‘n Gelykenis is wanneer ‘n mens ‘n beeld of ‘n storie gebruik om mense te help om ‘n saak beter te verstaan. Soms gebruik ek gebeure uit my eie lewe, ander kere is dit sommer net ‘n opgemaakte storie wat nie regtig gebeur het nie. Hierdie gelykenis is een van daardie wat nie regtig gebeur het nie.
Met Jesus se hemelvaart, het ‘n groepie engele Hom net agter die wolkehemel waar die dissipels nie meer kon sien nie, Jesus ingewag. Die volgende is ‘n (fiktiewe) gesprek wat tussen Jesus en die engele plaas gevind het:
Engele:
Meester, was U sending suksesvol?
Jesus:
Ja, My sending was suksesvol, mense sal gered word en met God en met mekaar versoen word.
Engele:
Maar hoe sal die boodskap by die mense uitkom?
Jesus:
Daardie elf dissipels sal die boodskap na die hele mensdom toe neem deur dissipels van al die nasies te maak.
Engele:
Sê nou die plan werk nie?
Jesus:
Daar is geen ander plan nie.
Die Here se manier waarop die boodskap van verlossing deur God se liefde en genade die wêreld sal bereik is mense. Onvolmaakte, sondaar mense wat dikwels foute maak en baie keer selfs die boodskap wat verkondig word skade doen en vir die Here ‘n verleentheid is. Maar daar is nie ‘n ander plan nie.
Vandag is dit twee duisend jaar later. Ek en 2.1 miljard ander Christene.Die plan het tog in ‘n sekere sin gewerk.
Dalk is onvolmaakte mense juis deel van God se werkswyse, sodat ander onvolmaakte mense kan besef dat dit nie net volmaakte mense is wat gered word nie.
Daar is geen ander plan nie.
Attie, wat ‘n vrede kom nie oor ‘n mens as mens besef dat God sulke wesies soos ons kan gebruik om Sy Koningkryk, Evangelie en Glorie te verkondig nie.
Ek het eendag na ‘n preek van Gary Kieswetter geluister waar hy praat oor die donkie wat Jesus laat haal het, en die boodskap is dat “Jesus die donkie nodig gehad het”. So ook het Hy elkeen van ons nodig, selfs in ons verslonsde staat waarin ons beweeg elke dag! Dis ‘n voorreg om te weet dat Hy my genoeg ag om Sy boodskap aan die wereld te verkondig.
Dankie vir jou “gelykenissie”. Dit praat tot hier diep binne in ‘n mens.
Groetnis, en geseende week vir julle
Leana
Inderdaad – almal is bruikbaar.
Dagse Attie
Dankie vir die onthou dat die mens nie volmaak hoef te wees om deur God gebruik te kan word nie. Jy moet net bereidwillig wees om die werk te wil doen.
Jou skrywes dien as inspirasie vir ander, dankie daarvoor.
Groete
Ek is dikwels die persoon wat die minste volmaak is, tog…