‘n gelykenis – lig in die donker

Die verhaal word vertel van die verlamde seuntjie wat in vroeër jare, toe verlamde mense nog nie so mobiel was nie, feitlik al sy tyd by sy venster gesit en uitkyk het. Een aand het hy opnuut weer raakgesien hoe ‘n man die straatligte voor sy venster aansteek.

Op daardie stadium was daar nog nie elektrisiteit nie, so die straatligte moes met die hand aangesteek word deur ‘n lap wat in lampolie gedoop is, aan die voorpunt van ‘n lang stok te sit en dan elkeen van die straatligte aan te steek. Toe sy verpleegster  by hom kom om hom gereed te maak vir die nag, vra  sy waarna hy so aandagtig kyk, het hy gesê: EK kyk hoe daardie man gate in die donker steek.

Volgelinge van die Here Jesus is geroep om hulle lig in hierdie donker wêreld te laat skyn, of dan nou in die lig van bogenoemde beeld (metafoor), gate in die duisternis te steek.

Dit is die maklikste ding om tussen ander Christene te leef en daar  die indruk van ‘n getroue volgeling van die Here Jesus  te skep. Die uitdaging lê daarin om die veilige omgewing van die “lig” te verlaat en in die “duisternis” te betree en dan daar as lig in die wêreld  en vir die wêreld te leef, om so te leef dat ander mense jou sal beleef as ‘n getroue volgeling van die Here Jesus.

Ons mag nooit vergeet dat Judas almal behalwe die Here Jesus daarvan  oortuig het dat hy ‘n getroue volgeling van die Here Jesus is. Ons getrouheid aan die Here Jesus word nie gemeet aan hoe ons tussen ander Christene optree nie, maar juis hoe ons tussen ongelowiges en onverskilliges leef.

Inderdaad “maklik” om Christen tussen Christen te  wees.

Moeiliker om in die donker gate in die donker te steek.

Laat julle lig so voor die mense skyn dat hulle julle goeie werke kan sien.

5 thoughts on “‘n gelykenis – lig in die donker

Add yours

  1. Hi Doom
    Ons het net gisteraand oor hierdie ding gepraat en vir mekaar gesê dat jou lewe (nie noodwendig wat jy sê nie) moet ‘n verskil in hierdie wêreld maak. Ek het onlangs die DVD gekyk – “Come what may” en dit was WEER vir my aanmoediging om maak saak wat die wêreld doen nie maar volgens Romeine 12:2 nie gelyk te word aan die wêreld nie maar “altyd” die regte dink te doen. Ek is seker so druk ons ook gate in die donker. Dankie hiervoor. Groete aan Renate

  2. Etienne: Meeste van die kere is dit eerder dit wat ons doen as dit wat ons se wat lig in die duisternis bring. Ons mis julle. Stuur asb groete vir almal.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: