ons is nie op afstandbeheer nie

Ek was aangenaam verras toe Piesangverkoper (Alias Bertus) gister by ons in die erediens opdaag en hy hom na die tyd aan my kom voorstel. Ek was ook aangenaam verras toe ek sy persoonlike belewenis van die erediens en my preek op sy blog gelees het.

In die preek het ek hierdie “gelykenis” vertel om ‘n sekere punt te verduidelik.

Toe ons seun Andries, ‘n seuntjie was, het hy ‘n afstandbeheer karretjie gehad. Wanneer hy met die karretjie speel het hy het die kontrole in sy hand gehou en het hy  besluit waar en wanneer en hoe vinnig en of die karretjie daarheen

Met tye was daar soveel ander speelgoed waarmee hy gespeel het, dat hy vir dae lank glad nie daarmee gespeel het nie. Einde laaste het hy verveeld geraak met die karretjie en later het dit op die ashoop beland.

Ander kere het hy soms so half en half afwesig met die kontrole gespeel terwyl hy met die een oog, soms met altwee oë, TV gekyk het.

Andries was in beheer van die karretjie en die karretjie het geen “sê” gehad in waarheen hy gaan of enige iets anders wat hy gedoen het, hy was geheel en al uitgelewer aan die wil en giere van sy “meester”.

Die Here werk nie met ons so nie. Die Here het ons nie op afstandbeheer waar ons geen sê het in waarheen ons gaan en wat ons doen  sodat ons uitgelewer is aan Sy wil en giere nie. Hy het ons met ‘n vrye wil gemaak.

Hy bring ons dikwels voor kruispaaie waar ons moet besluit watter een van die kruispaaie ons gaan vat, maar dit bly nog steeds ek en jy wat moet besluit.

In ons verhouding met die Here, kan ons nooit sê dat ek nie anders kon nie, ek moes net eenvoduig doen wat die Here wou gehad het ek moet doen nie. Ek dink selfs mense gee met tye die Here die skuld vir hulle eie swak besluite en keuses.(Alhoewel alle regte keuses en besluite wat ons maak nie noodwendig altyd uitwerk soos ons gedink het nie, beteken nie daardie besluite was verkeerd nie. Ons werk met onvoorspelbare mense en onvoorspelbare gebeure.)

In enige besluit (soos byvoorbeeld my skuif na Waverley) moet ‘n mens die verskillende moontlikhede teen mekaar opweeg. Die leiding van die Heilige Gees het vir ons beteken dat ons nie van die faktore sou miskyk nie en dat Hy ons in ons oorweging en nadink moet lei. Op die ou end het ons die besluit geneem en glo ons dat daardie besluit binne die wil van die Here was en is ons bereid om met die gevolge van daardie besluit saam te leef. Die besluit gaan natuurlik nie altyd oor die meeste voordele het nie, indien dit net oor voordele en nadele gegaan het, sou ek en Renate nie die besluit geneem het nie.

Elkeen van ons staan dikwels voor besluite wat ons moet neem, hou in gedagte die Here het jou met ‘n vrye wil en gesonde verstand geskep en geseën het. Vertrou Hom om jou te ly en jou te help om die regte dinge raak te sien en reg te redeneer en waar nodig objektief te kyk na jou situasie. Maar, die besluit by joune.

Dalk word Hy juis verheerlik wanneer ons dit wat Hy vir ons gegee het gebruik om besluite te neem.

4 thoughts on “ons is nie op afstandbeheer nie

Add yours

  1. Jy vat dit baie goed saam hier. Attie. Mens neuk so maklik op en dan wil jy glo die Here kon jou keer of dit was die Here se wil. Maar soms weet ons baie goed wat die Here se wil sou wees, maar nogtans vat ons die ander afdraaipad. Dis net so wonderlik dat Hy ons maar elke keer weer toevou in Sy genade wanneer ons besef het ons het eintlik ons eie kop gevolg en terugdraai na Hom toe.

  2. Sjoe ds Attie dit is so waar, GOD beheer ons nie met ‘n “remote control” nie, jy doen soos wat jy goed dink, al is daar soms ‘n stemmetjie wat jou waarsku !!

  3. Dagse Attie

    Eerstens baie welkom in Pretoria en mag die “nuwe”uitdagings jou nog meer laat groei in God.

    Baie dankie dat jy bereid is om op jou blog dinge te bespreek wat so baie mense nie verstaan of bereid is om oor te praat nie.

    Ek dank die Vader dat Hy jou die wysheid en insig deur die Heilige Gees gee om jou bereidwilligheid te versterk tot Sy eer.

    Genade, vrede, geluk, liefde en voorspoed is my wens en gebede vir julle.

    Groete

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: