ek is tot alles in staat

Daar is ‘n hele paar teksverse in die Bybel wat oorbekend is. Die gevaar met sulke oorbekende tekste is dat hulle dikwels buite konteks aangehaal en selfs misbruik word. Een so ‘n vers is Fillipense 4:13:

“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.”

Ek twyfel vir geen oomblik daaraan dat die Here wel vir sy kinders in staat stel om dinge te doen wat hulle gedink het onmoontlik is (Veral en in die heel eerste plek wanneer dit gaan oor die uitbreiding van sy koninkryk en die dikwels haas onmoontlike dinge wat gedoen moet word.) maar, hierdie teks is nie ‘n waarborg dat ek enige iets kan aanpak met hierdie “leuse” en dan kan verwag dat alles mooi en glad sal verloop nie.

Wanneer Paulus hierdie vers skryf, is dit in ‘n konteks waarin ons nie graag die vers sou wou gebruik nie, want die gedagte agter hierdie opmerking van Paulus is dat hy geleer het om in alles omstandighede tevrede te wees.

Dit is net hier waar dit moeilik raak. Lees voort “ek is tot alles in staat”

motivering 2

Motivering sprekers is groot in die tyd waarin ons lewe. Soos gister se 40 “speeches” in 2 minute wys, is dit veral in die rolprente wat motiveringstoesprake gebruik word. Natuurlik is dit toesprake wat spesiaal deurdink en deeglik ingeoefen is, maar steeds kan jy verstaan waarom dit mense motiveer wanneer jy daarna kyk.

Motivering bring ‘n mens by ‘n besluit, dikwels ‘n emosionele besluit, maar “the proof of the pooding lies in the eating.” – Die besluit moet op die speelveld van die lewe ‘n verskil maak, anders is dit maar net leĆ« woorde.

Hierdie “speech” van Al Pacino is waarskynlik een van die bekendstes, maar steeds na my mening ook een van die bestes. Lees voort “motivering 2”

Blog at WordPress.com.

Up ↑