dissipelskap

Om in Jesus as die Seun van God en Verlosser te glo, is om ‘n dissipel van die Here Jesus te wees. In Markus 1:15 begin Jesus sy bediening op aarde en kondig Hy aan dat die koninkryk van God nou naby gekom het. Onmiddelik daarna roep Hy sy eerste dissipels en die roeping kan nie losgemaak word van die aankondiging van die aanbreek van die koninkryk van God nie.

Roeping beteken dat hulle uitgenooi word om hulle te onderwerp aan die koningsheerskappy van God.

Om dissipel en burger van God se koninkryk te wees beteken nie dat Jesus nou opgevaar het na die hemel en aan die regterhand van God sit en nou wag dat ‘n klomp dinge gebeur voordat Hy terugkom nie. Met sy hemelvaart het Jesus aan die regterhand van die Vader plek gaan inneem en is Hy aktief besig om te heers en sy heerskappy blyk in die lewe van sy kinders. Hy is effektief aan die werk ten einde die koninkryk van God meer en meer te laat kom.

In hierdie wêreld en veral deur die lewe van die burgers van sy koninkryk en die kerk is God in hierdie wêreld aan die werk.

Om te bid “Laat U koninkryk kom.” is om aan te meld vir diens, maar ook vir opdragte wat gehoorsaam uitgevoer moet word.

Om in Jesus as Verlosser te glo en jouself sy dissipel te noem, is baie meer as  “a pie in the sky when you die.” Dissipels is instrumente in God se hand deur wie God se koninkryk kom.

As dissipelskap nie praktiese implikasies in hierdie lewe het nie, is dit dan nog dissipelskap?

Lewer kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s