk …”

    “… in die heel eerste plek gaan dit oor die bevordering van die saak van die Koninkryk.”

    How does an atheist respond to this without offending someone?

  6. “Christus gee my die krag om in alle omstandighede tevrede te wees. Is daar dan enige iets in die lewe waar ek meer die krag van Christus nodig het as om in alle omstandighede tevrede te wees?”

    Ek kan myself vereenselwig met jou interpretasie van hierdie teks.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: