satan in die lewe van judas.

Satan en Judas het my aan die dink. In Lukas 22:3-6 staan:

“Die satan het in Judas, wat Iskariot genoem is en een van die twaalf was, ingevaar. Hy het toe met die priesterhoofde en die offisiere van die tempelwag gaan praat, oor hoe hy Jesus in hulle hande kan laat kom. Hulle was bly en het ooreengekom om hom daarvoor te betaal. Hy het ingestem en na ‘n geskite geleentheid gesoek om Jesus te verraai waar die volk nie by is nie.”

Die Judas-sonde: Hy het nie net die volgelinge van die Here Jesus verraai nie, maar vir Jesus self verraai.  Ek dink elkeen van ons kan voorbeelde aanhaal van mense wat die Judas-sonde gepleeg het. Die mense in die kerk en selfs in ons persoonlike families wat die indruk geskep het dat hulle naby aan die Here Jesus geleef het, maar intussen was hulle innerlike vals. Sommige van ons kan selfs uit ons eie lewens ‘n voorbeeld gebruik waar die Judas-sonde gepleeg is.

As Judas een van die twaalf was, was hy een van die wat deur die Here Jesus geroep en gekies is om een van die dissipels en een van die apostels te wees. Hy het die voorreg gehad om saam met die Here Jesus op die aarde te beweeg en elke dag met Hom te praat. Hy was ‘n getuie van die verskeie wonderwerke wat Jesus gedoen het en hy het gehoor wat Jesus alles vir die mense en vir die dissipels geleer het. Hy het selfs ‘n posisie van vertroue gehad deurdat hy die beursie van Jesus en die dissipels gedra het – hy was die tesourier van die groep.

Hoe kon hy hierdie verskriklike sonde doen?

Wat dink jy?

12 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

12 responses to “satan in die lewe van judas.

  1. meermin

    Ds wie van ons sondig nie, party mense is net te skaam om te erken dat hy of sy gesondig het. Ons ds ek wil nie hier skinder nie, maar … ek gaan met u privaat praat, dit is nie vir ander mense se oè bedoel nie!!

  2. Ek lees baie hoeroor met die oog op Sondag se preek en die bose kry maklik ‘n vastrap plek in mens se lewens.

  3. Ek glo dat sodra ons, onself besig hou met sonde, dan maak ons ‘n deur vir satan oop en gee hom die reg om in ons lewens te kom. Sodra ons ons sondes belei en om vergifnis vra dan word die deur toegemaak en het satan nie meer wetlik ‘n reg tot inspraak in ons lewens nie.

    Dit is dus verkeerd om te se dat die satan bv los is in ‘n huwelik. Al wat gebeur het is dat satan en sy demone reg verkry het deur sonde. Die mens se liggaam neig na sonde maar deur ‘n verhouding te hê met Christus is dit moontlik om sonde te weerstaan en dan volgens God se Woors sal satan van ons wegvlug

  4. Riaan: Dit was vir my interessant om te sien hoe van die kommentators nogal se dat omdat Judas nie sy gierigheid kon beheer nie, het die duiwel daardeur nie net ‘n invloed op sy lewe gehad nie, maar sy lewe ook beheer. Die vraag wat egter baie gevra word is of daar ‘n persoonlike duiwel is en of dit maar net gebruik word om die bose ‘n naam te gee.

    Ek stem veral met jou saam dat vergifnis ook God se oorwinninende genade is.

  5. Attie

    Dit wat jy nou sê maak dan vir my sin deurdat Judas deur sy gierigheid ‘n deur oopgemaak het. Ek glo verder dat satan nie soos God alomteenwoordig is nie, maar dat hy van demone gebruik maak om sy plan om te verwoes in werking te stel. Ek glo egter omdat Judas naby Jesus was, het satan persoonlik in Judas ingevaar om seker te maak dat die taak gedoen word wat moet gedoen word.

    Ongelukkig vir hom, het hy vergeet wat die skrifte sê en was sy optrede binne God se plan sodat Jesus(as mens) wie aan die hakskeen deur satan (die slang) gebyt word, die slang (satan) se kop kon vermorsel sodat ons nou deur die oorwinning van Christus in oorwinning kan lewe.

  6. kati

    hierdie “sonde” ding … dis asof dit ons lewens beheer, dis al waar oor alles gaan DIE goed en DIE sleg… deur om konstand alles te deur dink en vra te vra en oor “sonde” of dan nie maak ons KONSTAND die “deur” oop vir die duiwel, wel in daardie geval is ons almal se deur PERMANENT oop. ek dink die kuns is om deur Judas se gebeurtenis te leer wanneer om die duiwel uit te stuur by die drumpel vir hom te staan en lag met God aan jou sy, en dan die hartseer keer wt die duiwel net nie sy pad uit kry nie.
    ek weet nie meer self hoe op daadie 2 gebeure te beheer nie, en is dit nie Presies wat God vir my de mag oor gee nie… om BEHEER uit te oefen wanneer ek ‘keuses’ maak nie??? hoe beheer ek daardie “deur”????????????

  7. ding

    Dagsê, Doom
    Hierdie raak alweer vir Ouding tegnies en ingewikkeld. Doom, Ding reken nogal daar is maniere en maniere van verraad, maar verraad bly dit. Sien, manman lewe mos maar prakties. Nou, as manman nou in sy hart van harte glo rigting (keuse) A is soos wat sy geloof aan hom dikteer, en manman besluit om rigting (keuse) B te volg, is manman nie maar in effek besig om God te verraai nie? Ding meen nou maar: is alle sonde sonder berou, nie maar onomkeerbare verraad teenoor God nie? Wie nie vir my is nie, is teen my?
    Nou sooo gesien, reken Ouding ook dat ou Judas darem ‘n kop vir besigheid gehad het – hy’t darem ‘n geldjie gemaak, maar hoeveel mense doen dit sommer gratis, vry en verniet?
    Behalwe vir die trefkrag van die geskiedkundige verhaal wat die detail van die gebeure dra, is die hele Judas-bedryf se kern nie juis dat dit ‘n bitter pil is om te dink dat (a) ‘n ou wat slap teenaan Jesus gelewe het, wat eerstehands kennis gehad het van presies wie Jesus is (teenoor die wie nie daardie voorreg had nie), (b) willens en wetens, koelbloedig en berekend gekies het om teen Jesus te draai en Hom uit te verkoop (te sondig) nie?

    Oor Satan? Of daar ‘n persoonlike duiwel is teenoor ‘n persoonlike God? Ding wil graag hoor en luister wat Doom van daai nommer dink.

    Grondgroete
    D

  8. Riaan: Dankie tog dat die slang se kop vermorsel is en oorwinning nou moontlik is.
    Kati: Oor hoe ek daardie deur beheer? Dit lyk dit is vir my waaroor ‘n persoonlike verhouding met die Here gaan, maar ‘n persoonlike verhouding waarborg nie regte keuses nie – soos in die geval van Judas – gesonde verstand speel ook ‘n baie groot rol.
    Ding: Iewers in die Bybel staan dat as jy weet wat die regte ding is om te doen en ky doen dit nie, dan sondig jy. Met ander woorde, maak keuses in ooreenstemming met die kennis van die wil van God tot jou beskikking.
    Judas… hy het die geldjie weer voor die manne se voete gaan neergooi. Restitusie??? Hy het selfmoord gepleeg. Berou????
    Oor die verraad… Ek dink daar is intense emosie hierby betrokke. Omdat dit Jesus is wat verraai is, voel ons sterker daaroor as Absalon wat vir Dawid verraai het, of Jakob wat vir Esau verraai het, en Josef se broers wat hom verraai het.
    Oor Satan as ‘n persoonlike duiwel… ek sal dalk nog kan antwoord. Gee my kans om te dink. EK wil ook graag hoor wat sê van die ander ouens.

  9. kleinvissie

    Is die duiwel ‘n persoon of ‘n mag?
    Satan het verskillende name in die Bybel. (Duiwel; Satan; Lucifer; Slang)
    Jesus Christus gee aan die duiwel erkenning as ‘n persoon.
    Paulus en Johannes gee aan hom erkenning as ‘n persoon.
    Hebreërs sê dat Satan een van God se engele was, nogal die een wat die musiek gemaak het, en dat hy teen die Here in opstand gekom het.
    God het nie die duiwel boos geskape nie, maar soos die mens met ‘n vrye wil geskape en met ‘n eie keuse of besluit het hy gedink dat hy die werk beter kan doen as God.
    Die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu…

  10. Saam met Pontius Pilatus, is Judas sekerlik een van die tragieste figure in die Bybel. Maar wanneer ek ookal aan hom dink, dan kom die woorde van Kahil Gibran altyd by my op. Hy vra die vraag: Was Judas se moeder enigsins minder hartseer as Jesus se moeder? Weet nie hoekom hierdie woorde by my vasgesteek het nie, maar dit is woorde wat my altyd laat dink.

  11. ding

    Moresê Doom

    Dis juis wat Ding probeer sê, Doom.

    1. Om sonde te doen, is om teen Jesus te kies; om dit waarvoor Hy gestaan het, te verraai. Manman het die kennis oor reg en verkeerd – soos Judas geweet het waar en hoe om Jesus te vind en uit te lewer. Nou om te kies om dan verkeerd te doen, is dieselfde as om Jesus uit te lewer, te verraai. Ouding reken maar so.

    2. Ou Judas het maar ‘n afdraaipad gevat en toe aanmekaar verkeerde keuses bly maak. Ding meen nou maar – dis verwronge berou om restitusie – hoe edel ookal – (ook in ons land tov grond, moet ek net hier op sy sokkies insluip) toe te pas en verwurgende berou om sy eie lewe te neem. Die ou moes mos maar eintlik vir Jesus self loop askies sê het, dan nie? Maar JUIS deur dit so grafies te verhaal, is die effek van hierdie sonde ingrypend. Maar sonde bly sonde.

    3. Moedertjie sou nou hier weer haar gevleuelde woord gespreek het: my kind, met die waters wat verby is, sal die meule nie weer maal nie. As daai water verkeerde kant toe geloop het, help dit nie om dit te probeer teruglei vir nog ‘n slag se maal nie. Jy mors net. Leer uit jou foute en uit spyt en in wysheid, loop kry die kanale reg vir die waters wat nog kom en sorg dat hulle regloop. Goed? Gaaf.

    Ding weet dis erg gerasionaliseerd en dat wat Ding sê, vol gate is.

    Dankie vir die geleentheid. En Ding hou dop vir die gesprek oor satan/duiwel.

    Grondgroete
    d

  12. Ding: Inderdaad is dit so dat ons Here Jesus die kanaal gegrawe het om die meule met skoon water ‘n tweede keer te laat maal, maar dit is ook die enigste manier. Ook… dit is so dat Judas op die verkeerde plek voor die verkeerde mense restitusie gaan doen het. Alle sondes is keuses, maar herstel en vergifnis is ook ‘n keuse.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s