Ek en Renate is in 1994 getroud en op daardie stadium was sy reeds die orrelis by NG Bergsig. Ek was op daardie stadium nie in die bediening nie, maar is toe weer in 1997 toegelaat tot die bediening. In 1998 het ek as deeltydse predikant in die gemeente begin werk en in 2005 het ek voltyds predikant geword. Ek is nou alreeds 22 jaar in Rustenburg en dan deel van NG Bergsig ook.
Ons het nou ‘n beroep na Waverley gemeente in Pretoria aanvaar en ons begin 1 Augustus daar.
Iemand vra in hierdie week vir ons wat dit is wat ons sal onthou van die jare wat ons in Bergsig was. Daar is soveel dinge wat vir ons uitstaan, dat dit vir ons moeilik is om uit te sonder. Dit was vir ons baie lekker om die selgroepe in die gemeente af te skop en daaraan te werk. Die werk met die selleiers was ‘n vir my ook ‘n wonderlike groei geleentheid gewees en het vir my die kans gegee om weer my voete in die bediening te vind.
In 2004 het ek weer die geleentheid gekry om met die tieners te wer, iets wat ek nie gedink het ek ooit weer sou doen nie, maar op die ou end ‘n wonderlik bevredigende tyd in my bediening.
Sedert 2005 het ek en Renate saam die gemeentesang gelei en daar is min gemeentes wat deur musiek en sang kan aanbid soos Bergsig.
In 2oo7 het die kerkraad ook besluit om die groter deel van die prediking vir my te gee, wat my gehelp het om my sterkste gawe verder te ontwikkel.
Maar, in ‘n gemeente gaan dit oor verhoudings. Ons wens ons kon sê dat daar in hierdie vyftien jaar in die gemeente net goeie verhoudings was, maar dit sou nie waar wees nie.Maar, ons het doelbewus in hierdie laaste drie maande die seerkry eenkant toe geskuif sodat ons die mooi kan onthou.
Ons het baie kosbare vriende gemaak wat in goeie en slegte tye saam met ons geleef het, vriende wat ons nooit sal vergeet nie en wie se herinneringe ons altyd sal koester en met wie ons kontak sal hou. Daar was veral die vriende wat altyd bereid was om die waarheid met ons te praat.
Daar is egter twee gebeure wat vir ons uitstaan en dit is die twee Fokus 40 (Rick Warren se “Purpose Driven Life” en “Better Together”) geleenthede. Ons was elke keer oorweldig en verbaas oor die reaksie van die gemeente en die manier waarop daar gereageer is op die oproep om betrokke te raak. Met elkeen van die veldtogte het die kleingroepe verdubbel .
Tydens die eerste Fokus 40 het ons 14 000 groentetuine in ‘n week se tyd in die plakker gebiede rondom Rustenburg geplant. Tydens die tweede veldtog was daar ongeveer 30 projekte waar nood verlig en hulp verleen is. Elkeen van die projekte is deur ‘n kleingroep begin en oor 40 dae in stand gehou is, sommige van hulle is vandag nog steeds aan die gang. Tydens dieselfde geleentheid het ons vir ses weke vir 120 gesinne wie se kinders by diue skole kos gekry het, elke week kos gevat.
As alles gesê is, is die een ding wat gesê moet word dat die Here op ‘n baie besondere manier aan die werk was en is en in die toekoms ook sal wees. Bergsig het sonder twyfel die potensiaal om ‘n baie besondere instrument in God se hand te wees. Met so ‘n gemeente wat so gewillig is om gehoorsaam te wees wanneer die Here roep, kan dit ook nie anders nie.
Soli deo gloria: Aan God alleen die eer.
Daar is baie mooi onthoudinge wat jou ewig sal bybly en ek hoop julle gaan baie gelukkig wees in Waverley. Mag die Here hierdie roeping van jou seën en daar nog vele lewens omdraai na Hom wat die Weg en die Waarheid en die Lewe is.
Attie, soms is ons so gewillig om liefde uit te dra, maar dit word nie altyd in dieselfde gees ontvang nie, dan moet mens aanbeweeg en eendag onverwags skiet die Heilige Gees wortels in lewens waar jy soms onwetend die goeie saad gesaai het.
Ek het so baie by jou geleer, veral om te erken as mens nie oor al die kennis kan beskik nie. Dankie daarvoor.
Sterkte vir jou nuwe pad vorentoe en ek is seker die Here sal jou talente bly gebruik tot verryking van andere. 🙂
Attie, ek is jammer maar ek dink jy het toetaal beheer verloor van jou lewe. Moenie jou geloof adverteer nie, asseblief.
Mefri: Baie dankie vir jou woorde. Ek waardeer dit baie.
BiB: Ons is daarvan oortuig dat dit is waar die Here ons volgende gebruik.
Andrew: As dit jou pla dat ek my geloof adverteer hoef jy nie hier te kom lees nie.
Ja ek weet Attie … ek is net geskok oor die dinge wat ek hier gelees het. Totsiens, ek is uit jou lewe.
Ek voel so bietjie sleg dat ek jou voordeur afgeskop het met my eerste hallo se^.
Forget what I said, just stay away from my children.
Andrew
Jy het nie eers kinners nie – laat waai, meraai en los Attie uit! Attie is ‘n herder en jy het reeds besluit jy is nie ‘n verlore skaap nie. So los ons Attie uit!
Jammer Attie, maar ek voel lus en skop A se gai!
Dagse
Doom, netjiese samevatting op die afsluit van ‘n hoofstuk of boek.
Andrew, ai man, dis nou die rouste kompliment in ‘n lang tyd. Na alles wat jy hier gelees het, gee JY erkenning aan Doom se geloof EN dat dit sterk genoeg uitstaan in Doom se blog dat dit kwalifiseer as “produk” – dis nou siende dat hy dit nie moet adverteer nie, ja. Komende van JOU is dit bepaald ‘n kompliment 😉 Jy is mos ook eintlik iemand wie nie vreeslik waarde daaraan heg nie, of hoe?
Interessant dat dit jou genoegsaam gekrap het om nie net eenkeer te kom loer nie, maar selfs ‘n tweedekeer.
Goeie idee van jou: gaan speel eerder met die kinders wat jy nie het nie sover jy weet, toe wat man, goed? Gaaf. Dis hoekom ouwereldse maniere dikteer dat kinder(agtige)s nie tande behoort te tel in grootmensgeselskap nie.
Grondgroete
Sanmmi: Ek steur my nie so erg aan Andrew nie.
Ding: Wekom. Dit is vir my baie lekker om jou weer raak te loop. Woordgroete.
Ek verwys na kinders oor die algemeen, ek weet het nie kinders nie.
“…laat waai, meraai en los Attie uit!”
Sammi, al wys ek die ironie van jou komentaar aan jou uit, sal jy (julle grootmense), nog steeds nie kliek nie. You just don’t get it.
Andrew, ek ken jou glad nie, maar as jy dan nou sê “stay away from my children”, hoe kan jy dan nou later sê jy bedoel nie jou kinders nie, maar kinders in die algemeen. OK, wys dan tog maar die ironie uit en verduidelik tog maar wat dit is wat ons grootmense nie “get” nie. En, hoe is dit dat jy tog maar weer en weer hier kom kyk… het die advertensie van die produk jou tog gevang?
En… wie weet, dalk is die mense wat kommentaar lewer op jou kommentaar net nog ‘n sameswering om die advertensie nog beter te maak en te verseker jy kom terug.
In alle êrens Andrew: Jy is mos onder geen verpligting om hier te kom lees nie. As dit jou omkrap om hier van geloof en die Een in wie ons glo te lees, spaar jou self, en moenie kom nie.
Ding sê “grondgroete”.
Ek sê “geloofsgroete”. – Shalom, dit beteken, mag jy vrede beleef wat net God kan gee.
@ Lidmaat
Die hele godsdiens debat kan gereduseer word tot ‘n pleit van ongelowiges aan gelowiges om nie hul ideologie in ander se keelgate af te vurg nie. My emosionele uitbarsting hierbo was die gevolg van Attie se inskrywing van water in wyn verander. Dit het slegte herinderinge by my opgebring van my kinderjare toe grootmense soos hy hierdie absurde twak aan my probeer verkoop het. Julle weet goed dat die enigste manier om iemand van ‘n miete te oortuig, is om dit aan jong vormende breine te herhaal. Maar waneer julle ideologie aangevat word dan skreeu julle blou moord. If you don’t get the irony now you will never get it.
Attie, for me you represent the epitome of oppression, oppression of the human mind.
Andrew: Ek is baie jammer dat jy voel soos jy voel. Dit is ook baie jammer dat jy dit nodig het om my op my “blog” op hierdie wyse te kom beledig. Jy het vooropgestelde idees oor godsdiens en jy wil jou menings deur jou emosionele uitbarstings, dit in die persone wat wel hier kom lees se kele af te druk, jy doen presies dit waarvan jy Christene beskuldig. Ek vra jou nie om te glo nie, dit is einde laaste jou eie persoonlike keuse om te glo of nie te glo nie.
En daar draai jy wragies die argument om en gooi dit terug in my gesig. Jy maak ook asof jy ’n slag offer is. Wel eintlik is jy, jy is ‘n slagoffer van jou eie ideologie, ’n ideologie wat jy aan ander probeer verkoop.
As ek ‘n veldtog loods om ateiste te probeer oortuig om gelowige bloggers uit te los, sal jy een loods om godsdiens uit ons skole te hou?
Andrew: Nou verstaan ek nie. Beteken jou laaste opmerking dat die een wat eerste ‘n argument gebruik daarmee homself vrywaar van dieselfde argument. My hene mensie, jy moet mos bereid wees om te ontvang wat jy uitgedeel het.
