spoorsny en dissipelskap

Ek was in die sewentigerjare in die weermag, ‘n infanteris en spoorsny was deel van my opleiding.

Solank as wat daar ‘n duidelike spoor is wat in die sand getrap is, is dit baie maklik om spoor te sny. Mens sit sommer voor op ‘n Land Rover en sny die spoor, maar, wanneer die terrein ‘n bietjie harder word, word dit al hoe moeiliker om die spoor te sny, met die gevolg dat dit nie net baie stadiger gaan nie, maar ook dat dit baie meer aandag en konsentrasie verg. Nou moet ‘n mens baie nader aan die grond kom. Dan soek jy na geringe tekens dat iemand daar beweeg het. ‘n Klippe wat uit sy plek is; ‘n blaartjie wat deur ‘n rugsak van ‘n struik af geskuur is; ‘n takkie wat geknak  is. Soms moes jy weer en weer seker maak dat jy reg gesien het en ander kere moet jy iemand anders roep om saam met jou te kyk of dit wat jy sien regtig is wat jy dink jy sien.

Dit gaan baie stadig, maar dit is beter om te stadig te beweeg as om vinnig te beweeg en op ‘n dwaalspoor te gaan, die sukses van die operasie het baie kere afgehang van hoe akkuraat die spoor gesny kan word.

In Johannes 5 sê Jesus dat Hy niks op sy eie kan doen nie, maar dat Hy net kan doen wat Hy die Vader sien doen, dit geld natuurlik vir ons ook. Die Here stuur ons uit om sy volgelinge te wees en sodoende deel te wees van dit waarmee Hy reeds in die wêreld mee besig is.

Daardie onderskeiding is nie altyd so maklik nie. Die maklikste manier is om te veronderstel dat ons weet waar die spoor langs loop, en dan op daardie spoor te loop, maar intussen raak ons letterlik “die spoor byster”. Wanneer dit gebeur, dan kom ons baie kere op die punt waar ons nie kan verstaan dat dit wat ons doen nie die seën van die Here geniet in die sin dat ons pogings nie slaag nie.

Elke volgeling van die Here Jesus moet leer om op God se spoor te lewe. Met oop ore en oop oë, sodat ons kan hoor en kan sien waar die Vader aan die werk is en dan deel kan word van dit waarmee die Vader reeds besig is.

Hy maak vir ons die paaie gelyk.

Hy loop voor.

Ons moet net volg.

4 thoughts on “spoorsny en dissipelskap

Add yours

  1. Hi Ds. Attie.

    Dan is die gevaar ook daar dat die spoorsnyer, sy kollegas in ‘n lokval kan ly. So ook, indien jy aan die hoof van ‘n huishouding staan, is dit nie net vir jouself nie, maar ook vir jou familie om hulle die regte spoor te wys.

    Groete,
    Jaco

  2. Goeiedag ds Attie toe het die blog gogga my ook weer gebyt … ek glo mens se verhouding met GOD moet te alle tye reg wees, HY is daar vir ons, HY dra ons in moeilike tye, HY vee ons trane af, HY wys ons die weg!! Al wat jy moet doen is, LIG OP JOU HANDE, BID, GLO, PRAAT MET GOD !! God het my weer gehelp, en danksy my geloof in GOD gaan ek aan met my lewe !!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: