god van liefde

Ek lees op ‘n ander plek dat Christene ‘n boodskap verkondig dat mense in hierdie lewe kan doen wat hulle wil en dan as hulle op hulle sterfbed in ‘n sekere p(P)ersoon glo, dan gaan hulle hemel toe, of verkry hulle die ewige lewe. (Ek kan regtig nie onthou waar ek dit gelees het nie, anders sou ek ‘n “link” hier gesit het.)

Ek kan nie van die persoon verskil nie, want dit is waar. En die persoon vat die kern van die evangelie boodskap van God se genade in Jesus Christus raak. Genade beteken dat ek die teenoorgesteld kry as wat ek verdien, anders was dit nie genade nie.

In ons gemeente is daar ‘n span wat deel is van ‘n internasionale organisasie wat een maal ‘n kwartaal in ‘n plaaslike tronk ingaan en die boodskap van God se genade deur die werk van Jesus Christus aan die gevangenisse verkondig. Een van hulle is byvoorbeeld die “skierlik skieter” wat op Swartruggens mense onnodig dood geskiet het.Die boodskap van God se genade is dat enige een van daardie persone wat tot geloof in Jesus Christus kom, die ewige lewe ontvang. Die skierlik skieter het lewenslange tronkstraf gekry, met die gevolg dat niemand regtig weet wanneer hy sal uitkom nie. Maar, nie die skierlik skieter of enige een van die ander mense in die tronk is uitgesluit van God se genade nie.

Die ander kant van die munt is natuurlik dat dit nie die enigste aspek van die boodskap is wat ons verkondig nie. Ons verkondig ook ‘n boodskap van God se liefde wat ons so oorweldig, dat ons uit dankbaarheid vir wat Hy doen en gedoen het, ons lewens aan Hom wy en deur ons lewens en elke aspek van ons lewens Hom wil eer. Eer kan baie beteken, maar dit beteken onder andere dat ek deur my lewe sal wys dat ek Hom liefhet en Hom respekteer en aanbiddend  Hom onderdanig wil wees.

Maar, die kern van die boodskap is genade – ons verdien dit nie, en ons kan dit nie op enige manier verdien nie.

Daar is nie ‘n slaagsyfer nie. As daar was, sou ek dit waarskynlik nie gemaak het nie. Inteendeel, daar is nie eers ‘n eksamen nie. Jesus het die eksamen namens my geslaag.

Ek kan nie God se genade verduidelik of motiveer nie, behalwe deur te sê dat Hy ‘n God van liefde is.

Ek wil ook nie wag tot ek alles verstaan voordat ek glo nie, ek sal eerder met arms van geloof die ondenkbare, die onverstaanabare en die onverklaarbare aanvaar, en deel van die ondenkbare, onverstaanbare en onverklaarbare is dat God se onvoorwaardelike genade en liefde vir my genoeg is.

9 thoughts on “god van liefde

Add yours

  1. Ja Attie ek stem saam, ek kan ook nie wag tot ek alles eendag verstaan nie, dis nie menslik moontlik om alles te verstaan nie, ons as mens sal buitendien nooit God se wiskunde kan verstaan nie. God se liefde en genade is oorgenoeg vir my. En dis daar vir almal – pasella, verniet, mahala, gratis ….

  2. Dit klink baie na ‘n Katolieke begrip. Na afsterwe gaan die persoon eers in soort van wag periode. Tydens die tyd bid mense vir jou en dan gaan jy hemel toe. As dit die waarheid is dan het Christendom geen doel nie.

  3. Wipneus: God se genade en liefde is onvoorwaardelik. Ons reaksie is dankbaarheid wat tot uitdrukking kom in die manier waarop ons lewe.

  4. Jammer. Nie myself duidelik gemaak nie. Volgens Katolieke, na afsterwe bevind jy jou eers in “limbo”. Nie hemel of hel nie. Soort van “grace period”. Dit is dan gedurende die tyd dat familie en vriende dan bid en waar Maria moet intree om te verseker jy beland in die hemel. Ek weet nie of die kerk al die leerstelling vernader het nie. Basies kom dit daarop neer dat jy nie hel toe gaan nie. Almal gaan hemel toe. Ek self is nie Katoliek, so ek praat soos wat ek verstaan wat Katolieke persoon vir my verduidelik het. Dit is op antwoord in die eerste gedeelte van jou inskrywing.

  5. Rustig: OK nou verstaan ek. Die persoon het eintlik ‘n probleem met die gedagte dat God se genade ook vir ‘n persoon op sy sterfbed genoeg is. God se genade beteken egter dat selfs iemand wat op sy sterfebd Hom as Verlosser aanneem, die ewige lewe het, of verlos, “hemel toe gaan” is soms ‘n begrip wat mense verwar.

  6. ek moet se ekt i baie harde tyd die kant, is op i daaglikse wyse blootgestel aan die ongeloof, n dis vir my buite my beheer, se ek iets daar oor word ek aangevat en word beoordeel en ma ek my werks omgewing ongemaklik, bly ek stil voel ek skuldig, asof ek my God verraai. Maar die afgelope tyd is dit of ek met so baie versoekings gegooi word, van my kolegas wat met my stry oor God en die bestaan van my geloof… ek moetbieg en se soms wil wil ek glo wat hy se want dit klink waar…. maar in my hart is daar iets wat klou aan God, Hy klou en k sal soos Ds. se aanhou met ope arms my geloof koester, en bid vir die wat nie glo ni…dink bietjie oor die arme engelse

  7. Kati: Ek ken jou goed en ek weet jy gaan sterk staan. Dit is nie altyd maklik nie, maar hou vas aan dit wat jy weet en dit wat jy van kleins af geleer is.

  8. Hallo Attie
    Ek lees vandag hierdie by jou en my hart juig, want ek voel sommer dat jy net weet en net verstaan dat God nie net ‘n soeke na kennis en ‘n soeke na begrip en verstaan is nie. Maar dat God IS en dat God bo alles genadig en LIEFDE is. Dat ons net mens is en dat hoe meer ons navors en hierdie kantoe en daardie kant toe probeer antwoorde soek wat sin maak, onsself toespin in vrae en antwoorde wat binne ons so helemal verkeerd en verward lê. TOTDAT ons die dag aanvaar dat ons, nietige tog unieke mens Sy skepping is – makie saak hoe ons aan hierdie w^reld vertoon word nie, makie saak HOE hierdie wêreld ons in ons eie uniekheid aanvaar of nie, maar dat God IS en ons deur Sy groot genade allerbelangriks vir Hom is. Elke een van ons.
    Oor jou volgende FB inskrywing: Jip – die dag wanneer ons nie meer skaam en afgesonder hoef te leef nie – maak tegnologie dit nogals moontlik om weer buitekant “vat aan ‘n anner mens” bande te herstel en te geniet.
    Mooibly Attie
    Gaan geniet jou nuwe lewe in Waverley – jy is soontoe GESTUUR – ek glo dit!
    Liefdegroete
    Sammi

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: