ek en selfliefde

Wanneer ek oor die grootste gebod dink en praat, dan is die een persoon na wie ek altyd gaan om my te help om te verstaan, Scot McKnight, hy het die baie besondere boekie “The Jesus Creed” geskryf.

Gister het daar ‘n effense gesprek oor selfliefde ontstaan. Ek skryf graag ‘n paar van Scot se gedagtes oor selfliefde:

Selfliefde is die standaard vir ons liefde vir ander. Die Bybel gee nie ‘n definisie vir selfliefde nie. ‘n Mens kan egter aanvaar dat selfliefde beteken dat ek sorg dat ek kos en klere het en in verhoudings van wedersydse liefde leef en dat ek God liefhet deur Hom te gehoorsaam. In hierdie raamwerk leer ons hoe om ander lief te hê.

Ek moet myself liefhê vir wie ek is. Ek is ‘n mens wat na die beeld van God geskape is en volgens Psalm 139 op ‘n wonderbaarlike wyse geskep is – as uitvloeisel daarvan het ek ander ook lief as mense wat na die beeld van God geskape is, op ‘n wonderbaarlike manier deur God geskape is. Sodat ek telkens sê: Wat U gedoen het, vul my met verwondering. (Psalm 139)

Om myself lief te hê beteken ook dat ek bereid sou wees om myself te vergewe.  In sy groot liefde reik God na ons toe uit in ‘n daad van vergewende liefde. Ek vergewe myself vir my foute en my misstappe, soos God my vergewe het, en daarom vergewe ek my naaste vir hulle foute en misstappe, soos God my vergewe het.

Om myself lief te hê beteken ook dat ek myself sal ken soos God my ken en om myself te hanteer soos God my hanteer – en so ook my naaste.

Volgens 2 Kor 3:18 word ons al hoe meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te wees. Vir God was dit geen vernedering om sy Seun prys te gee omdat Hy ons liefhet nie. Vir Jesus was dit geen probleem om sy spesiale plek by die Vader prys te gee omdat Hy ons liefhet nie. Ek bid vir die dag dat ek op die punt sal kom waar geen prys vir my te hoog is om uit liefde vir my naaste te betaal nie.

Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s