Gepubliseer deur attie
Ek is predikant van die NG Gemeente, Waverley, in Pretoria. Ek blog sommer oor alles en nog wat, maar dikwels oor die Een wat ek graag met my ganse lewe wil eer en aanbid: die drie-enige God. Daar is min dinge waaroor ek 100% seker is. Daar is egter enkele dinge wat vir my vas en seker staan en dikwels vir ander nie veel sin sal maak nie. Ek is ook 'n TIR (Trauma Insident Reduksie) Fasiliteerder wat mense help om ongewensde gevoelens/emosies en die gevolge van hulle trauma te hanteer.
Beskou all artikels deur attie
Attie hoekom???? Het jy nie meer tyd nie? Dis vir my baie slegte nuus en ek is seker daar is baie wat met my gaan saamstem. Maar ek respekteer jou besluit.
Mooi loop.
Dankie vir als wat ons hier kon leer Dooms. Gaan jou inskrywings mis. 😥
Dit is slegte nuus, maar ek is seker daar is ‘n baie goeie rede.
Ek gaan die skrywes verseker mis.
Ek beaam bostaande kommentaar. Baie jammer om te hoor, maar ek dink ek verstaan.
Jip, soos almal sê ons gaan jou baie mis…
Ek is ook vreeslik hartseer oor hierdie, verstaan natuurlik glad nie, maar ons gaan jou bitter baie mis! Sterkte Doom en baie dankie vir al jou raad en geduld!
Dankie vir almal wat my so goed laat voel (hahahaha). Ek sal wel een of ander tyd terug wees, maar net om duidelik te maak dat die warm debat oor die laaste paar dae my nie laat weghardloop het (waarop sommige dan tog roem) nie, gaan dit net oor die feit dat ons gesin deur ‘n baie moeilike tyd en ‘n baie groot krisis werk. Dit verg baie aandag van my en my vrou en daarom is die koffietafel een van die dinge waarop ek ‘n bietjie tyd moet sny. As dit nie vir die wonderlike verhouding tussen my en my vrou was nie, sou ek nie kans gesien het wat dit waardeur ons gesin nou gaan nie. Dalk sal ek eendag vertel van wat gebeur het en besig is om te gebeur, maar op hierdie stadium is dit net eenvoudig te rou.
I’ll be back.
Sterkte vir jou en jou gesin Attie. Ek weet sommer julle sal hierdeur kom!
Ons sal geduldig wag.
Groete
Sterkte, Attie.
Sterkte
Baie sterkte Attie! (((Attie)))
Sterkte Doom…
Hello en welkom terug. Attie. Ek wou kommentaar los by jou Intussen inskrywing, maar iets werk nie daar met die kommentaar nie – weet nie of dit aan my kant is nie.
Elk geval – dit was ‘n heerlike verrassing om te sien jy is weer by die koffietafel. Dit was nogal ‘n gemis. Ek glo en vertrou dat Waverley vir die regte redes oor julle pad gesit is. Sterkte met die verhuising en moenie ons weer so lank alleen los hier nie 🙂
Ds Attie sterkte, sien ek kan nie op die ander inskrywings kommentaar lewer nie, ek loer nog gereeld hier in, veral dae wat ek “af” voel !!! Ek moet regtig by ds uitkom vir ‘n dringende gesprek, ek het dit brood nodig !!!!