ons kinders is broos – baie broos.

Kinders kry maklik seer.

Twee van my kinders is in die laaste tyd deur volwassenes seer gemaak tot op die punt dat hulle in trane was omdat hulle weet dat hulle dit nie verdien nie en omdat die onderwysers eers voor die tyd en na die tyd oneerlik was om hulleself te beskerm. Hierdie volwassenes is ongelukkig onderwysers.

Laat my eers hierdie opmerking maak: Vir die oorgrote onderwysers het ek onbeskryflik baie respek. Hulle verstaan hulle werk en hulle roeping as opvoeders; hulle verstaan die broosheid van die kinders wat aan hulle toevertrou is en tree op as verlengstukke van sommige ouerhuise; as die enigste vastigheid in die lewe van ander; as ‘n wonderlike rolmodel vir ander en as die enigste opvoeder in kinders se lewens.

Tussen die plaaslike laerskool en hoërskool waar ons kinders deur is, is daar meer as 100 onderwysers. Van daardie 100 sou ek sê dat 95 in hierdie groep val wat ek hier bo beskryf, manne en vroue wat ‘n redelik karige salaris verdien en baie meer gee as wat van hulle verwag word, waarvoor hulle vergoed word en deur ouers waardeer word.

Die ander vyf is ongelukkig in ‘n kategorie wat ek nie weet of hulle self verstaan waarmee hulle eintlik besig is nie en of hulle enige iets van opvoeding verstaan nie. Hulle gee nie om dat hulle kinders selfsugtig benadeel ten einde hulle eie agenda te dryf nie. Jy kan hulle nie konfronteer nie, want hulle sal dit wat jy sê in die eerste plek ontken en dan in die tweede plek die volgende dag op jou kind wreek. Ons het selfs al by geleentheid met ‘n hoof daaroor gaan praat en die volgende dag is ons kind daarvan bewus gemaak dat sy weet dat dit ons was wat by die hoof was, subtiele teistering – nodeloos om te sê dat dit die vak was waarin my kind meer as tien persent minder gekry het as enige een ander vak.

Ek sou ook die teenoorgestelde kan sê van ‘n ander hoof wat met baie begrip na ons geluister het, die saak reggestel het en my gekontak het nadat hy die saak hanteer het, ongelukkig het die onderwyser nooit verander nie. Dit is juis daardie onderwyser wat my hierdie “post” laat skryf.

Ouers is dikwels magteloos en uitgelewer aan sulke wreedheid en al wat ons kan doen is om ons kinders moed in te praat en te help om waardevolle lesse uit so ‘n situasie te leer. Daarmee saam leer ons graag ons kinders dat hulle respek vir volwassenes moet hê en dat ons nie graag kant kies tussen hulle en die onderwysers nie.

Daar kom egter ‘n tyd dat ‘n mens ook vir jou kinders moet verduidelik dat die onderwyser wat hulle so doelbewus af breek en emosioneel verkrag, deel vorm van hierdie vyf persent. Indien ons dit nie doen nie, gaan twee dinge gebeur, eerstens gaan hulle dink alle onderwysers is so en tweedens gaan hulle respek nie net vir onderwysers verloor nie, maar ook volwassenes verloor.

Die derde risiko is egter vir my die grootste. Ons kinders gaan begin glo dat ons stilswyend hierdie dinge toelaat en staan en toekyk hoe hulle emosioneel geteister word en die moontlikheid van ‘n lelike letsel op die kind se lewe is nie uitgesluit nie.

Op ‘n stadium raak die prys te duur.

Ek het onbeskrylik baie respek vir onderwysers vir die werk wat hulle doen en die baie lang ure wat hulle werk, daar is egter die klein prestasie vir wie ek geen respek het nie, en ek sal my kinders ook leer dat sulke mense nie hulle respek verdien nie.

7 thoughts on “ons kinders is broos – baie broos.

Add yours

  1. ek moet se, dis i baie teur saie waar aan ons nou raak, en ek self is al telkemale deur die selfde sitiuasie… it word egter nie makliker in “grootmens lewe” nie, en die klem le op die veit dat ons altyd moet opkyk en posetief bly hetsydit skool of werkplek is. mens kom gewoonlik sterker daar uit.dankie tog vir ouers, hheheheheh(onersteuning!!!)

  2. Toe my seun in so St8 was, het n onderwyser wat maar altyd op hom gepik het hom hoof toe gevat , die hoof vra toe vir elkeen om hulle kant van die saak te stel. Toe die onderwyser iets sê wat nie waar was nie, sê my seun: “Maar meneer lieg mos nou, dis nie wat gebeur het nie”. Daardie einste onderwyser was ook maar n anderse ene, almal het van sy ongeskiktheid geweet. Hy het na daai onderonsie my seun uitgelos.

    Omdat ek altyd so bang en skaam was, het ek my kinders geleer dat hulle nie moet toelaat dat grootmense op hulle trap nie, en dat nie alle grootmense altyd reg en eerlik is nie.