Nee Lidmaat dit is nie wat dit beteken nie. Lees my komentaar June 24, 2009 at 8:29 am noukerig.
😆
Hoe dan nou dat enigiemand nog vir Andrew ernstig opneem, hmmm?
Laat die kêrel begaan. Party mense slaag daarin om oor hulle ongelukkige kinderjare te kom en volwaardig ‘n plek in die volwasse samelewing in te neem; ander bly selfs in debatte ewigdurende minderjariges 😉 Gits, manman sou kon reken iemand van sodanige intellek sou homself nie so gering skat en sy verlede toelaat om hom steeds te onderdruk nie 😯 Maar ja, party verkies dit om hulleself as slagoffers te ervaar en te etiketteer – dit maak dit net soveel makliker as om self verantwoordelikheid te neem, ai. Party speel die man plaas van die bal, ja. Party trek sogenaamd te velde teen ‘n beweerde ideologie, maar raak die pad byster en verwar persoon, geloof en ideologie met mekaar 🙄
Andrew, kom, speel nou mooi met die buurt se kinders – jy IS nou onderdruk tot die mate dat jy hier vasgevang is…
Sorry ek het op verkeerde plek gecomment, maar ek voel nog steeds soos Ding, hy se dit net duideliker as wat ek dit sou kon se.
Ding jy kan jou tande maar vir my wys, daar is ironie in jou komentaar ook.
Maar laat ek maar nog ‘n slag probeer om vir julle grootmense ‘n blaas kaansie te bied om voort te gaan met ‘n indiepte, kritiese, rasionele en eerlike analise van julle geloof.
Heita Ds Attie!!! Sien ek jou so ini omtrek en raak ek toe sommer bly om jou weer hier by die koffietafel te kry. Almal welkom, ja??
/me trek die stoel uit
Dankie!!
En welkom in Pretoria!!!
Dankie BB ons is ook nou opgewonde oor die skuif en sien uit om in Pretoria omgewing te wees. Kom kuier bietjie een Sondag daar by ons nuwe gemeente.
Will do!! Laat weet tog maar waar, nê?!
Ds. Attie ons as gesin gaan vir jou en Renate regtig mis. Alhoewel ek by `n ander gemente betrokke is, was dit nog altyd vir my `n voorreg om na jou preke te luister by NG Bergsig. Dankie ook vir die tye in nood wat julle deur altyd oopstaan en vir die ondersteuning en troos woorde. Kan maar net opreg dankie sê dat ons padjies met julle gekruis het.
Toe julle nou die dag by ons in die hospitaal was het u weer gebid vir `n wonderwerk vir ons kind… en in my stilligheid het dit my so hard getref….wanneer laas het ek gebid vir `n wonderwerk. Ek bid deesdae vir `n sagte heengaan en geen leiding… Ek het so klein gevoel in my geloof.
Ons sal beslis kom kuier in Pta. Ons wens u en Renate net die aller beste toe.
Baie groete.
M: Vir ons het dit nooit saak gemaak wie in ons kerk is en wie nie. Vir ons het dit gegaan oor mense wat seer het wat die Here oor ons pad stuur en ons dink dat hy ons dalk sou kon gebruik. Ons dink nie net aan jou kind nie, maar in besonder aan dapper ouers.
Oor bid vir ‘n wonderwerk: Wanneer ons God meer lief het as enige iets anders en glo dat niks ons uit sy hand kan ruk nie, dan kan ons bid vir ‘n wonderwerk. As die wonderwerk nie gebeur nie, dan sal ons geloofslewe nie in duie stort nie.
Ja, ek het al gesien hoe mense se siekte toestand verander in antwoord op gebed, maar die meeste kere het dit nie gebeur nie.
Og, M!! 😦 So jammer vir julle eina. Is soos ds. Attie sê: as ons Hom liefhet dan plaas ons uiteindelik net onsself en ons geliefdes in die palm van Sy Hand en dan laat ons dit in Sy Wil oor – géén groter vertroosting as om te weet dat ons in Sy Wil en in Sy Plan is – want buite dit wil ek dit nooit ooit weer waag nie!
Sterkte daar M! Mag Hy julle toevou altyd.
Mostert na die maal … maar Ding MOET darem kom hand skud met Andrew: Man! Ding HOU maar van jou manier, al IS jy partykeer net te veel van ‘n koggelkrater. Ding jou net kom vertel: jy is reg oor die ironie – geweet jy sou dit kry. Andrew, jy’s glad nie so aardig soos die mense op straat in die buurt sê jy is nie, goed? Gaaf.
Dag dan maar eers weer.
O ja, Doom, wanneer Doom nou in Gemorsa ingeburger is en die son sy luigeite laat vaar het, en darem op ‘n meer deuglike tyd opkom, dan kan Doom gerus laat weet dat ons daai vroegmore wandel kan loop doen eendag, ja?
Grondgroete
D
Ds Attie baie welkom in Pretoria.