twyfelaars wat glo

Dit gebeur dat kerklike taal (Wat ek ook dikwels gebruik.)kan soms verwar gelowiges  eerder verwas as opbou. Uitdrukkings soos: ‘n lewe van oorwinning; Christus leef in my; wie in My glo sal nooit weer dors kry nie; wees bly ek herhaal wees bly; laat in alles julle behoeftes deur gebed en smeking bekend word by God.

Die probleem met sulke uitdrukkings is dat die meeste mense (Dalk moet ek eerder sê baie)wat dit hoor, nie hierdie dinge in hulle eie lewens beleef nie. Dit is net nie daar nie. Die lewe van oorwinning en Christus in my en om nooit weer dors te kry nie en die onuitblusbare blydskap, dit is nie daar nie.

Maar dit beteken nie dat ek dit nie soek nie. Ek soek dit met my hele hart:

“Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God.”

(Psalm 42:2)

Dit beteken ook nie dat ek nie die Bybel glo nie, dit is juis omdat ek die Bybel glo dat ek teleurgesteld is en wonder waar God is en wonder waarom God niks doen nie. Dit is nie die Bybel wat ek bevraagteken nie, dit gaan juis oor die feit dat ek met my hele wese die Bybel wil glo en verstaan, maar wat die Bybel vir my oor die lewe sê, is nie waar van my lewe nie… dan, soos een van dei Psalms dit stel, roep die mense rondom my, en soms ek self ook: “En waar is jou (my) God nou!”

Gebruik gerus jou eie lewe as ‘n voorbeeld. Wanneer maak teleurstelling in mense die seerste? Juis wanneer dit iemand is van wie jy dit die minste verwag het.

Watter mense se afwesigheid is vir jou die moeilikste om te hanteer? Die mense vir wie jy die liefste het.

Watter mense het die potensiaal om jou die seerste te maak? Die mense wat die potensiaal het om jou die gelukkigste te maak.


Al hierdie dinge maak dat jy in die persoon begin twyfel. Twyfel oor sy/haar lojaliteit. Twyfel oor sy/haar opregtheid. Twyfel oor sy/haar eerlikheid. En dikwels… al te dikwels die opmerking: “Hoe kon jy! Ek het nooit gedink jy sal dit doen nie.”

Dieselfde tipe van teleurstelling maak dat jy ook oor God vrae begin vra. En dan sê ‘n mens wat jy dink en wat jy voel, en die reaksie wat jy kry is: Hoe kan jy die Bybel bevraagteken? Maar, dit is nie waar nie! Ek bevraagteken nie die Bybel nie, dit is juis omdat ek die Bybel glo en aanvaar en as ‘n werklikheid in my lewe wil sien gebeur, dat ek sê: Dit is nie hier nie. Dit is nie in my lewe nie. Dan roep ek: “En waar is jou (my) God nou!”

In Markus 9 lees ons van ‘n pa wat sy seun, wat waarskynlik epileptiese aanvalle gekry het, na Jesus toe bring, sodat Jesus hom gesond kan maak. Wanneer Jesus vir die pa sê: “Vir die een wat glo kan alles.” Antwoord die pa: “Ek glo, help my in my ongeloof.”

Ek wil jou nie aanmoedig om op te hou glo nie. Ek wil jou aanmoedig om vir die Here te sê: “Ek glo Here, help my in my ongeloof!”

Ek wil jou aanmoedig om jou gevoel van God-verlatenheid te verwoord.

Ek wil worstellende kinders van die Here aanmoedig om saam met die Psalm-skrywer en saam met Jesus aan die kruis kan uitroep: “My God, my God waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep” (Psalm 22:2)

Daar is mense wat sal opspring en sê dat Jesus van God verlate was sodat ons nooit weer van God verlate sal wees nie. Dit is waar, dank die Vader dit is waar. Ek glo met my hele hart dat dit presies so. Maar mens verwoord jou twyfel omdat jy in jou eie lewe geen bewyse daarvan sien nie.

Ek wil jou aanmoedig om jou geloosworsteling en jou stryd te verwoord.

Ek wil jou aanmoedig om jou twyfel te verwoord en jou belewenis van God verlate te wees te verwoord en dit selfs uit te roep, want juis daarin lê die eerste tree na herstel en genesing.

Advertisements

9 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

9 responses to “twyfelaars wat glo

  1. More Attie

    Geloof is juis om die dinge waarop ons hoop te glo asof dit reeds bestaan.

  2. Pieter

    Doom

    Om my “ongeloof” te verwoord is seker die moeilikste. Ek dink Doom het daaraan geraak met die stukkie oor hoe mense waarin ons glo soms ons die seerste maak. Ek wil graag tog my “ongeloof“ vir jou probeer verwoord.

    Moet asb. nie alles letterlik verstaan soos ek dit hier neersit nie maar eerder van hoe my gevoel op die oomblik is.

    Ek het ’n God maar ek het nie ’n God nie – geloof. Ek bly in ‘n land maar dit is nie my land nie(of ek mag nie so sê nie) – politiek. Ek besit ‘n huis maar dit is nie my huis nie. – Ekonomie. Ek het ‘n pa maar ek het nog nooit ‘n pa gehad nie – Pa/kind verhouding. Ek het ‘n ma maar dit word vir my vertel dat sy enige tyd van my af weg geneem kan word. Ek het ‘n broer maar ek het nog nooit ‘n broer gehad nie. Ek het ‘n werk maar môre is dit moontlik dat ek nie meer ‘n werk het nie. Ek behoort aan ‘n kerk maar wat ek na soek is ‘n KERK kerk. Ek het vriende maar word dikwels maak ook hulle jou seer dus het ek nie vriende nie dalk net een.

    Wat is geloof dan? Om in iets te glo wat ek nie het nie soos – ‘n God, ‘n pa, ’n broer, ‘n werk, ‘n kerk of dan ‘n vriend wat ek dink ek het? Waaraan moet ek vas hou?, waaraan moet moet ek aanhou glo?

    Help my om weer te glo soos wat ek in die Bybel moet en wil glo ! Ek is weer kind en verstaan baie dinge nie.

  3. M

    Ds Attie,

    Die gedeelte – “Dit beteken ook nie dat ek nie die Bybel glo nie, dit is juis omdat ek die Bybel glo dat ek teleurgesteld is en wonder waar God is en wonder waarom God niks doen nie.” is soos ek nou voel. Maandag moes ons inderhaas na Pretoria omdat my seun wat aan breinkanker lei nie lekker was nie. Dit was sy verjaardag. Hy het vir my gese voor ons uit Rtb ry “Mamma ek het so hard gebid dat ons vandag moet saam wees en nou is ons vandag saam. En mamma weet, ek dink dis dalk liewe Jesus se geskenk vandag aan my dat hulle gaan se ek is gesond want ek bid al so lank dat Jesus my moet genees” Ons moes Maandag hoor dat die breingewas in 3 weke gegroei het na 5 x 4 cm en dat hulle nie kan opereer omdat dit na sy middelbrein versprei het. My kind se bene het onder hom meegegee waar hy langs my gestaan het. God ek weet U is daar en ek weet U is almagtig maar U is veronderstel om `n God van liefde te wees….. dis `n onskuldige kind wat geglo het U gaan vandag vir hom `n geskenk gee. My kosbare kind ek so jammer – eendag sal ons dalk verstaan.

  4. Riaan: Of soos die Bybel in Hebreërs 11 sê: Geloof is om die onsienlike te sien.
    Pieter: Ons sal mekaar maar help. Glo my somtyds twyfel ek omdat dit moeilik is en somtyds twyfel ek omdat ek ek is.
    M: Ek het nie woorde nie. Ek het gehoor dat dit vererger. Ek bid vir julle – jy weet ek doen dit regtig.

  5. Muis

    Dankie vir jou opmerkings gister en vandag. In die malle gejaag van elke dag is dit goed om ‘n Iemand te hê om aan vas te hou en mense soos julle om hierdie goed te verwoord en te verduidelik, en ons soms net herinnner hoe spesiaal Hy en Sy liefde vir ons is, al gaan dit hoe.

  6. Geloof is soos ‘n vlammetjie in mens se gemoed. Dis ‘n vlammetjie wat nie doodgaan nie. Al is die donkerwolke so baie dat mens nie meer die vlammetjie se lig kan sien nie is die vlammetjie nogsteeds daar. Eendag waai die donkerwolke weer weg en dan brand daardie vlammetjie nog al die tyd. Dit wat daardie vlammetjie laat brand kom nie vanuit mensself nie. Dit kom direk van God af.

  7. I love your site!

    _____________________
    Experiencing a slow PC recently? Fix it now!

  8. Dankie, Ds. Attie. Ek beleef dat my God ene is wat vrae antwoord. Mens moet bly vrae vrae, bly “klop.” En eerlik wees oor twyfel. Wat tans vir my moeilik is om te glo, want ek sien dit nie, is ‘n oorwinningslewe: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee,” sê die Bybel- en ervaring voel anders…

    Baie dankie vir die bemoediginde stuk.

  9. Pieter

    Doom
    Dankie dat ek as mens weer kan glo, al is dit deur my ‘ongeloof’- twyel.
    EK glo in God die Vader, in Jesus Christus die Seun wat as mens vir my gesterf het en die Heilige Gees wat in my woon…
    Ek kan vandag se ek kan/het op water loop maar ek as mens twyfel. Ek as kind van God IS tot alles in staat om te doen en te hanteer wat die golwe van hierdie wereld na my kant toe gooi.
    Dankie dat jy verstaan!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s