  3. Ek pak die bul summier dadelik by die horings. Ek het my kinders reg grootgemaak. Ek leer hulle om volwassenes (en mense in die algemeen for that matter) te respekteer en ordentlik en gemanierd op te tree, MITS die tmens met wie hulle te doen het dit verdien. MAAR, my kind is juis dit: ‘n kind. Hy maak staat op my beskerming en ek sal nie huiwer om ‘n ding aan te spreek nie. Ons sit nie lank en bespreek oor en weer onnies wat sus of so is nie.
    Ek doen die moeite om met ‘n oueraand ook die onnie bietjie te ‘interview’. ‘n Moeilike onnie kry so ‘n vragie: “dis seker vrek moeilik om sovéél uiteenlopend opgevoede kinders mee huis te hou nê?” of “ek’s seker julle onnies móét geroepe voel, want die vet weet ek sou nooit een kon wees nie…” – Dis maar die eerste treetjie – gewoonlik reageer hulle nogal postitief daarop – en op ‘n manier waardeer hulle tog maar ook ‘n bietjie empatie, want ja, daar’s baie mense wat sê dit was sy/haar keuse om ‘n onnie te word – hulle moenie nou kom kla oor stress en kinders en en nie… maar ek het ook geword wat ek wou – en go my, dis nie aldag ‘n droomjob nie – en ‘n kind word sometimes just gets us that much further…
    As daardie approach nie werk nie – en ek dus nie ‘n ‘connection’ kan maak met die onnie nie, dan loop spreek ek die ding aan. Maak ‘n afspraak, gaan sien die hoof. As daar reperkussies is en die kind word ge-target, sit ek dit op skrif, en die hoof en onnie kry elkeen ‘n kopie, waartydens ek (afhangende van die erns van die saak) al ‘n kopie vir die onderwys departement ook deurstuur. Dan storm ek. Dan sweet-talk ek nie meer nie.
    Ai Attie, al wat ek sê is wat ek maar aldag vir ammal om my preek: Any person who lashes out (even if for seemingly ‘no reason’ at all, het heel waarskynlik ‘n moerawiese eina waarmee hy/sy rondloop en die meeste mense reageer net beter op ‘n gentle woord dan op ‘n ‘aanvat’ – en ongelukkig is die meeste van ons aanvatters en padskrapers – ek weet baie beslis jy is nie en ek glo julle bid ook oor die saak, maar as jy die saak nie opgelos kan kry op ‘n beskaafde wyse nie – vat dit vas en draai dit nek-om, want soos reeds gesê: ‘n kind is ‘n kind en jy as sy ouer is sy anker en jou grootste verantwoordelikheid teenoor hom totdat hy eendag self volwasse is, is om hom ten alle koste te beskerm en te lei SODAT hy juis self ‘n well-balanced, selfrespecting en kind en caring volwassene kan word.
    So, my advice, ds. : Sá! Vat hom, fluffy!!! 😉

  4. Onderwysers kan definitief ‘n groot verskil maak – ek onthou as 42-jarige volwassene nog steeds sekere goed wat onderwysers gese het of gedoen het wat in my oe nie reg was nie. Hopelik hou kinders nie slegte goed oor nie, maar maak dit hulle sterker – dit kan ook enige ander volwassene gewees het – nie net onderwysers nie. Hulle gaan dit nog duisend maal in hul lewens ervaar, maar sal as volwassenes dalk dit beter kan hanteer. Vir ‘n jong kind is dit nog moeilik om te hanteer. Ons het ‘n verantwoordelikheid om ons kinders te leer hoe om sulke situasies te hanteer – dit is verskriklik moeilik, selfs al is jy ‘n volwassene … Agter daardie onderwyser staan waarskynlik ‘n verskriklik onseker persoon met baie seer en probleme en dalk jaloesie of iets in sy/haar eie lewe, wat dit op ons arme kinders uithaal …. Ons kan maar net bed vir hulle …. en dat die onderwysersopleiding hierdie tipe ding sal aanspreek.

  5. Liewe Attie, hoe graag sou ons nie ons kinders teen hierdie seer wou beskerm nie, maar dit sou hulle die vaardighede om soortgelyke situasies in die volwasse-lewe positief te benader ontneem. Duur skoolgeld maar, as hulle dit kan verwerk en oorkom, word dit ʼn lewensbootjie in die stormagtigesee van die onperfektewêreld waarin ons leef.

    Jy is bevoorreg dat jou kinders dit met jou gedeel het, want nou het jy die voordeel om volgens Christelike meetsnoere en maatstawwe te probeer voorkom dat dit hulle menswaardigheid skaad.

    Agter die meeste ‘lashing out at others’ lê ʼn diepgewortelde onverwerkte seer; daarom leer die Skrif ons om te bid vir ons vyande. Ek twyfel nie dat die Heilige Gees jou hierin sal lei nie.

  6. Ek het almal sin nou gelees,maar niemand vra die vraag op as die Hoof ook betrokke is nie.
    Wat ek daar by bedoel is as jou kind kom en se dat die sekere onderwyser op haar\hom pik en ek bedoel pik,want sy doen net een ding verkeerd dan word dit geraas met haar,maar dan kom n ander kind doen die selfde,maar niks word dan gese nie.En indien jy na die Hoof to gaan dan sal hy eder vir die onderwyser op staan en jou heeltemal dood praat en se dit is die kind se skuld en nie die onderwyser sin nie.Nou wat moet n mense se omtrent dit as dit nou gebeur en dan word jou kind nog n jaar agter gehou,omdat jy die onderwyser aangevat het,wat ek dink dit is baie onregverdig teenoor die kinders in die skool.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: