jona – god bly op my spoor

Die boek Jona lok dikwels baie gesprek uit as gevolg van die groot vis wat vir Jona inggesluk het en weer op die strand uitgespoeg het.

Die algemene redenasie is dat dit die vis nie kon bestaan het nie, en daarom word die geloofwaardigheid van die boek – en soms die Bybel – bevraagteken. Ek is daarvan oortuig dat die boek Jona wel ‘n boodskap het wat ons dalk kan mis indien ons die baba saam met die badwater uitgooi.

Daar is net twee verse in die boek waarin daar na die vis verwys word, maar die rol van die vis in die boek moet nie onderskat word nie.

Na my mening is daar twee maniere waarop daar na die boek Jona gekyk kan word. Lees voort “jona – god bly op my spoor”

god in die klein dingetjies

Ek glo in God. Ek glo dat God ons gemaak het om in ‘n verhouding met Hom te lewe, en dat hierdie verhouding ‘n verhouding van wedersydse liefde is, waar ek deur my gehoorsaamheid my liefde vir God wys en dat ek God se liefde op verskillende tye op verskillende plekke in my lewe beleef.

Is “detail” vir God belangrik?

Is die fyner besonderhede van my lewe vir God belangrik?

Ek worstel eintlik met hierdie vraag, maar dalk is dit nie nodig nie. Hoe belangrik is die kleiner dingetjies in ons lewens vir God? Sien ons God dalk op plekke waar ons Hom nie behoort te sien nie?

Bv. My dogter het aansoek gedoen vir Universiteit en ook vir ‘n plek in drie koshuise van haar keuse. Lees voort “god in die klein dingetjies”

dankbaarheid

Ek lees Genesis 32, daardie baie bekende gedeelte oor Jakob by die Jabbok toe hy oppad is om sy broer Esau, wat hy by meer as een geleentheid lelik om die bos gelei het, te “face”.

In die Jabbok is hy doodsbenoud, hy het alles moontlik probeer, maar Esau is met 400 man op pad na hom toe. Lees voort “dankbaarheid”

INTUSSEN

Dit is ‘n baie lang tyd sedert ek ‘n koppie koffie hier by die tafel kom drink het in die hoop dat iemand verby sal stap en ‘n koppie saam sal kom drink. Intussen het daar soveel dinge gebeur, sommige dinge lekker en goed en ander dinge sommer net iets wat jy wens nooit gebeur het nie.

Ons het ‘n baie moeilike en emosionele saak gehad wat ons as gesin in die gesin moes deurwerk. Lees voort “INTUSSEN”

Blog at WordPress.com.

Up ↑