Leonard Sweet was die eerste persoon wat my ‘n bietjie anders laat dink het oor Abraham.
Die eerste keer toe ek lees dat ons moet seker maak dat ons nie Abraham se geloof so moet idealiseer dat ons sy optrede van kleingeloof en ongehoorsaamheid mis kyk nie, het dit my twee keer laat dink oor hoe ons aan en oor Abraham dink.
Sweet het een voorbeeld uit Genesis aangehaal om te wys dat Abraham nie regtig so ‘n besondere gelowige was nie.
Abraham bly egter een van die belangrikste figure, indien nie die belangrikste nie, in die Bybel want hy bly die vader van alle gelowiges in die sin dat God se belofte van getrouheid, die verbond, in hom sy ontstaan het. God het met Abraham ‘n verbond gesluit dat al die nasies van die wêreld geseën sal word, en God is getrou aan daardie verbond.
Einde laaste word die gebeure van Abraham se lewe nie beskryf met die doel om die ideale gelowige vir ons te beskryf en te vertel hoe wonderlik Abraham se vertroue in God was nie, maar eerder om God se getrouheid te beskryf.
Abraham is nie die allesootreffende gelowige nie, God is die allesoortreffende God.
Doom
Wat is ‘n “allesootreffende gelowige”? Is daar in die Bybel so ‘n iemand? Moet ons streef na een? As Abraham nie eens kon nie …
Daarmee bedoel ek dat mense Abraham dikwels voorhou as die ideale gelowige. EK gebruik “alles-oortreffend” hier as woordspeling.
En ook die genadigste God wat altyd sy beloftes onthou! Ten spyte van ons swakheid….