INTUSSEN

Dit is ‘n baie lang tyd sedert ek ‘n koppie koffie hier by die tafel kom drink het in die hoop dat iemand verby sal stap en ‘n koppie saam sal kom drink. Intussen het daar soveel dinge gebeur, sommige dinge lekker en goed en ander dinge sommer net iets wat jy wens nooit gebeur het nie.

Ons het ‘n baie moeilike en emosionele saak gehad wat ons as gesin in die gesin moes deurwerk. Alhoewel die probleem nie heeltemal verby is nie, en nooit sal wees nie, kan ons die saak nou makliker hanteer.

Ek het juis gister gepreek oor Jabbok se worsteling met God by die Jabbok rivier en hoe God sy lewenslange stoeigeveg gebruik het om hom sterker en sterker te maak, sodat hy die rol kon speel wat God bedoel het hy moet speel. Hierdie tyd was vir my en my gesin ‘n ook ‘n stoeigeveg maar ons glo ons is vandag sterker as wat ons was voor hierdie ding gebeur het.

Dankie in elk geval vir die van julle wat boodskappe van ondersteuning gestuur het.

Ek wou vroeër reeds weer by die tafel kom aansit, maar ek het twee Pinskterreekste in twee gemeentes gehou en ek het vir drie weke baie min geslaap.

Maar… ‘n baie groter aanpassing lê nou vir ons voor. Ek het ‘n beroep na Waverley gemeente in Pretoria aanvaar. Dit was vir my en Renate ‘n baie moeilike besluit om te neem, maar toe ons eers die besluit geneem het, het ons begin opgewonde raak oor die nuwe fase in ons lewens en die nuwe uitdagings wat daar vir ons wag. Ons is nou in ons harte daarvan oortuig dat dit die plek is waar die Here ons volgende wil gebruik.

Ons het geen twyfel dat die afskeid in Bergsig gemeente vir ons baie moielik gaan wees nie, maar daar is ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan. Ek en Renate was ons hele getroude lewe verbonde aan Bergsig gemeente en ons het baie mense leer ken en baie groeie vriende gemaak.

Renate was vir sestien jaar die orrelis in die gemeente en ek was die laaste twaallf jaar predikant van die gemeente waarvan amper vyf jaar voltyds was. In hierdie twaalf jaar kon ons deel wees van baie besondere dinge wat die in Bergsig gedoen het, dinge waaroor ‘n mens net kan skryf en vertel. Daaroor dalk by ‘n ander geleentheid.

Ek sien uit daarna om weer bietjie op die blog te kuier en ‘n paar gesprekke te voer.

7 thoughts on “INTUSSEN

Add yours

  1. mnr.muller: Ek dink jy is reg, het nie regtig gedink aan die “blog” as in kontak bly nie, dalk ek te veel aan die ander wat nie lidmate is nie.

  2. trane het eers or my wange gerol… maar ek is bly, ek is opgewonde vir jul part, mens het altyd i nuwe uitdaging nodig en i nuwe begin. ek hoop julle maak een groot sukses van als wat jul aan pak, en dat goeie dinge op die pad vorentoe sal wees. ek werwens myselfsig… nou dat ek amper terug kom gaan Ds. maar nietemin is daar i grooter plan waaraan ek my liewer moet steur. liefe katelz*

  3. Hi Kati: Ons begin stadig afskeid neem van die mense en elke keer is dit vir ons baie hartseer. Die ergste lê nog voor. Ons gaan die mense mis, maar jy kan darem nog altyd hie rkom kuier. Wanneer kom jy terug?

  4. “Home is where the heart is”, nê ds Attie?? Welkom in Pretoria!!
    (en onthou om ons te laat weet as julle ‘n kermis of basaar hou – dan kry ons bietjie die bloggers van hierrond bymekaar virre inloer, reg?

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: