spanning tussen ouers en tieners

Spanning tussen ouers en tieners is amper ‘n gegewe, maar, dit beteken nie dat die spanning iets is wat maar sy loop moet neem en as iets beskou moet word waaraan niemand niks kan doen nie. Wanneer ons toelaat dat dit gebeur word die verhoudings tussen ouers en tieners dikwels baie skade berokken, en soms onherstelbare skade.

Indien ‘n mens die oorsake van die spanning en konflik in gedagte hou, dan besef  ‘n mens die dinge is dalk hanteerbaar.

Na my mening is sommige van die oorsake die volgende:

1. Ouers en tieners begin anders dink oor dinge.

Tieners berei voor om die volwasse lewe te betree en ouers berei voor om die tiener die volwasse lewe te laat betree. Dit is ‘n nuwe fase vir beide die rolspelers waar al twee daaraan gewoond moet raak dat hulle anders dink oor sake en ‘n ander rol in mekaar se lewens moet begin speel.

2. Ouers en tieners hanteer konflik anders.

Nie ouers of tieners hanteer konflik op ‘n manier wat die ander party tevrede sal stel nie. Dit is veral tieners wat die vermoë om konflik te hanteer moet aanleer, nie net ter wille van die verhouding met hulle ouers nie, maar ook met die oog op verhoudings vir die res van hulle lewens. Indien hierdie saak nie reg hanteer word nie, gaan tieners in ‘n groot mate konflik hanteer soos hulle ouers dit hanteer het.

3. Verhoudings verander.

Kleuters het kinders geword en kinders het tieners geword wat jong volwassenes gaan word. In elke een van hierdie fases het ouers ‘n ander tipe verhouding met die kind en het die kind ‘n ander tipe verhouding met die kind – in hierdie geval die tiener, hierdie veranderende verhoudings moet sinvol en met wedersydse aanpassing hanteer word.

4. Individue verander.

Tieners staan op die drumpel van ‘n nuwe fase – oorgang van tieners na jong volwassene, maar die ouers gaan ook die meeste van die tyd deur ‘n soortgelyke oorgang wanneer hulle die middeljare begin betree.

5. Ouers sukkel om die verandering in die tiener se lewe te hanteer.

‘n Tiener gaan in hierdie tyd so vinnig deur verskillende fases (en dan partykeer nog vorentoe en agter toe ook) dat die ouer nie kan by bly om te weet in watter fase of stadium die tiener nou is nie. Tieners wil vir hulleself dink en praat en hulle eie waardes vorm en eie besluite neem en dit skep baie kere probleme tussen ouers en tieners. Hierdie is die tyd waar tieners besig is om ‘n unieke identiteit te vorm en waarin ouers daaraan gewoond moet raak dat hulle nie meer die belangrikste invloed op die vorming van die tiener se  identiteit het nie.

6. Ouers wil jou beskerm.

Ongelukkig, of gelukkig gaan hierdie stadium nooit verby nie. Tot aan die einde van hulle lewe het ouers steeds die behoefte om te beskerm en seker te maak dat dit goed gaan met die kind. Kinders verstaan dit dikwels as dat die ouers eintlik net veronderstel is om seker te maak dat dit met hulle finansies goed gaan of  hulle sien die ouers se belangstelling as inmeng in hulle lewens.

7. Fisiese veranderings.

Tieners se liggame verander vinnig en dit is dikwels moeilik vir tieners om by hierdie veranderings by te bly en aan te pas. Dikwels word tieners op grond van voorkoms as volwassenes behandel, terwyl hulle nog nie emosioneel daarvoor gereed is nie.

Ek dink dat as ouers en tieners hierdie oorsake van spanning raaksien en hanteer, sal die konflik steeds nie verdwyn nie, maar kan dit dalk anders hanteer word en dan hoef die uitkoms van die konflik en die tienerjare nie rampspoedig in te werk op verhoudings tussen ouers en tieners nie.

26 thoughts on “spanning tussen ouers en tieners

Add yours

  1. Iemand het my onlangs daarop gewys hoeveel konflik ontstaan as gevolg van verwagtinge. Onrealistiese vewagtinge of verwagtinge wat nie realiseer nie. Dit pla my dat die media by tieners die “verwagting” skep dat hulle buierig en verward moet wees, en dat hulle dan daarvolgens begin optree! Pa en ma wat self met hulle middeljare krisisse en hule eie verwagtinge rakende hulle kinders worstel help nie veel om vrede in die huis te bewaar nie. Wat ‘n teelaarde is vol programme en bitter min tyd vir saamwees en praat oor dit wat hierbinne elkeen leef nie vir juis vir konflik om op te vlam nie?

  2. Muis: Die dinge veroorsaak beslis spanning in die gesin en veral die wedersydse veranderings wat elkeen belewe. Elke gesin beleef spanning, maar die vraag is hoe word die spanning hanteer en bring dit die gesin nader aan mekaar, of verwyder dit hulle al verder van mekaar af.

  3. hi ek is 22 jaar oud ek het n dogtertjie van 2 jaar oud ek en haar pa is nie meer by mekaar nie.maar ek het nou wel iemand anders ontmoet wie my baie gelukkig maak ons is lief vir mekaar maar my ouers hou nie van hom nie.altans so het ek gedink maar hule beginne hou nou van hom.die probleem is my ma sy maak asof ek n kleintjie is ek en my ou bly saam en ek het nog nie my ma gese nie want ek weet as ek haar se dan gaan sy se ek moet die werk los en ook my outjie my ma is lief davoor om vi my tebesluit vir wie ek moet vat .en die keuse wat sy doen moet ek maar net aanvaar.sy het laat ek 2007 ook n kerel van my los want hy het nie gewerk nie,maar hy werk nou en het n goeie lewe as my ma nie vir my gekies het nie dan sou ek nou daai lewe gehad het maar nee nie my ma nie.help ek is verward

  4. Ek het ‘n tiener seun in my huis. Ek is raadop. Hy het vir ‘n tyd by sy pa gebly waar hy kon doen wat hy wil wanneer hy wil sonder om te vra of te reël, geen reëls niks nie. As hy nie wou skool toe gaan nie het hy nie. Sy lewe was een groot gemors. Hy het teruggekom na my toe en ek het hard gewerk en bakly om hom hier in ‘n skool te kry(sy pa bly in Giyani) Die skool waar hy daar in was is wat hulle noem ‘n black list school. Nie wettig en word nie by ons aanvaar. Ek werk hard om hom te leer jy kan nie leef sonder reëls, dissipline en roetine nie. Maar sy reaksie teen dit is om op my te skreeu en vloek en dan in sy kamer te gaan sit met klip harde musiek. Hy voel vere vir my reels en maak net wat hy wil en as ek hom aanvat het hy altyd 110 verskonings en stories. Sê ek vir hom ek gaan hom op een of ander manier staf dan sal hy sê ek voel ‘n ….. doen dit maar want ek ” en dan begin die verwyte” Sy lewe draai om geld en hy wil alles hê wat hy wil hê wanneer hy wil. En kry hy dit nie o wee dan is ek hierdie slegte ma….
    Al straf ek hom dan ignore hy dit net, bv ‘n onlangse geval. Ek praat elke dag met hom oor sy lig in sy kamer wat dag en nag brand(hy raak 90% van die tyd met hom aan die slaap. Ek het hom gewaarsku ek gaan sy globe vat wat ek toe gedoen het, en wat doen hy, hy kry ‘n lampie by ‘n maat…….KAN IEMAND HELP OF RAAD GEE ASB….

    1. Hi ek het ook ‘n seun van 17 wat by sy pa bly en maak net wat hywil – klap s vingertjies dan kry hy alles – drink en rook…. pa is nooit by die huis nie en vriendin (seker 7de een) moet maar agter hom kyk. Hy het laasjaar 3 maande by my uitgehou en weggeloop…terug na die “lekker”. Ek het gesmeek, my oe uitgehuil en raad aangevra met geen sukses want die wet se op 12 jarige ouderdom mag kinders beluit by wie hulle wil bly. Ek he vrede gemaak daarmee na baie baie hartseer…so rukkie terug kry ek oproep van my seun se pa dat hy nie meer kan cope nie en ek moet help. Ek het net eevoudig gedink aan die hartseer en pyn en vir hom gese hy moet dit maar self utsorteer. My seun gaan in elk geval nie eers vir MY luister nie. Ek sien my seun gereeld maar nie vir lang tye nie want die disiplinne in my huis smoor hom – maar ek het 2 ander seuns waarna ek moet aandag gee.

  5. im a rapper and music is my life but my school work is falling behind because of it and its causing a lot of tension between me and my parents can u help me plz

    1. Forget rap, will “rap shit” pay your sallary one day?no
      Will “rap shit” give you good education?no
      Will “rap shit” give you a good job someday?no
      Will “rap shit” give you grade 12 pass points?no
      Ok now make you choice its strait foward if you leave school now for “rap shit”, you will suffer suffer and do someone elses “DURTY JOB” the rest of your life to make a propper income to support you and you family if you have it by then.
      Ok the second option is to stay in school forget “rap shit” GET EDUCATED AS HIGH AS POSSIBLE AND LIVE A GOOD LIFE AND HAVE A GOOD FAMILY, THAT YOU CAN SUPPORT FINANCLY!
      In any case this is your live you can follow or regret one day.

  6. Liewe Christa Lyon
    Toe ek jou brief gelees het, het ek gewonder of ek nie self die brief geskryf het nie. Dit klink soos my huis en ek en my seun. Hy is nou 14 en in Graad 8. Ek en sy pa is uitmekaar toe hy 2 was, hy bly dus nog al die jare by my. Eintlik het sy oupa en ouma hom die meeste van die tyd grootgemaak. Die afgelope 2 jaar het my en sy verhouding die afgrond ingegaan. Hy wil nie skooltoe gaan nie, hy gebruik elke dag ‘n ander verskoning om nie skool toe te gaan nie, as ek hom dreig met sy oupa (want kyk, hy is baie bang vir sy oupa) dan sê hy vir my hy worry nie. Ek kan hom nie slaan nie want dan mik hy om my terug te slaan. Al wat hy die hele dag wil doen is lê en TV kyk. Hy kla dat ek nie genoeg tyd aan hom spandeer nie, maar ek probeer elke speletjie in die boek met hom dan raak hy opvlieënd en sluit homself in sy kamer toe. Ek weet in elkgeval nie hoe moet ek tyd spandeer met ‘n 14 jarige nie. Ek is heeltemal raadop en is gereed om hom weg te stuur na ‘n skool toe vir stout seuns. Ek wil hom nie van die huis af weg hê nie want ek is baie lief vir hom.
    Attie, gee asb vir my en Christa raad.

  7. Alle ouers met tieners
    Ek het 2 seuns wat deur tienerfase is, het soms gevoel ek gaan toetaal en al myself in die proses verloor, maar die beste raad wat ek het is…Bly op jou knee bid onophoudelik vir hulle . Hulle self is maar verward oor die groot verandering in hullle self. Vertrou hulle, Respekteer hulle, kommunikasie is baie belangrik. Hou hulle dop soos ‘n valk, kyk na hulle belangstellings en bly op hoogte daarvan dit is jou aanknoopspunt! Baie sterkte!!

    anna

    1. Dagse Anna, dit is nog die beste antwoord wat gelees het op die forum wat sal werk! Ek glo ook op ons kniee voor die Here. Hy sal ons help ons Goeie God en Vader daar is niks te groot wat Hy nie vir sy kinders sal doen nie. Bid ook vir mekaar se tieners.
      Groetnis en baie sterkte en mag God se seen oor ons kinders wees!

  8. My meisie se 14 jarige boetie het nie respek vir enige iemand in hulle gesin nie, het nog nooit. Hy maak wat hy wil en gee nie om wat wie vir hom se nie hy dink hy beheer die huis en almal skuld hom iets en vanaand het hy sy sussie aangerand, ek het hom amper telyf gegaan maar hy dreig om n saak teen my te maak by die polisie. Sy ma is n enkel ouer van 4, 1 is uit die huis uit en my miesie haar jonger broer is klaar met metriek, hy is die jongste.
    Almal is raad op met hom praat, smeek en gat lek werk nie, hy rook en lieg, sy ma kan dit nie meer hanteer nie. Is daar iewers n plek soos n koshuis of boys town waarheen mens die kind kan stuur vir hulp wat gratis is want daar is nie baie geld in die gesin nie.
    Asb enige iemand help.

    1. Ettiene gaan raporteer hom by die polisie hy het sy susie aangerand, vergeet maar om hulle te probeer ter lywe gaan dit vererger net alles. Leer hom n goeie les deur hom n paar aande in n tronksel deur te bring. Hy sal twee keer dink voordat hy weer aan sy susie slaan.

  9. Ettiene, my boetie was ook op daardie staduim baie opstandig. Boystown het dit net erger gemaak. Gewoonlik is dit eerder ‘n geval van diep binnekant “Help my, ek maak dit nie.” Om so outjie weg te stuur laat hom net meer verwerping ervaar, en maak dit erger, en die verhoudings ly meer skade. Om bo oor al die verkeerde goed te kyk, en vir hom ‘n vriend te word, los eerder sy vreeslike opstandigheid op. Hy voel reeds almal is teen hom gedraai. Soms is dit net ‘n hart wat sê ek gee genoeg om dat jy vir my saak maak, wat iemand se lewe omdraai. Sterkte, ek weet dit is nie maklik nie. Ek wonder maar ook net wat is sy verhouding met sy pa ? In ons huis was daar hoegenaamd geen vader figuur wat vir ons daar was nie, en ek dink tog dat dit ‘n groter invloed op seuns as op meisies het.

  10. Ek is vandag baie hartseer ma. Ons het net een kind en dit is ‘n seun. Hy is nou net klaar met matriek. Ons seun is lui verby. Ek het hom behoorlik deur sy skool loopbaan gespleep. Ons seun ly geen tekorte nie. Hy is musikaal soos my man en ons het alles vir hom moontlik gemaak om sy talent te bevorder en sy instrumente te koop. Hy is sy eie motor(wel baie ou een) wat hy verlede jaar van my skoonma geerf het na haar dood. Hy waardeur niks wat ons vir hom doen nie e vat alles as vanself sprekend. My man is een van daardie handit “Handy Man” tipe maar ons seun wil niks by hom leer of hom help met enige iets nie. Hy jok en het begin rook. Hy het ons al soveel keer belowe dat hy sal ophou rook maar dan vind ek uit dat hy nog rook. Hy kyk ons ion die oe en vertel leuns. Vra geld vir brandstof vir sy motor vir sy kerk orkes oefening dan ry hy sy vriende daarmee rond. Ons moes verlede naweek verhuis en hy sal staan en kyk hoe ek en sy pa die swaar meubles skuif en dra en glad nie offer om te help nie. Hy praat met ons asof ons gemors is. Gister was ek by die uis met dag af en vra hom om my te help die studeur kamer in orde te kry. Hy was so ongeduldig en ongeskik dat hy my met die skuif van kas omgestamp
    het. Ek was in trane en nadat sy pa huis toe gekom het was daar baie harde woorde gespreek en hy het klere gepak en gese hy gaan na sy vriend se huis. Ek het die hele nag deur gehuil. Wat doen ons verkeerd ons het daardie kind so lief gee my raad asb.

    1. Beste D.Kruger
      Ek kan seker nie praat nie ek sit met die selfde probleem. Die probleem dink ek solteer n mens met gebede uit, dit is party keer beter om hom te laat gaan. Sodat hy sien sy ouers gee om vir hom en wil net die beste he vir hom. Begin vandag om te bid vir hom sonder ophou, die Here sal ons en ons kinders help en ons gebede verhoor en beantwoord.
      Groetnis en sterkte

  11. Hi almal met tieners. Ek lees deur al hierdie goed en besef dat daar verskeie moeilike lewensvaardighede nodig is om ‘n tiener te verstaan en die nodige leiding te gee. Die eerste en seker die belangrikste en die moeilikste, onvoorwaardelike liefde. Ek bly lief vir jou al doen jy wat! Hulle moet dit hoor.
    Tweedens geduld by biljoene. Emosionele intelligensie kom hier handig te pas. Dink wat jy vir jou tiener se en hoe jy dit së. As jy skree het jy klaar verloor.
    Jy kies en jy dra die verantwoordelikheid is baie moeilik vir ouers om toe te laat (tensy natuurlik lewensgevaarlik). Niks is quickfixes nie…. so probeer weer en weer en weer en weer om jou verhouding met jou tiener te behou al is dit ‘n minder goeie verhouding. Moenie kinderagtig raak nie. Tieners floreer daarop.
    Ettienne ek het al met tieners te doen gehad wat wonderlik gebaat het by BOYS TOWN AS die ouers en ander belanrike persone deel uitmaak van sy ervaring. Van die seuns wat regtig moeilike tieners was het selfs oorsese beurse gekry om te studeer. Dit hang af van die seun se gesindheid en die gesin se samewerking. Gee ‘n tiener advies en staan terug hoe moeilik ookal. Probeer dit en laat weet of dit ‘n verskil maak. As julle boys town oorweeg gaan sien ‘n maatskaplike werker wat in julle omgewing werk.

  12. moedeloos
    wie so kon raai dat daai pragtige bondel so veer trane sou bring ek is n ma van 5 een bly by sy pa my seun is n pragtige kind maar so kwaad vir die lewe tog verstaan ek want ons was al deur hel ,dis nou 10 jaar wat ek alles in my vermoo doen om seker te maak dat dinge beter is maar dis asof hy my haat ons is elke dak in mekaar se hare ek is al so moeg hy baklei so met sy jonger suster en broer dis net die baby wat nie deur loop nie dokters se dit depresie maar hy weier om meds te drink wat doen ek al wat ek vir hom soek is n goei toekoms ek wil hom gelukig sien

    1. Ai julle ek is SO bly ek is nie alleen in hierdie deurmekaar warwoel van tieners groot maak….my seun was 5 toe ek met my 2de man getrou het alles het reg verloop hy nou in die hoerskool – maar dis alles van die verlede ..my man het alles prober omkoop, smeek, straf …NIKS kon meer help nie om die moeilikheid in my huis te keer nie. Ons het almal verby mekaar begin leef NET om vrede te bewaar. Die laaste strooi was toe hy my man name begin noem op sy bb..dit was ‘n baie seer ervaring. Ek het sy goedjies gepak en hom by sy pa gaan aflaai..ek mis hom elke dag. Ek vra myself of dit ooit weeer MY kind gaan wees? As ek dink aan al die gawes wat hy het wat my man vir hom gegee het soos medies, goeie skool, motorfiets, beste fone, psp, ag noem dit …ek gaan nie meer toelaat dat my man die dinge deurgaan nie. My oe het oopgegaan..dankie Onse Vader daarvoor.

  13. Die doelgerigte lewe (RICK WARREN)Hoofstuk 2 Jy is geen ongeluk nie. is seker die mees gerusstellende boodskap wat enige mens vir my kan gee oor my tienner nagmerrie. “Jy is geen ongeluk nie” ” Lank voordat jou ouers jou ontvang het, is jy in God se gedagtes ontvang.” Bl 19,20,21,22. Elke ouer het die reg om dit te onthoudit maak nie saak wat jou kind doen nie.

  14. Jammer ek kon nog nie al my probleme tik nie. dit is te veel. Maar ek glo nog steeds my dogter is gebore met `n doel. Uniek met haar eie bagasie. Die challange is Hoe moet ek haar reg hanteer sonder om haar skade aanterig en te sorg dat sy met lesse van die lewe hieruit voortegaan? Wie het regtig die regte antwoord/?/?

    1. Hi ek dink ook my dogter is gebore met n doel en ja hoe moet ek haar reg hanteer. Sy het n kerel 19 vroeg uit di skool, werk vir sy pa in n konstruksie besigheid wat ni baie geld maak ni en dink almal skuld hom di wereld. Hulle is nou 4maande saam. En… Ag tog… Sy is nou 17 begin matriek. Toe di desember vakansie begin het , het sy vir n aand by n ou vriendin gaan oor slaap, di se ma en haar kerel het di kinders saam hulle na n jol gevat. Toe ek daarvan hoor ry ek om haar te gaan haal. Toe sit di voorbeeldige christen mannetjie ook daar. Op pad huis toe stop ek by sy pa om tese ek straf haar om dat sy my ni gebel het ni maar di mannetjie. Sal sy pa ni my dogter in n kamer in druk ni en se ek mag haar ni sien ni en my weg jaag. Het ek gesukkel om haar terug te kry ja na n week is sy terug maar ek hoor dat di mannetjie maart verloof gaan raak aan haar en desember wil trou. Want hy kan na haar kyk. Kyk toe kook di vrou hoor. Maar ek steek dit weg. Sy het drome om skool kla te maak en n lugwardin te word en hy wil ni he sy moet ni. Ek is bang om teen haar te gaan want dit gaan haar nog meer in sy arms in stuur en ek wil dit ni vir haar he ni. Ek sukkel om dit by haar in te kry. Ek is raad op wat moet ek doen. Sy het nog haar hele lewe voor haar

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: