christen en besittings

Daar is baie emosionele druk op Christene om finansieel by te dra tot verskillende sake. Ek dink verskeie van hierdie aktiwiteite verdien ons finansiële en enige ander steun wat hulle moontlik kan kry.

‘n paar dinge oor die manier waarop hierdie sake gestel word, laat sekere vrae by my.

Die eerste is dat hierdie emosionele druk wat op mense geplaas word dikwels ‘n skuldgevoel by mense opwek om dat hulle nie vir hierdie sake ‘n finansiële bydra wil maak nie en omdat hulle meer het as wat ander het. Lees voort “christen en besittings”

drie vra wat niemand vra nie

Dalk is ek nie veronderstel om hierdie stukkie te skryf nie.

Ek het al voorheen geskryf oor Phillip Yancey se boek “Dissipointment with God”. Die subtitel van die boek is “Three questions nobody asks aloud.”

In die boek skryf Yancey oor sy gesprek met Richard, een van sy studente wat sy doktoraal in teologie by hom gedoen het. As gevolg van verskillende dinge wat in sy lewe gebeur het, vra Richard hierdie drie vrae:

1. Is God regverdig?

Richard het sy bes probeer om ‘n volgeling van die Here Jesus te wees, maar ten spyte van sy opregte pogings, het sy lewe steeds in duie gestort. Lees voort “drie vra wat niemand vra nie”

deelname is nie dissipelskap nie.

Ons dink as ‘n reël dat lidmate wat deel neem aan die verskillende dinge wat die gemeente doen en betrokke is by die verskillende aksies van die gemeente na binne en na byuite, ook die lidmate is wat geestelik meer volwasse is. Willow Creek het na aanleiding van hulle eie situasie navorsing hieroor gedoen. Hulle het op die ou end volgelinge van die Here Jesus (Dissipels)  rofweg in vier kategorië ingedeel.

Die vier kategorieë is:

Ondersoek Christenskap

Groei in Christus

Naby aan Christus

Christus gesentreerd

Die ONDERSOEKENDE CHRISTEN kan iets sê soos: Lees voort “deelname is nie dissipelskap nie.”

sam het net een probleem

Ronnie skryf vir my hierdie brief:

Attie

Ek sien gereeld ‘n sekere man verby my werk in Tlhabane loop terwyl hy ‘n waentjie trek. Voorheen het ek net die waentjie raakgesien, maar vanoggend (6 Feb 2009) het ek die man raakgesien. Dit was moontlik sy kleredrag en die stywe pas waarmee hy geloop het, wat my aandag getrek het. Hy het naby my werk van die pad afgetrek om ‘n ruskansie te vat en ek het nader gestap om ‘n geselsie aan te knoop.

Lees voort “sam het net een probleem”

zimbabwe in hierdie tye

Ds. Piet van Vuuren van Zimbabwe gaan van 15-18 Februarie ‘n toewydingsweek in ons gemeente aanbied. Hy gaan vertel hoe dit in Zimbabwe gaan en hoe hulle as Christene in hulle geloof staand bly. Hy skryf hierdie week vir my hierdie stukkie:

GOEIE NUUS EN SLEGTE NUUS

Peter Godwin se boek “Mukiwa” beskryf sy kinderdae in wat toe nog Rhodesië was. Dis ‘n storie wat my met heimwee laat terugdink na die goeie dinge wat ek self van daardie era kon meemaak. “Mukiwa” beteken “witman”.

Deel van daardie “goeie ou dae” was vakansies op my skoonouers se plaas. Lees voort “zimbabwe in hierdie tye”

‘n sondaar en woede

Kwaad word of woede is ‘n deel van elkeen van ons se lewens. Alhoewel almal van ons nie op dieselfde manier reageer wanneer ons kwaad word nie, beteken dit nie dat daar enige mens is wat nie kwaad word nie. Almal word kwaad, almal wys dit net nie op dieselfde manier nie.

Volgens wat ek lees is daar hoofsaaklik vier dinge waarop mense met woede reageer. Die vier is:

  • Wanneer ek nie met die nodige respek hanteer word nie.
  • Wanneer ek nie met die nodige menswaardigheid hanteer word nie.
  • Wanneer ek onregverdig behandel word.
  • Wanneer ek onbillik behandel word.

In sulke oomblikke word mens kwaad, somtyds woedend, en mense reageer dan verskillend op hierdie woede: Lees voort “‘n sondaar en woede”

programme en dissipelskap

Elke leraar van ‘n gemeente behoort dikwels te wonder oor die effektiwiteit van dit wat hulle as gemeente doen. Daarmee saam wonder ons (ek ten minste) oor in hoe ‘n mate is dit wat ons as gemeente doen in ooreenstemming met dit wat die Koning van die kerk van die kerk verwag.

Ek hoor ook dikwels oproepe dat ons net moet teruggaan na die Handelinge kerk en dan sal al ons probleme opgelos wees. Ek dink nie dit is so eenvoudig nie en ek dink nie dat dit ons enigsins nader daaraan gaan bring om as kerk van die Here Jesus meer effektief te wees nie.

Daar is twee redes waarom ek so dink:

Die eerste rede waarom ek dink dat die Handelinge model ons nie sal help om meer effektief kerk te wees nie, is omdat die tye waarbinne ons vandag kerk moet wees bitter min indien enige ooreenstemming het met die tyd waarin die Handelinge kerk gevestig is nie.

Die tweede rede is omdat die Handelinge kerk ook nie volmaak was nie. Ek preek Sondag-aand daaroor, so ek gaan nie nou meer daaroor skryf nie.

Maar geen kerk of gemeente kon nog ooit daarop aanspraak maak dat hulle alles reg doen en dat hulle nie nodig het om te verander en aan te pas nie. Lees voort “programme en dissipelskap”

alles net genade

In hierdie tyd wat dit so baie gereën het, het ons die straatkinders dikwels by straathoeke en verkeersligte sien bedel. Met hulle oop handjies het hulle van kar tot kar gestap met die hoop dat die bestuurders hulle sou raaksien, die ruit sou afdraai en een of ander iets in die leë hand sal sit.

Een dag het ek hierdie een seuntjie dopgehou. Al wat die seuntjie kon doen was staan en wag. Tussen hom en die bestuurders op wie hy sy hoop vestig is daar ‘n ruit. Hy sou kon praat, maar die bestuurder sou lippe sien bewe, maar nie hoor wat hy sê nie. Lees voort “alles net genade”

hipotetiese geval

Ek kry van tyd tot te doen met jongmense waar die meisie  swanger is en dan moet hulle die groot besluit neem oor of hulle gaan trou of nie. Natuurlik is dit belangrik dat die twee mense self die besluit neem, maar dit is die meeste kere, indien nie elke keer nie, ‘n emosionele  besluit en nie ‘n rasionele of weldeurdagte besluit besluit nie.

Hierdie emosies wat maak dat die rede waarom hulle op die ou end besluit om te trou, wissel. Soms is dit ‘n skuldgevoel. Skuldig teenoor die ander persoon indien ons nie trou nie. Die ander een kan dit dalk as verwerping beleef en dink dat die ander een net in die verhouding was vir die seks. So kan die redes waarom die mense besluit om te trou wêreldwyd van mekaar verskil en kan elke paartjie waarskynlik hulle eie rede hê waarom hulle daarvan oortuig is dat hulle wel behoort te trou. Lees voort “hipotetiese geval”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